Die ANC se dissiplinêre komitee het ‘n aansoek verwerp wat deur Julius Malema, president van die ANC-Jeugliga, gebring is teen drie van die tugkomiteelede, het ‘n woordvoerder Woensdag gesê. Die komitee het bevind dat onvoldoende feite voorgelê is om vooroordeel of ‘n persepsie van vooroordeel wat bestaan, by Derek Hanekom, voorsitter, Susan Shabangu, minister van
Geen arrestasies ná tugverhoor-chaos nie
Die Gautengse polisie het niemand tot dusver in hegtenis geneem in verband met die geweld wat Dinsdag in die Johannesburgse middestad opgevlam het nie. Die oproerigheid het saamgeval met Julius Malema, omstrede leier van die ANC-jeugliga (ANCYL), se dissiplinêre verhoor in die ANC se hoofkwartiere, Luthuli-huis. “Ons het nog nie enigiemand in hegtenis geneem nie,” het
Malema kan ANC troef, maar nie met burgeroorlog nie
Prof. Amanda Gouws aan die Universiteit van Stellenbosch sê dis “gevaarlik” om van ‘n burgeroorlog te praat nadat gewelddadige betogings Dinsdag die Johannesburgse middestad ontwrig het. Sy het aan Eyewitness News gesê sy glo nie Dinsdag se geweld buite Luthuli-huis kan tot ‘n burgeroorlog lei nie. Sosiale netwerke het gegons oor vrese dat die geweld ‘n voorloper
Lees verder: Malema kan ANC troef, maar nie met burgeroorlog nie
Chinese en wit vroue moet nie bemagtig word nie, sê ANC
Die Vryheidsfront Plus verwerp die pogings van verskeie vakbonde en ANC-lede in die parlementêre portefeuljekomitee oor mineralebronne om wit vroue en Chinese as bevoordeeldes uit die bemagtigingshandves van die mynbousektor uit te skryf. “Hierdie poging is deel van ‘n breër tendens om minderhede uit die ekonomiese hoofstroom te rangeer, soos voorheen verwoord deur onder andere
Lees verder: Chinese en wit vroue moet nie bemagtig word nie, sê ANC
Malema: Amerikaanse ambassade waarsku sy burgers om te registreer
In ‘n boodskap op sy webwerf, waarsku die Amerikaanse ambassade in Pretoria sy burgers om te registreer om veiligheidsbedreigings die hoof te bied indien Suid-Afrika onstabiel sou raak. Die ambassade het insgelyks alle Amerikaanse burgers gewaarsku om die Johannesburgse middestad tydens die tugverhoor van Julius Malema by Luthuli-huis te vermy. Amerikaners wat hulle in Suid-Afrika
Lees verder: Malema: Amerikaanse ambassade waarsku sy burgers om te registreer
Johannesburg in chaos gedompel
Hernieude chaos het omstreeks 14:00 uitgebreek toe ‘n groep Malema-ondersteuners weer oproerig geraak het, berig Beeld. Beeld-verslaggewers op die toneel het getwiet dat hulle moet hardloop na veiligheid omdat oproeriges hulle weer met klippe bestook. Verskeie berigte word ontvang dat ondersteuners by die versperrings verby gekom het en slaags is met polisie. Die polisie takel
Polisie hardloop weg vir ANC-jeugliga
“Die ANC behoort self aanspreeklikheid te aanvaar vir die skade aangerig aan eiendom deur ondersteuners van Julius Malema in Johannesburg tydens die dissiplinêre verhoor van die ANC-jeugleier”, het mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW vir Gauteng gesê. Mulder wat tans ‘n sitting van die Gauteng Wetgewer bywoon het gesê dat die aggressiewe wyse waarop die jeuglede
Aardverwarming moet soos rassisme bekamp word, sê Gore
‘n Onlangse peiling het aangedui dat klimaatsverandering is nie meer ‘n groot bron van kommer, veral in ontwikkelde lande is nie. Lug-en waterbesoedeling, sowel as watertekorte en afvalverwydering is van veel groter belang vir hierdie lande, het ‘n Nielsen-peiling bevind. ‘n Adviseur wat meegedoen het aan die opname en navorser by die Universiteit van Oxford
Lees verder: Aardverwarming moet soos rassisme bekamp word, sê Gore
Rassegeweld wat nooit erken word nie
Die sogenaamde “flash mobs” of kitsbendes het die maklike storie van wat rassisme is, op sy kop gedraai. Politici, die media, akademici, en die juridiese gemeenskap het nie die kapasiteit om die probleem die hoof te bied nie, skryf ‘n rubriekskrywer op die webblad van American Thinker, getiteld The Racial Violence that Dare Not Speak
Duisende Malema-ondersteuners sak op Johannesburg toe
Duisende ondersteuners van die ANC-jeugliga het Dinsdagoggend deur die Johannesburgse middestad gehardloop en motoriste is in chaotiese verkeer vasgekeer. Motoriste is van die pad gedwing en talle het omgedraai om nie in die swart mensegolf vasgevang te wees nie. ANC-jeugliga-ondersteuners is deur die polisie met traanrook bestook en die polisie moes rubberkoeëls gebruik om op opstandige
Lees verder: Duisende Malema-ondersteuners sak op Johannesburg toe
