SAIR dien klag in teen swart rassis

Advokaat Menzi Simelane behoort ondersoek te word omdat hy “onbillike rassediskriminasie” deur sy kommentaar aanwakker wat skade aan rasseverhoudinge kan veroorsaak. Dit is die siening van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, wat ‘n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie teen die nasionale direkteur van openbare vervolging ingedien het. Simelane het die opmerkings gemaak in ‘n artikel

Lees verder: SAIR dien klag in teen swart rassis

Twee polisiemanne vas oor afpersing

Twee polisiemanne is Dinsdag in hegtenis geneem toe hulle geld by ‘n motoris in Dobsonville, Soweto, geëis het, het die polisie in Gauteng gesê. Die beamptes, onderskeidelik 36 en 40 jaar oud, het Maandagmiddag ‘n motor van die pad afgetrek en probeer om die bestuurder af te pers deur R10 000 te eis nadat hulle

Lees verder: Twee polisiemanne vas oor afpersing

Zuma bekla rasse-ongelykhede

Omdat geleenthede in Suid-Afrika ontbreek vir swart mense is die tronke vol, het pres. Jacob Zuma Dinsdag in Johannesburg gesê. Zuma het op voor ‘n gehoor van swart sakelui gesê “ongelykhede” in Suid-Afrika is die rede tot kommer. “Daar is baie min wit gevangenes, want hulle is besig om sake te doen, maar ons [swartes]

Lees verder: Zuma bekla rasse-ongelykhede

Afrikaners deur die Angelsaksiese bril beskou

Rebecca Davies is in haar boek, Afrikaners in the new South Africa: Identity politics in a globalised economy (London: IB Tauris, 2009, 200p), gepreokkupeer met die woord “hegemony”, wat volgens ‘n woordeboek “the power excercised by one social group over another” beteken. Davies gebruik die woord so dikwels en soms onnodig dat dit die leser

Lees verder: Afrikaners deur die Angelsaksiese bril beskou

LUR gryp in nadat inwoners losbrand op raadslid se huis

Humphrey Mmemezi, Gautengse LUR vir plaaslike behuising en regering, sou Dinsdagmiddag ‘n besoek gebring het aan Thembelihle, suid van Johannesburg, ná gewelddadige betogings oor dienslewering in die gebied, het sy departement gesê. Hy sal na verwagting om 13:00 met gemeenskapleiers vergader om hul griewe en die konfrontasies met die polisie te bespreek, het Victor Moreriane,

Lees verder: LUR gryp in nadat inwoners losbrand op raadslid se huis

Kapers slaan bestuurder dood

Kapers het ‘n man in Rosettenville, suid van Johannesburg, ten aanskoue van sy vrou met ‘n baksteen doodgeslaan, het The Star berig. Die voorval het Saterdag plaasgevind. Die paartjie het vanaf Springs gery toe kapers hulle by ‘n verkeerslig in Rosettenville aangeval het. Die vrou het daarin geslaag om weg te hardloop en in die bosse

Lees verder: Kapers slaan bestuurder dood

Malema-verhoor verskuif

Julius Malema en vier ander ampsdraers van die ANC-jeugliga wat verlede week voor die nasionale tugkomitee (NTK) verskyn het, se verhoor is verskuif na ‘n onbekende lokaal. Die ANC se tugkomitee het ná verlede week se choas in die Johannesburgse middestad besluit om die verhoor te verskuif. Derek Hanekom, voorsitter van die tugkomitee, het Dinsdag

Lees verder: Malema-verhoor verskuif

Minister wil kleinboere help

Suid-Afrika het tans ongeveer 40 000 kommersiële boere wat 95 persent van die land se voedsel produseer, sê minister van ekonomiese ontwikkeling, Ebrahim Patel. Hy het Dinsdag in Johannesburg gepraat. Slegs ongeveer 600 000 mense word egter erken as plaaswerkers in hierdie sektor, maar dié sektor is nogtans geïdentifiseer as sou hulle oor die potensiaal

Lees verder: Minister wil kleinboere help

40% van EU is geestesongesteld

Europeërs word deur geestelike en neurologiese siektes geteister, met byna 165 miljoen mense of 38 persent van die bevolking wat aan ‘n breinsiekte, soos depressie, angs, slapeloosheid of demensie, ly, volgens ‘n omvattende nuwe studie. Met slegs sowat ‘n derde van die gevalle wat terapie of die medikasie wat nodig is, ontvang, veroorsaak geestelike siektes

Lees verder: 40% van EU is geestesongesteld

VF+ vra Grondwethof om in te gryp in Inligtingswet

Die Vryheidsfront Plus gaan die Inligtingskonsepwet in terme van artikel 80 van die grondwet na die Konstitusionele Hof verwys weens die gebrek aan die insluiting van die ‘openbare belang’-verweer. Dit is van die uiterste belang dat die verweer om inligting in die openbare belang bekend te maak bygewerk word ten einde die reg op inligting

Lees verder: VF+ vra Grondwethof om in te gryp in Inligtingswet