FW erken ‘dit was ‘n groot fout’

Mnr. FW de Klerk, die voormalige president van Suid-Afrika, het erken dat hy “’n groot fout begaan het deur summier aan die ANC oor te gee. Ek en Roelf Meyer het onlangs met mekaar gepraat en hy was ook van mening dat ons aanvaarding van die Pretoria-minuut destyds ‘n ramp was.” Volgens De Klerk het

Lees verder: FW erken ‘dit was ‘n groot fout’

Ondergrondse kernsentrales?

Terwyl Japan sukkel om die ramp by die Fukushimakernkragsentrale onder beheer te bring, is Indonesië besig om ‘n nuwe strategie wat die moontlike gevolge van ‘n kerninsident kan verminder te oorweeg. Die New Scientist berig dat die regering van Indonesië ‘n ondersoek na die haalbaarheid vir die gebruik van ondergrondse kernreaktors gelas het. Die logika

Lees verder: Ondergrondse kernsentrales?

Opwindende week vir Malema

Dit was ‘n opwindende week vir die ANC-Jeugliga (ANCYL). Woensdag was sy president Julius Malema die gas op Metro FM, The Star het ‘n apologie gepubliseer vir valse beriggewing oor Malema en die Jeugliga se webwerf is deur plaaslike “hackers” aangeval. ‘n Boodskap deur die aanvallers waarin Malema sê dat hy besluit het om te

Lees verder: Opwindende week vir Malema

Intelligensiehoof het glo bande met rampokker

Genl. Richard Mdluli, hoof van die polisie se misdaadintelligensie, word glo gesoek nadat hy na bewering ingemeng het met die Valke-ondersoek in die saak teen ‘n Tsjeggiese voortvlugtige, Radovan Krejcir. ‘n Lasbrief is Woensdag uitgereik vir Mdluli se inhegtenisname. “Ja, daar is ‘n lasbrief uitgereik en die polisie sal daarop reageer,” het kol. Vish Naidoo,

Lees verder: Intelligensiehoof het glo bande met rampokker

Brandstofprys moet dringend hersien word

Die VF Plus eis dat die belastingheffing op brandstof verlaag moet word in die lig van die verwagte skokstyging van die petrolprys op 7 April. Ekonome verwag dat die brandstofprys met sowat 30c en die dieselprys met ongeveer 45c gaan styg. Die brandstofheffing van 10c/l sal ook in April in werking tree. “Die regering het

Lees verder: Brandstofprys moet dringend hersien word

Doodsklok vir Afrikaans by UNISA

Die VF Plus het met skok verneem dat die Departement van Kommunikasiewetenskappe aan UNISA van plan is om ‘n voorstel by die universiteit se Senaat in te dien om alle kursusse van hierdie departement vanaf 2012 in slegs Engels aan te bied.  Na wat verneem word gaan hierdie aangeleentheid tydens ‘n vergadering van die taalkomitee

Lees verder: Doodsklok vir Afrikaans by UNISA

Oud-AWB-leier gevang oor wapens

Die voormalige AWB-sekretaris-generaal, André Visagie, het in die Kimberly-landdroshof verskyn  op aanklagte van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, het die Nasionale Vervolgingsgesag Woensdag gesê. NVG-woordvoerder Mthunzi Mhaga gesê Visagie is gister deur die polsie in hegtenis geneem. Die polisie beslag gelê op 14 selfone, rekenaars, 650 rondtes ammunisie van verskillende kalibers, vyf tuisgemaakte

Lees verder: Oud-AWB-leier gevang oor wapens

Nuwe Firefox-webleser gratis in Afrikaans

Firefox, die gratis webleser deur Mozilla, het so pas ‘n nuwe weergawe, Firefox 4.0, bekendgestel. Dis goeie nuus vir Praaglesers wat onlangs met ouer weergawes van Internet Explorer soos 6.0 en 7.0 gesukkel het om ons webwerf te lees. Klik hier om Firefox gratis af te laai en te installeer. Volgens Firefox is die nuwe

Lees verder: Nuwe Firefox-webleser gratis in Afrikaans