Mangwashi Victoria (Riah) Phiyega is Dinsdag as Suid-Afrika se eerste vroulike nasionale polisiekommissaris aangewys. Pres. Jacob Zuma het in Pretoria aangekondig dat sy genl. Bheki Cele sal vervang. Phiyega is op die oomblik die voorsitter van die presidensiële staatsondernemings-hersieningskomitee en is ‘n direkteur van Tsa Rona Investments. Phiyega, wat in Polokwane gebore is, het voorheen
Swaar polisieteenwoordigheid noordwes van Johannesburg ontplooi
Polisieversterkings is inderhaas Woensdagoggend ontplooi na Beyers Naudé-rylaan, naby Zandspruit se informele nedersetting, waar betogers klippe gooi na karre, het Johannesburg se metropolisie gesê. “Die polisie is ontplooi om die verkeer weg te lei na Juice en Peterweg. Beyers Naude-rylaan is nog steeds is nie toeganklik vir motoriste nie,” het woordvoerder superintendent Wayne Minnaar gesê.
Lees verder: Swaar polisieteenwoordigheid noordwes van Johannesburg ontplooi
Woeste NUK-bakleiery oor Malema se skorsing
Die ANC-jeugliga het Maandag misluk in sy poging om geskorsde leier Julius Malema terug te bring. Bronne naby aan gister se spesiale nasionale uitvoerende komitee se vergadering wat plaasgevind het by die St George’s Hotel in Pretoria, het gesê ‘n aantal van die senior lede het hard geveg om Malema en ander jeugligalede terug te
Nkwinti: Grondvraag sal nie deur wysiging in Grondwet opgelos word
Die verandering van die Grondwet is nie die antwoord om Suid-Afrika se grondprobleem op te los nie, het die minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming Gugile Nkwinti, gesê. “Daar is druk gesprek oor klousule 25 (3) van die Grondwet … of dit die oplossing vir die grondvraag fasiliteer of frustreer,” het hy in Johannesburg gesê.
Lees verder: Nkwinti: Grondvraag sal nie deur wysiging in Grondwet opgelos word
Bejaarde egpaar oorleef plaasaanval
‘n Bejaarde egpaar is op hul plaas naby Ladysmith in KwaZulu-Natal aangeval, het die polisie in die provinsie Maandag gesê. Volgens kapt. Thulane Zwane het die 79-jarige boer en sy 76-jarige vrou die aanval deur vier mans in hul huis oorleef. Albei word in ‘n plaaslike hospitaal behandel. Volgens Zwane is drie vuurwapens gesteel. Die
ANC: Vat die plase, nie die myne nie
Die ANC Noord-Kaap dink dis piekfyn om grond te vat, maar nie die myne nie. Tydens die party se provinsiale konferensie is die groenskrif oor grondhervorming wat voorstel dat ‘n grondwaardeerder sal bepaal wat billike pryse is, geloof. Maar die konferensie het die grootskaalse nasionalisering van myne verwerp. In ‘n poging om die ontwikkeling in
Sparbestuurder doodgeskiet
Die bestuurder van Spar in Jukskeipark, Johannesburg, is doodgeskiet, berig Eyewitness News. Hy het in ‘n hospitaal gesterf nadat rowers hom die naweek tydens ‘n gewapende rooftog geskiet het. Volgens die polisie het sewe mans Sondagaand net ná 19:00 die winkel binnegestap en die 50-jarige bestuurder en ‘n kassier aangehou. Die rowers het ‘n onbekende
Laserligsaak uitgegooi
Die beskuldigdes in die Bloemfonteinse laserlig-saak is Maandagoggend in die stad se landdroshof vrygespreek, het OFM berig. Theunis le Grange (40), Albertus Niewoudt (21) en ‘n tienerseun is daarvan beskuldig dat hulle tydens die ANC se eeufeesvieringe vroeër vanjaar ‘n laserlig in die oë van vlieëniers geskyn het. Die twee se regsverteenwoordiger, Herman van Vuuren,
IVP gaan in DA-dammetjie vis
IVP-leier, Mangosuthu Buthelezi, het gewaarsku dat sy party verder sal verloor as hulle nie Indiër en wit kiesers as lede van ‘n swart politieke party kan lok nie. “Die IVP is nie beperk tot 800 000 kiesers nie. Ons is nie beperk tot die oorskiet na die ANC sy aandeel geneem het nie, die NFP
Weste gaan Afrika van slaapsiekte red
‘n Tropiese siekte wat in die brein eet, laat inwoners van Afrika dikwels glo dat hulle aan heksery uitgelewer is. Hoofpyn, koors, en moegheid is die aanvanklike simptome van menslike trypanosomiase, algemeen bekend as slaapsiekte, wat oorgedra word deur die tsetsevlieg en wat in 36 sub-Sahara Afrika-lande voorkom. Die eerste fase van die dikwels dodelike
