“Die polisie is ontplooi om die verkeer weg te lei na Juice en Peterweg. Beyers Naude-rylaan is nog steeds is nie toeganklik vir motoriste nie,” het woordvoerder superintendent Wayne Minnaar gesê.
“As gevolg van rotse en klippe in die pad en mense wat motors met klippe bestook, moes ons Beyers Naudé-rylaan naby Peterweg toemaak,” het supt. Wayne Minnaar gesê.
“Ons doen ‘n beroep op motoriste om Malibongwerylaan en Hendrik Potgieter as alternatiewe te gebruik,” het hy gesê.
“Motors wat van Krugersdorp na Johannesburg ry, sal nie daardie pad kan gebruik nie. Ons is nie seker oor die redes vir die betoging nie, maar dis nie veilig nie.”
Minnaar het gesê daar is ‘n swaar polisie teenwoordigheid in die gebied.
