Cele se plaasvervanger aangekondig

Mangwashi Victoria (Riah) Phiyega is Dinsdag as Suid-Afrika se eerste vroulike nasionale polisiekommissaris aangewys.

Pres. Jacob Zuma het in Pretoria aangekondig dat sy genl. Bheki Cele sal vervang.

Phiyega is op die oomblik die voorsitter van die presidensiële staatsondernemings-hersieningskomitee en is ‘n direkteur van Tsa Rona Investments.

Phiyega, wat in Polokwane gebore is, het voorheen in korporatiewe bestuursposisies, insluitende Absa, gedien. Voor dit was sy op die rade van Transnet en die Hawebestuurvereniging van Oostelike en Suidelike Afrika.

Sy was ‘n lid van die 2010 Sokkerwêreldbeker-bodkomitee en het ‘n spesiale toekenning vir haar werk ontvang. Die Universiteit van Limpopo het ook ‘n toekenning van leierskap in gemeenskapswerk aan haar gegee.

Phiyega het verskeie tersiêre kwalifikasies in sakebestuur en maatskaplike werk. Sy is ook bekend vir haar gemeenskapswerk met vroue en kinders.

Dianne Kohler-Barnard, ‘n woordvoerder vir die DA, sê die party is ongelukkig met Phiyega se aanstelling.

Die DA het egter Cele se afdanking van meet af aan gedryf. Kohler-Barnard het voorheen gesê as Bheki Cele, die kommissaris van polisie, weier om self te bedank, dan moet pres. Jacob Zuma moet hom afdank.

Openbare Beskermer Thuli Madonsela het Cele skuldig aan onbehoorlike gedrag en wanadministrasie bevind oor ‘n R500 miljoen-huurkontrak vir die Sanlam-gebou in Pretoria se middestad.

“President Zuma het herhaaldelik sy verbintenis tot die uitroei van korrupsie verklaar en om wanadministrasie te bekamp. As Kommissaris Cele weier om te loop, dan is dit nou vir President Zuma om sy woorde in aksie om te skakel,” het DA-LP Dianne Kohler Barnard, vroeër in ‘n verklaring gesê.

“Toe die nuus van hierdie ondersoek aan die lig gekom het, het die DA eerste daarop aangedring dat kommissaris Cele moet bedank indien daar was ‘n negatiewe bevinding is.”

Александр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae