Dlali het as ‘n lid van die parlement van 2001 tot 2009 gedien. Sy kiesafdeling was Gugulethu. Na die 2009-verkiesing, het hy by die Ministerie van Vroue, die jeug, kinders en mense met gestremdhede as spesiale raadgewer vir Minister Lulu Xingwana opgetree. As ‘n ANC-LP in die Nasionale Vergadering, het hy deelgeneem in verskillende portefeuljekomitees soos Provinsiale en Plaaslike Regering, minerale en energie en verdediging.
Dlali, wat op 23 Januarie 1960 in Mount Frere in die Oos-Kaap gebore is, was ‘n jarelange ANC-leier in die Wes-Kaap en voormalige Umkhonto we Sizwe ondergrondse operateur. Hy het gedien in verskeie Wes-Kaapse provinsiale strukture, insluitend as ‘n lid van die provinsiale uitvoerende komitee en voorsitter van die Dullar Omar-streek.
Die ANC sê wetstoepassingsagentskappe moet geen steen onaangeroer laat om te verseker dat “die skuldiges van hierdie gruwelike daad gevang word en aan die volle toorn van die wet uitgelewer word nie”.
