Bronne naby aan gister se spesiale nasionale uitvoerende komitee se vergadering wat plaasgevind het by die St George’s Hotel in Pretoria, het gesê ‘n aantal van die senior lede het hard geveg om Malema en ander jeugligalede terug te bring, maar dit was tevergeefs.
Malema, wat saam met sekretaris-generaal Sindiso Magaqa en woordvoerder Floyd Shivambu, in die pad gesteek is, het hulle hoop om terug te keer na die ANC op gister se NUK-vergadering gevestig.
Die NUK het dit verwerp, en Malema, Magaqa en Shivambu se enigste hoop sal nou die ANC se nasionale elektiewe konferensie in Mangaung in Desember wees.
Volgens bronne berig The Times gister, het die Malema-saak verdeeldheid binne die NUK geskep.
Diegene wat die vergadering bygewoon het, het gesê die party se leier, Jacob Zuma, het die verrigtinge met ‘n ysterhand gelei. Zuma het die finale seggenskap oor die aangeleentheid behou en geen teenspraak geduld nie.
“Die Jeugliga is sy grondwetlike reg geweier,” sê ‘n ontevrede senior NUK-lid gisteraand gesê.
Die NUK-lede het woes baklei vir en teen Malema se skorsing, en twee senior lede het glo letterlik amper vuisgeslaan.
Zuma het egter die laaste sê gehad. Die Sunday Times het berig dat Kgalema Motlanthe, die ANC se tesourier-generaal, Mathews Phosa en die party se adjunk-sekretaris-generaal, Thandi Modise, was onder dié wat nie ten gunste van Malema se skorsing uit die party was nie.
Menslike nedersettings minister Tokyo Sexwale, is ook onder diegene wat Malema se skorsing uit die party by gister se spesiale vergadering bevraagteken het.
Malema het steeds die ondersteuning van ‘n paar provinsies. Sommige provinsies soos Limpopo, Oos-Kaap en Noord-Kaap, kom sterk in sy guns uit.
Die ANC sal vanoggend ‘n nuuskonferensie oor die NUK-vergadering hou.
