Pas wet op Gelyke Indiensneming toe

“Die Vryheidsfront Plus beskou adjunk-president Motlanthe se verdediging van regstellende aksie tydens sy besoek in die VSA as immoreel. Die tyd het aangebreek om regstellende aksie uit te faseer,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Srbeid gesê. “Die ANC is nou al sestien jaar in beheer van Suid-Afrika en die staatsdiens is reeds

Lees verder: Pas wet op Gelyke Indiensneming toe

Sirië wag in spanning

Sirië wag in spanning vir president Bashar al-Assad om die beloofde aankondiging oor sy uittrede te maak. Dit kan ‘n 50-jaar lange noodtoestand in dié Midde-Oosterse land tot ‘n einde bring, maar sal slegs ‘n simboliese gebaar wees indien daar nie enige groot hervormings volg nie, het kenners gesê. “Om die noodtoestand te lig is

Lees verder: Sirië wag in spanning

Rusland waarsku dat aanvalle teen VN-resolusie is

Rusland het Maandag gesê hy is bekommerd oor die uiteindelike doel van die lugaanvalle op Libië en meen dit kom op “inmenging” wat nie deur die Verenigde Nasies goedgekeur is nie, neer om die Libiese rebelle te help . “Ons sien in die media dat soldate wat deel van die operasie is, sê hulle doelwit

Lees verder: Rusland waarsku dat aanvalle teen VN-resolusie is

‘n ‘Etiese’ beleid

Die chaos en geweld wat Libië tans verwoes, laat vrae omtrent die gedrag van Brittanje en veral sy voormalige eerste minister, Tony Blair. ‘n Regime wat reeds 400 van sy eie burgers vermoor het, Libië, is onlangs nog soos die Verlore Seun in Britse arms terugverwelkom. Toe Blair in 1997 ‘n “etiese buitelandse beleid”, in

Lees verder: ‘n ‘Etiese’ beleid

VSA wil Libiese rebelle bewapen

Moeammar Gaddafi is in gesprekke met Westerse “vriende” om ‘n “waardige oplossing” vir die konflik wat in Libië aangaan te vind, het die koerant Asharq Al-Awsat Saterdag berig. Die koerant het verskeie bronne aangehaal wat beweer dat die Libiese leier op hierdie “vriende”, wie se name nie genoem word nie, staatmaak om die internasionale gemeenskap

Lees verder: VSA wil Libiese rebelle bewapen

ANC gaan grootste koerant gratis versprei

Vanaf April vanjaar sal die ANC se tweemaandelikse tydskrif Vuk’uzenzele as ‘n maandelikse koerant uitgegee word. Jimmy Manyi, regeringswoordvoerder, het aan Die Burger gesê die regering moet sy eie koerant die lig laat sien, aangesien hulle Suid-Afrikaners op hoogte moet hou van dienslewering. Hy het gesê dis die regering se plig om mense ingelig te

Lees verder: ANC gaan grootste koerant gratis versprei

Mea culpa, blommetjies

Corrie van Zyl, die verwelkte blommetjies se afrigter, is glo kwaad omdat die publiek sy span verstikkers noem. Volgens Van Zyl lei die publiek se negatiwiteit tot die bykans twee dekade-lange wanprestasie van die blommetjies by ‘n iedere en ‘n elke Krieketwêreldbeker. ‘n Verstikker, of “choker” is ‘n atleet of span wat as gunstelinge opgehemel

Lees verder: Mea culpa, blommetjies

Kommer heers oor bek-en-klouseer

TLU SA is baie bekommerd oor die Bek- en Klouseer wat in KwaZulu-Natal uitgebreek het. “Tydens TLU SA se laaste Algemene Raadsvergadering het die Adjunk-Minister van Landbou, dr. Pieter Mulder, reeds sy kommer uitgespreek oor die oënskynlike tekort aan kundigheid om die verspreiding te beheer. Dit blyk dat sy kommer nie ongegrond was nie, en

Lees verder: Kommer heers oor bek-en-klouseer

Madonna se skool na die maan

Die bestuurders van Madonna se liefdadigheidsorganisasie in Malawi is afgedank nadat hulle byna R30 miljoen op ‘n skool wat nooit sal gebou word nie, geblaas het. Die verdoemende oudit van Raising Malawi het bevestig dat die geld vir die elite akademie vir meisies nooit vir bouwerk gebruik is nie, en dat die planne van die

Lees verder: Madonna se skool na die maan