praag.co.za

Pas wet op Gelyke Indiensneming toe

Written by

in

“Die Vryheidsfront Plus beskou adjunk-president Motlanthe se verdediging van regstellende aksie tydens sy besoek in die VSA as immoreel. Die tyd het aangebreek om regstellende aksie uit te faseer,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Srbeid gesê.

“Die ANC is nou al sestien jaar in beheer van Suid-Afrika en die staatsdiens is reeds oorgetransformeer, maar die ANC wil steeds werk reserveer op grond van ras. Die ANC sal moet aandui of hulle regstellende aksie sien as ‘n instrument om regstellings mee te maak en of hulle dit sien as ‘n permanente struktuur van die nuwe bedeling,” het hy bygevoeg.

“Adjunk-president Motlanthe het ook vir Jimmy Manyi in die bresse getree en sy onsmaaklike en immorele uitsprake geregverdig. Die adjunk-president het egter sy gehoor om die bos gelei aangesien minderhede in verskeie vlakke van die staatsdiens onderverteenwoordig is.

Die VF Plus het in ‘n vraag aan die minister van Arbeid in die parlement vasgestel dat daar op die volgende vlakke onderverteenwoordiging van minderhede in die staatsdiens is:

· Topbestuursvlak: Wit en bruin vroue is onderverteenwoordig;

· Senior Bestuursvlak: Bruin mense is onderverteenwoordig;

· Geskoolde Tegniese en Junior Bestuursvlak: Bruin mense en Indiërmans is onderverteenwoordig;

· Semi-geskoolde vlak: Wittes en Indiërs is onderverteenwoordig;

· Ongeskoolde vlak: Wittes en Indiërs is onderverteenwoordig.

Dit is dus duidelik dat die regering nog baie werk het om minderhede ‘n gelyke geleentheid te gee om werk in die staatsdiens te bekom. Dit is weens blatante diskriminasie teen wit mense dat daar so ‘n onderverteenwoordig is van hierdie minderheid in die staatsdiens. Beide adjunk-president Motlanthe en Manyi moet die Wet op Gelyke Indiensneming in sy geheel toepas.

на 100лобановский александр фото

Comments

Leave a Reply