Dit kan ‘n 50-jaar lange noodtoestand in dié Midde-Oosterse land tot ‘n einde bring, maar sal slegs ‘n simboliese gebaar wees indien daar nie enige groot hervormings volg nie, het kenners gesê.
“Om die noodtoestand te lig is slegs ‘n simboliese gebaar,” het Faysal Itani, adjunk-hoof van Executive Analysis se afdeling vir die Midde-Ooste en Noord-Afrika, gesê.
“Al sou hy daarmee volhou, sal dit nie die belangrike kwessie oplos nie – die hoeveelheid ekonomiese en politiese mag wat in die hande van ‘n sekere elite gesetel is,” het die risiko-ontleder gesê.
“Die enigste ding wat onder die huidige omstandighede sal deug, sal wees om die elite te hervorm.”
Daar heers sedert 1963 ‘n noodtoestand in Sirië toe die Baath-party mag oorgeneem het. In 1970 is Bashar se pa, Assad, as president van die land aangewys.
Na verwagting sal Bashar (45) in die volgende paar dae ‘n aankondiging maak, maar daar kan nie met sekerheid gesê word dat hy die noodtoestand sal lig nie.
