Polisieversterkings is inderhaas Woensdagoggend ontplooi na Beyers Naudé-rylaan, naby Zandspruit se informele nedersetting, waar betogers klippe gooi na karre, het Johannesburg se metropolisie gesê. “Die polisie is ontplooi om die verkeer weg te lei na Juice en Peterweg. Beyers Naude-rylaan is nog steeds is nie toeganklik vir motoriste nie,” het woordvoerder superintendent Wayne Minnaar gesê.
Lees verder: Swaar polisieteenwoordigheid noordwes van Johannesburg ontplooi
