Ramaphosa ontbloot, ANC by ISH aangekla

‘n Reeks e-posse wat by gister se vergadering van die Marikana-kommissie vrygestel is, is ‘n verleentheid vir die ANC-swaargewigkader en een van Suid-Afrika se rykste mans, Cyril Ramaphosa. Adv. Dali Mpofu, wat beseerde myners en meer as 200 werkers wat in hegtenis geneem is, verteenwoordig, sê die e-pos-korrespondensie met Lonminbestuurders beeld Ramaphosa as gevoellose individu

Lees verder: Ramaphosa ontbloot, ANC by ISH aangekla

Marikana: Regslui wil onttrek

Regsverteenwoordigers van die mynwerkers wat in hegtenis geneem is ná ‘n skietery by Lonmin se Marikana-myn het Dinsdag aan die kommissie van ondersoek oor die aangeleentheid gesê hulle mag moontlik van die proses onttrek. “Ons het ‘n patroon raakgesien wat gekenmerk word deur baie dinge… die slagoffers in hierdie saak word met soveel minagting behandel

Lees verder: Marikana: Regslui wil onttrek

Landbou kan nie regering se taak oorneem nie

Pres. Zuma is tereg bekommerd oor stygende voedselpryse. Dit word egter tot ‘n groot mate bepaal deur vraag en aanbod. Meer produksie kan onder andere help om pryse laer te maak, maar ook slegs as ander noodsaaklikhede in plek is, soos voldoende en gesonde water en doeltreffende en betroubare infrastruktuur. Dit is egter sake wat

Lees verder: Landbou kan nie regering se taak oorneem nie

Zuma se grondvoorstel het positiewe en negatiewe implikasies

Die president se voorstelle oor nuwe metodes om die grondhervormingsprobleme op te los, het positiewe en negatiewe implikasies, sê dr Pieter Mulder, adjunkminister van landbou, bosbou en visserye. Die feit dat die president probeer om die onsekerheid en gebrek aan belegging in landbou met hierdie voorstelle aan te spreek, beteken dat hy wel deeglik kennis

Lees verder: Zuma se grondvoorstel het positiewe en negatiewe implikasies

Namibië waarsku oor grondgryp

Namibië is ‘n land wat selde die internasionale nuus haal. Dit is ook een van die mees yl-bevolkte plekke op aarde. Dit is ‘n plek wat deur twee verskillende buitelandse magte in die laaste eeu beheer is. Totdat die Eerste Wêreldoorlog was dit ‘n Duitse kolonie. Daarna het die naburige Suid-Afrika beheer oorgeneem en ook

Lees verder: Namibië waarsku oor grondgryp

Welkom in die nuwe hoofstad van die EU

Berlyn is die aangewese stad om Europa se hoofstad te wees. Die nuwe regeringsgeboue, die kanselier se kantoor, die Bundestag en die ministerie van buitelandse sake is meesterstukke van glas en natuurlike lig, deursigtigheid en gemodereerde inspraak. Die Ministerie van Finansies is weliswaar in die ou hoofkwartier van die Luftwaffe. Die wonderlikste argitektuur – Unter

Lees verder: Welkom in die nuwe hoofstad van die EU

Zuma stel nuwe grondhervormingsplan bekend

President Jacob Zuma het Maandag ‘n nuwe grondhervormingsplan in Pretoria bekend gestel. “Dit is ‘n innoverende voorstel wat getoets moet word,” het hy tydens die eerste jaarvergadering van die African Farmers’ Association of SA (Afasa) gesê. Die plan stel voor dat elke distrik verantwoordelikheid neem vir grondhervorming en die finansiering daarvan. “Elke distrik moet ‘n

Lees verder: Zuma stel nuwe grondhervormingsplan bekend

Eskom gaan Biliton se goedkoop krag staak

Eskom gaan binne ‘n week die nasionale energiereguleerder (NERSA) vra om die kontrak waarvolgens hy krag spotgoedkoop, glo onder kosprys, aan BHP Billiton se smelters lewer, te hersien. Die smelters neem meer as 1 000 MW van die land se huidige opwekkingsvermoë van 42 000 MW op, het Sake24 berig. Die reguleerder het volgens Mohammed

Lees verder: Eskom gaan Biliton se goedkoop krag staak

China slaan kontrak vir lokomotiewe los

Die regering het ‘n kontrak aan ‘n Chinese konsortium CSR Zhuzhou Electric Locomotive (CSR), toegeken om 95 elektriese lokomotiewe te bou. Die lokomotiewe sal deur Transnet se vragvervoer ingespan word, het Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings, verklaar. CSR sal saam met Matsetse Basadi, ‘n Suid-Afrikaanse sakeonderneming, die bou van die lokomotiewe onderneem. CSR besit

Lees verder: China slaan kontrak vir lokomotiewe los