Brics bult spiere

Die BRICS-groep van opkomende markmagte het Donderdag vir ‘n opgeknapte globale monetêre stelsel wat minder staatmaak op die dollar gevra, asook ‘n meer invloed in internasionale finansiële instellings. Die leiers van Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika het ook ‘n beroep vir sterker regulering van afgeleide markte gedoen om die buitensporige wisselvalligheid in voedsel en

Lees verder: Brics bult spiere

Hof behou uitspraak voor oor Zim-boere

Die Noord-Gautengse Hooggeregshof het vandag uitspraak voorbehou in die omvattende hofaansoek wat die Zimbabwiese regering gebring het om te probeer verhoed dat die SAOG-tribunaal se uitspraak ten gunste van Mike Campbell en 78 ander wat in Zimbabwe geboer het, met die hulp van AfriForum in Suid-Afrikaanse howe afgedwing word. Die uitspraak word oor sowat vier

Lees verder: Hof behou uitspraak voor oor Zim-boere

Malema-ondersteuners ingebus

‘n Bus vol ondersteuners van Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, het Donderdag by die hof hul opwagting gemaak. Malema word deur die burgerregtegroep, AfriForum, van haatspraak aangekla oor die sing van die woorde “Skiet die Boer” of “awudubhule ibhunu”. “My president, my president, los my president uit,” het een van die ondersteuners geskree. Malema

Lees verder: Malema-ondersteuners ingebus

Vrae oor aanvalsgewere

Die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, moet antwoord oor die gebruik van outomatiese aanvalsgewere vir die beskerming van Julius Malema by die Gelykheidshof in Pretoria. Mnr. Pieter Groenewald (LP) woordvoerder van polisie vir die VF Plus het ‘n vraag by die parlement ingedien waarin hy vra of die wapens gelisensieerd is en aan wie

Lees verder: Vrae oor aanvalsgewere

Jeugliga is ‘n bedreiging vir voorspoed

Die grootste enkele bedreiging vir volgehoue ekonomiese voorspoed en vrede in Suid-Afrika, is die Jeugliga van die ANC, sê die VF Plus. Die party het gesê die land het vele uitdagings wat oorkom moet word, waarvan een van die ernstigste is om radikale elemente soos die ANCJL vas te vat. Dit volg op die ANCJL

Lees verder: Jeugliga is ‘n bedreiging vir voorspoed

Haatspraak

Terwyl daar binne die hof druk geredeneer word of die liedjie “Skiet die boere” haatspraak uitmaak of nie, en dit daar heel duidelik word dat daar ‘n geweldige sensitiwiteit bestaan, staan daar buite daardie selfde hof etlike honderde uitdagende ANC-jeugligalede en sing daardie selfde opswepende liedjie met oorgawe en uit volle bors. Maar terwyl Malema

Lees verder: Haatspraak

Doodsdreigemente teen GPF in Valhalla

Die CDP is bekommerd dat die arrestasie van mnr. Johan van der Schyff van die Valhalla Gemeenskapspolisiëringsforum en dreigemente om ander lede van die forum te arresteer besig is om in ‘n heksejag te ontaard, aldus mnr. Richard Botha, raadslid van die Christen-Demokratiese Party (CDP) in die Tshwane Metroraad. “Die afgelope Sondagaand het ‘n voorval

Lees verder: Doodsdreigemente teen GPF in Valhalla

ANC kritiseer weer gedrukte media

Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, het in Johannesburg aan die media gesê die leierskap van die ANC is bekommerd oor die rol van die media. Die ANC het die media beskuldig daarvan dat hulle die rol van ‘n opposisieparty speel in aanloop tot die munisipale verkiesing op 18 Mei. Mantashe sê veral die

Lees verder: ANC kritiseer weer gedrukte media

VK, Frankryk op hul eie in Libië

Die Franse minister van verdediging het Dinsdag gekla omdat net Parys en Londen die grootste deel van Navo se militêre operasie teen Moeammar Gaddafi in Libië behartig. “Navo is nie tans daartoe in staat om ons vennote te verplig om deel te neem aan die operasie nie,” het Gerard Longuet aan die Franse parlement gesê.

Lees verder: VK, Frankryk op hul eie in Libië