Pakistan se versoek dat China ‘n vlootbasis by die suid-westelike hawe van Gwadar bou sodat die Chinese vloot ‘n gereelde teenwoordigheid daar handhaaf, gaan waarskynlik sowel Indië as die VSA se afkeur gaande maak. “Ons het ons Chinese broers versoek om asseblief ‘n vlootbasis by Gwadar bou,” het Chaudhary Ahmed Mukhtar, Pakistan se minister van
Twee partye: ‘n Ernstige terugslag vir demokrasie
In sommige kringe word gejuig weens die uitkristalisering van ‘n de facto tweepartybedeling in Suid-Afrika. Hierdie soort gejubel dui egter op ‘n onbegrip van wat demokrasie in sy generiese wydste betekenis dui, asook in die staatkundige opset. Die VSA se skynbare tweepartymodel word gereeld as voorbeeld voorgehou oor hoekom dit in Suid-Afrika ‘n bate is.
Lees verder: Twee partye: ‘n Ernstige terugslag vir demokrasie
Afrikaanse film wen Queer Palm
Die bruin regisseur van die eerste Afrikaanse film wat by die gesogte Cannes Filmfees in Frankryk met ‘n Queer Palm vereer is, sê dié eer kom van “reuse van Europese rolprent kritici”. Oliver Hermanus se rolprent Skoonheid het die toekenning vir die beste film wat handel oor gay kwessies Saterdag losgeslaan. Die film handel oor
Zille twiet vals
Helen Zille het die Sunday Times Sondag berispe in ‘n twiet op Twitter dat die koerant verkeerd is om te berig dat die DA 21,97% van die stemme gewen het en daarop gewys dat die koerant vroeër ‘n hoër syfer op sy voorblad gebruik het. “Die korrekte resultaat is DA 23,9% (NIE 21,9%) en ANC
ANC wil munisipaliteite regruk
In die komende weke, gaan die regerende party maatreëls tref wat burgemeesters, munisipale bestuurders en ander senior amptenare meer verantwoordbaar sal maak, soos lede van die parlement en provinsiale wetgewers reeds is, sê die ANC. Die besluit kom in die nasleep van verlede week se plaaslike regeringsverkiesings waarin die ANC se ondersteuning gedaal het van
Onderwys: Die laaste loopgraaf vir Afrikaans
Die onderwys en landbou in Suid-Afrika is onder beleg weens die ANC se beleid van sogenaamde grondhervorming en transformasie. Dit was die boodskap wat tydens ‘n konferensie vroeër vanjaar aan mnr Gwede Mantashe, Sekretaris generaal van die ANC oorgedra is deur ‘n aantal Afrikanerleiers. Hierdie byeenkoms was in opvolging van ‘n soortgelyke een wat in
Sap-zombies juig oor Afrikanerselfmoord
Skoppensboer het vandeesweek buite stemming gebly. Nie dat hy die HNP se “stem reg, bly weg” ondersteun nie, maar daar was niemand vir wie hy kon of wou stem nie. Dan Roodt praat hiernaas en in Rapport vandag van politieke zombies wat uit die dode herrys. Die Super-Sap uit die Wes-Kaap wat vergeefs droom dat
Is Afrikanerpolitiek nou uitgedien?
“Die verlede is nooit dood nie,” het die Amerikaanse skrywer William Faulkner gesê. “Dis nie eens verby nie.” Vandaar die angsvallige wyse waarop die DA-munisipaliteit van Midvaal op die vooraand van die verkiesing van sy Verwoerd-standbeeld ontslae geraak het. Tydens sy veldtog het die ANC hom selfs op die voorvaders beroep, asof die dooies soos
ANC wil koerant se kantore afbrand
Die voorsitter van die ANC in Nelson Mandelabaai, Nceba Faku, het Donderdagaand meer as 100 partylede aangemoedig om die Herald-koerant se kantore af te brand terwyl hy sy party se verkiesingsoorwinning buite Port Elizabeth se stadsaal gevier het. Volgens die Herald het ‘n seniorwoordvoerder van die party die ANC “byna onmiddellik” gedistansieer van die uitlating,
Kaapstad se krag af
Die elektrisiteitstoevoer sal Dinsdag in Kaapstad onderbreek word om toerusting by ‘n substasie in Seepunt te vervang, het die stad Vrydag gesê. Dié onderbreking sal vanaf 08:30 tot 17:00 duur. Die gebiede wat geraak word is: Ocean View-rylaan, Rhineweg, Antwerpweg, Nelsonweg, Firmountweg, Oldfieldweg, Doverweg, High Levelweg, Calaisweg en Battery-singel. “Inwoners word versoek om alle elektrisiteitsinstallasies
