Ses Mosambiekse soldate het Maandag gesterf in ‘n aanval op ‘n wapendepot, het die nasionale radiostasie berig. Volgens die berig is Mosambiek se Renamo-rebelle glo verantwoordelik vir die aanval wat vroegoggend in die sentrale provinsie van Sofala plaasgevind het. Rosa Luis, ‘n plaaslike beampte, het gesê openbare instellings, insluitend skole, is weens die aanval gesluit.
Steve gooi klip in Mandela-hoenderhok
Mandela se oproep om wedersydse vergifnis, “beteken f*kol” vir sy mense en hul kinders se toekoms, het Steve Hofmeyr op Twitter gesê. Hofmeyr was die naweek in ‘n hewige Twitter-debat met Mandela se voormalige persoonlike assistent Zelda la Grange betrokke. Die debat het begin toe Hofmeyr ‘n skakel na ‘n artikel getwiet het deur ‘n
Woede oor Britte se spioenasie neem toe
Rusland, Turkye en Suid-Afrika het uiterste verontwaardiging uitgespreek Maandag oor onthullings dat Brittanje en die Verenigde State van Amerika op buitelandse afgevaardigdes by G20-vergaderings in Londen in 2009 gespioeneer het. Die Turkse regering het Brittanje se charge d’affaires ingeroep om ‘n koerantberig wat beweer dat Londen gespioeneer het, te verduidelik, het die Minister van Finansies
Joemat-Pettersson ontken berig van omkoopgeld
Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, het mediaberigte dat sy omkoopgeld ontvang het, ontken. Die bewerings in Sunday Times dat Joemat-Pettersson gebaat het by die verkoop van ‘n wildplaas is “ongegrond en betreurenswaardig,” het Palesa Mokomele, haar woordvoerder, in ‘n verklaring gesê. “Diegene wat minister Joemat-Pettersson ken, weet dat sy ‘n leier is
Kreef kos sakeman R295 miljoen
Arnold Bengis, ‘n sakeman van Houtbaai, is deur ‘n hof in die VSA beveel om bykans R295 miljoen aan Suid-Afrikaanse owerhede te betaal, het The Star Maandag berig. Die hofbevel is Vrydag deur ‘n Amerikaanse hof uitgereik, en sluit Bengis se seun, David, en sy voormalige sakevennoot, Jeffrey Noll in. Die hof het beveel dat
Zille, De Lille sweep grondemosies op met gesplete tonge
Die nalatenskap van 1913 se grondonteiening is nog met Suid-Afrika en dit is die plig van die staat om grondhervorming te implementeer om dit reg te stel, het die Wes-Kaapse premier Helen Zille Maandag gesê om swartes te probeer opsweep teen wit grondeienaars. “Dit sal nooit ten volle vergoed of regmaak vir die pyn wat
Lees verder: Zille, De Lille sweep grondemosies op met gesplete tonge
Malema se ANC-kamerade kritiseer hom
Die minister van sport, Fikile Mbalula, sê Julius Malema se plan om ‘n nuwe politieke party te stig is “politieke selfmoord.” “As ‘n kader wat deur die ANC opgelei is, is dit politieke selfmoord om ‘n politieke party buite die ANC te stig,” het die minister aan die Sunday Independent gesê. “Dis uit woede en
Swart kunstenaar vas vir moord op kringtelevisie
Suid-Afrika se kunsgemeenskap is geskok oor die nuus dat die bekende kunstenaar Zwelethu Mthethwa van moord verdink word. City Press berig die kunstenaar het reeds in die hof verskyn in verband met ‘n vrou wat vroeër vanjaar doodgeslaan is. Mthethwa (52) word wêreldwyd gevier. Hy het reeds meer as 50 solo-uitstallings van sy kleurvolle foto’s
Lees verder: Swart kunstenaar vas vir moord op kringtelevisie
Britte spioeneer op Suid-Afrikaanse diplomate
Die rekenaaraktiwiteit en foonoproepe van buitelandse amptenare en politici wat in 2009 vergaderings van die G20-beraad in Londen bygewoon het, insluitend amptenare van Suid-Afrika, is deur Britse owerhede afgeluister. Die Britse regering het opdrag gegee dat dié spioenasie moet plaasvind, volgens ‘n eksklusiewe berig in The Guardian. Die berig, wat Sondagaand deur dié Britse koerant
Lees intussen my Engelse rubriek oor 16 Junie
Aangiesien ek reeds vandag ‘n langerige Engelse rubriek op praag.org gepubliseer nie, staan my gereelde Sondagrubriek vandag oor, maar ek mag dalk môre weer iets in Afrikaans hier plaas. Lees gerus: 16 June: Your race-riot triumph is my Orwellian nightmare
