Een van die eienskappe van ons revolusionêre samelewing is dat die universiteite en die media toenemend deur ‘n soort revolusionêre roes verteer word. Die grootskaalse verandering wat ons tot dusver beleef het, is nie genoeg nie. Die revolusie moet altyd verder en verder gevoer word, op politieke en maatskaplike vlak, maar ook en toenemend op biologiese vlak. Toevallig sien ek nou die dag ‘n artikel deur ene Desmond Painter van die Stellenbosse Universiteit wat ‘n pleidooi lewer dat Sewendelaan op TV gebruik moet word om die bevolking te breinspoel om biologiese rasvermenging te aanvaar.
ANC se landsbestuur stort in duie – HNP
Die eerste politieke party wat reageer op die nuwe elektrisiteitskrisis is die HNP. Volgens mnr. Louis van der Schyff, hoofsekretaris, "is die ANC se landsbestuur besig om in duie te stort".
SA ervaar elektrisiteitskrisis – Eskom
Suid-Afrika het te min elektrisiteit om in die vraag te voorsien, het Eskom vandag aangekondig.
"Eskom ervaar onbeplande kragonderbrekings van 4600 MW as gevolg van tegniesesentraleprobleme. Dit is 3000 MW hoër as die verwagte syfer vir die huidige tydperk," het die maatskappy se direkteur: verspreiding, Jacob Maroga, in ‘n verklaring gesê.
Die rykdom van ellende
Chinua Achebe en hoe die Bantoe hom in sy eie vernedering en nederlaag verlustig.
Tegnofiel of tegnofoob?
Verruil eerder jou multimediahandtoestel vir ‘n vulpen.
Bogaardse: Waar is mev. Suzman nou?
Die nuus dat ‘n boere-egpaar van Nylstroom, Jaco en Bess Bogaards, tans sonder verhoor op Warmbad aangehou word, is op sy minste kommerwekkend. Die Bogaardse word beskuldig van “hoogverraad, terrorisme en dat hulle glo hulp verleen het aan voortvlugtige verdagtes.”
Dan Roodt: Is ons ‘n intellektuele volk?
Dan Roodt antwoord ‘n ope brief van Zandes Burger vanuit Londen. My gewaardeerde jong vriend Zandes, Dankie vir u ope brief aan my wat hom inderdaad tot breedvoerige repliek mag leen. Ook Van Wyk Louw het in sy essay “Is ons ‘n intellektuele volk?” uit die bundel Maskers van die erns (1955) ‘n sekere twyfel
Tony Yengeni – die arm kontinent se ?bermensch
Misdaad – tyd vir ‘n volksaksie
Onder groot druk van die media het Thabo Mbeki uiteindelik erken dat misdaad in Suid-Afrika bestaan. Maar so pas tydens ‘n onderhoud op SABC2 het die ANC-leier teruggekrabbel deur te beweer dat "misdaad in alle lande bestaan" en dat die hoë voorkoms daarvan in ons land "’n blote persepsie" verteenwoordig.
Leopold Scholtz, Westerse toleransie en die Fortuyn-opstand
Albert Einstein het nie verniet gesê dat dit moeiliker is om vooroordeel te elimineer as om die atoom te splits nie. In sy rubriek Moenie stereotipeer, maar praat waarheid van 22 Desember verlede jaar, skryf Leopold Scholtz dat ‘n mens moet oppas om nie stereotiperend te dink en sodoende bepaalde groepe te stigmatiseer nie. Ons moet die individu agter die groep sien. Uiteraard is hierdie ‘n goeie en volwasse manier om mense en hul kulture op te som, maar helaas is die vatbaarheid van hierdie soort denke gering.
Lees verder: Leopold Scholtz, Westerse toleransie en die Fortuyn-opstand
