Bob gaan diamantreserwes van die hand sit

Zimbabwe se president het Dinsdag gesê dat die land sy reuse-diamantreserwes sal verkoop, ten spyte daarvan dat hulle nie goedkeuring van die wêreld se diamant-beheerliggaam ontvang het nie.  ‘n Uitdagende president Robert Mugabe het aan wetgewers gesê dat diamantverkope “groot potensiaal” het om die verpletterde ekonomie nuwe lewe te gee. Hy het bygevoeg dat Zimbabwe

Lees verder: Bob gaan diamantreserwes van die hand sit

Belfast, Noord-Ierland, smaak opnuut geweld

Drie polisiebeamptes is Maandag beseer in ‘n skietery tydens oproerigheid wat in Belfast, Noord-Ierland uitgebreek het.   Bykans 30 polisiebeamptes is beseer toe hulle deur Ierse nasionaliste aangeval is. Niemand is noodlottig gewond nie. Die voorvalle het in die gebied van North Queenstraat in die noorde van die stad plaasgevind. изготовление саунДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Lees verder: Belfast, Noord-Ierland, smaak opnuut geweld

Sakeman wil help om boerkaboetes te betaal

‘n Franse sakeman het aangebied om eiendomme te verkoop om Moslemvroue te help om hul boetes betaal wat hulle dalk opgelê mag word, indien hulle die boerka dra.  Dít kom nadat Frankryk se parlement tans debateer oor die verbod op die dra van ‘n boerka. Frankryk sal waarskynlik die verbod op die boerka Dinsdag goedkeur,

Lees verder: Sakeman wil help om boerkaboetes te betaal

Besnydenisdodetal styg

Die besnydenisdodetal in die Oos-Kaap het gestyg tot 41 nadat nóg swart seuns tydens tradisionele seremonies besny is, het die provinsiale departement van gesondheid Maandag gesê.  “Die mees onlangse slagoffer was ‘n 19-jarige seun wat Vrydag gesterf het,” het Sizwe Kupelo, woordvoerder, gesê. Hy was deel van ‘n inisiasieskool by die Nyanisweni-informele nedersetting in Bizana

Lees verder: Besnydenisdodetal styg

Polisie skiet motoris vir verkeersoortreding dood

Vier polisiebeamptes is in hegtenis geneem nadat hulle glo Maandag ‘n motoris in Pretoria se middestad doodgeskiet het, het die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) gesê.  Nkosinathi Ntuli (23) van Doornpoort het glo aan die verkeerde kant van die pad gery toe hy doodgeskiet is, het Moses Dlamini, ‘n woordvoerder gesê. Volgens Dlamini is die beamptes, wat

Lees verder: Polisie skiet motoris vir verkeersoortreding dood

Somaliese rebelle verantwoordelik vir Kampala-aanvalle

‘n Somaliese militante groep wat bande met Al-Kaida het, het Maandag verantwoordelikheid aanvaar vir die dodelike bomaanvalle in Uganda se hoofstad tydens die eindstryd van die Wêreldbeker-sokkertoernooi.  Minstens 74 mense is in die aanval oorlede. Dit is deur rebelle van die Al-Shabaab by twee restaurante in Kampala geloods terwyl skares mense die eindstryd van die

Lees verder: Somaliese rebelle verantwoordelik vir Kampala-aanvalle

Zuma sê vreemdelinghaat is net gerugte

Dreigemente oor die uitbreek van xenofobiese geweld in Suid-Afrika is steeds net gerugte, het pres. Jacob Zuma Maandag gesê.  “Ek is nie seker of daar al dreigemente van xenofobiese geweld was nie. Maar ek weet daar was gerugte wat aangemeld is,” het hy aan joernaliste in Sandton gesê. Volgens hom het die regering ‘n ministriële

Lees verder: Zuma sê vreemdelinghaat is net gerugte

Ou kerke

Die berig in Vrystaat oor mense wat so disrespekvol vuur maak teen die Anglikaanse Kerk in Bethlehem, ‘n sandsteengebou van meer as ‘n honderd jaar oud en wat ‘n nasionale gedenkwaardigheid is, laat Herrie se gedagtes na ou kerke sommer ver teruggevoer word. Jare gelede was Herrie bevoorreg om deel van ‘n kulturele uitruilspan te

Lees verder: Ou kerke