Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, het Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, gesê nadat hy Vrydagaand die toekenning van Nuusmaker van 2011 in Pretoria ontvang het. “Jy moet nooit die storie koop dat ons anti-wit is en ons wil blankes in die see dryf nie. Dit is jou huis, jou land en
Brandstigting en geweld nadat stamowerheid sloer
Ses mense is in hegtenis geneem nadat hulle Saterdagoggend na bewering ‘n stamsaal en kantore afgebrand het en paaie tydens ‘n betoging in Tlhatlhaganyane, naby Rustenburg versper het, het die Noordwespolisie gesê. Kaptein Pelonomi Makau het gesê die ses was na bewering deel van ‘n groep mense wat protes teen swak dienslewering en die korrupte
Lees verder: Brandstigting en geweld nadat stamowerheid sloer
SA buig voor VSA se imperialisme sê Cosatu
Suid-Afrika moet ophou buig voor die Verenigde State se imperialisme en deelname in afpersende sanksies teen Iranse olie-uitvoere weier, het Cosatu Saterdag gesê. “Cosatu eis dat die Suid-Afrikaanse regering hierdie gedienstigheid aan Amerikaanse imperialiste staak en die enigste beleid wat in die beste belang van hierdie land en die ontwikkelende wêreld is, nastreef,” sê uniewoordvoerder
Proteas oorheers in triestige Wellington
Dit was ’n tipiese sonskyndag in Wellington, Nieu-Seeland… wat beteken dit het meeste van die tyd gereën en vir die res was dit triestig en windverwaai. Die Nieu-Seelandse boulers het op hulle kenmerkende sprankelende manier geboul – met ander woorde hulle was lusteloos, planloos en vir die ganse dag paaltjieloos. Hulle werk, soos hulle dit
Zille histeries oor ‘misdaad van Bantoe-onderwys’
Die DA-leier Helen Zille het president Jacob Zuma daarvan beskuldig dat hy “Bantoe-onderwys” steun deur “politiese gedienstigheid” aan die vakbond Sadou, ‘n filiaal van die ANC-bondgenoot Cosatu. Haar “beswaar” oor Bantoe-onderwys was weer ‘n bedekte aanval op haar mees getroue ondersteuners, naamlik oningeligte Afrikaners. Zille het nie verduidelik hoe Bantoe-onderwys en stakings verband hou nie.
Lees verder: Zille histeries oor ‘misdaad van Bantoe-onderwys’
Krieket: Kiwi’s val suutjies op nat dag aan
Die Basin Reserve in Wellington is nie ’n plek vir opgevoede mense om krieket te speel nie. Die wind waai daar, altyd, die hele tyd, behalwe as dit reën. Dit waai selfs op windstildae en op winderige dae waai dit erger, soms blykbaar uit meer as een rigting. Dié week het dit, krieket in ag
Geen finale ooreenkoms oor Pretoria-naam nie, sê VF+
Die VF Plus het bevestig dat gesprekke oor die naam van Pretoria, asook sowat 27 straatname in Pretoria tans tussen die VF Plus en die ANC plaasvind, maar het gesê dat daar tans geen finale formele ooreenkoms tussen die VF Plus en die ANC rakende ‘n oplossing vir die naamkwessie bestaan nie. Die ANC in
Lees verder: Geen finale ooreenkoms oor Pretoria-naam nie, sê VF+
Insig… verg werk
Фильчаков прокурор харьков
Pretoria se naamsonderhandelinge duur voort
Pretoria gaan sy naam dalk behou, maar meer as 27 straatname in die hoofstad sal verander word. Dit is die ANC se “aanbod” in die geheime onderhandelinge wat tans aan die gang is in die omstrede naamsveranderingstryd, het Beeld berig. Die Tshwane-metro se burgemeester, Kgosientso Ramokgopa, het met lede van die opposisiepartye vergader om die
Skandvlek en Hoop: Die Weste en Suid-Afrika
Nog nooit was daar ’n vuriger, meer lojale, meer waardevolle vennoot van die Westerse wêreld as Suid-Afrika nie, en nog nooit is ’n land met meer venyn verraai, verstoot en verneder nie. Nou is die Weste besig om self in ’n krisis te verval, die soort wat hulle vir Suid-Afrika voorberei het. Ironies genoeg is
