Media24 en Huffington Post begin haatveldtog teen wit mans

Suid-Afrika se magtigste mediagroep, Media24, het so pas ‘n haatveldtog teen wit mans van stapel gestuur en bepleit terselfdertyd dat “radikale ekonomiese transformasie” (‘n eufemisme vir marxistiese revolusie) moet plaasvind. In ‘n sogenaamde “blog” of woernaal wat met fanfare op die webblad van Huffington Post South Africa, ‘n Media24-publikasie aangebied is, skryf ene Shelley Garland dat blanke mans regoor die wêreld van stemreg ontneem moet word.

Shelley Garland

Nadat Media24/Huffington Post se oproep om wêreldwye diskriminasie en vervolging van blanke mans internasionaal opslae gemaak het, is die stuk van Huffington Post South Africa se webblad verwyder met die verskoning dat dit onder ‘n skuilnaam verskyn het. Dit laat die vraag ontstaan: Maar wie is Shelley Garland?

Media24 beskik oor verskeie huidige en gewese rubriekskryfsters wat hulle as “radikale feministe” roem en gereeld gal teen wit mans braak, waaronder Christi van der Westhuizen, Hannelie Booyens, Amanda Gouws en die hoof van Media24 self, Esmaré Weideman. Enigeen van hulle, asook die redaktrise van Huffington Post South Africa, Verashni Pillay, kon die artikel geskryf het. Dié het in haar kommentaar die oproep om blanke mans van stemreg te ontneem as “standaard- feministiese teorie” beskryf.

In ‘n meegaande video by die artikel waarin onderhoude met hoofsaaklik swartes gevoer word, word marxistiese revolusie oftewel “radikale ekonomiese transformasie” bepleit. ‘n Swart man in die video sê dat “ons alles (van wit mans) moet vat en ons moet alles besit”.

Lees ook Dan Roodt: Media24-HuffPost sim hates white men while her stove is burning.

In die openbare belang plaas PRAAG die volledige artikel in die oorspronklike Engels soos dit op Huffington Post South Africa verskyn het.

Could It Be Time To Deny White Men The Franchise?

Shelley Garland

Some of the biggest blows to the progressive cause in the past year have often been due to the votes of white men. If white men were not allowed to vote, it is unlikely that the United Kingdom would be leaving the European Union, it is unlikely that Donald Trump would now be the President of the United States, and it is unlikely that the Democratic Alliance would now be governing four of South Africa’s biggest cities.

If white men no longer had the vote, the progressive cause would be strengthened. It would not be necessary to deny white men indefinitely – the denial of the vote to white men for 20 years (just less than a generation) would go some way to seeing a decline in the influence of reactionary and neo-liberal ideology in the world. The influence of reckless white males were one of the primary reasons that led to the Great Recession which began in 2008. This would also strike a blow against toxic white masculinity, one that is long needed.

At the same time, a denial of the franchise to white men, could see a redistribution of global assets to their rightful owners. After all, white men have used the imposition of Western legal systems around the world to reinforce modern capitalism. A period of twenty years without white men in the world’s parliaments and voting booths will allow legislation to be passed which could see the world’s wealth far more equitably shared. The violence of white male wealth and income inequality will be a thing of the past.

This redistribution of the world’s wealth is long overdue, and it is not just South Africa where white males own a disproportionate amount of wealth. While in South Africa 90 percent of the country’s land is in the hands of whites (it is safe to assume these are mainly men), along with 97 percent of the Johannesburg Stock Exchange, this is also the norm in the rest of the world. Namibia has similar statistics with regard to land distribution and one can assume this holds for other assets too. As Oxfam notes eight men control as much as wealth as the poorest 50 percent of the world’s population. In the United States ten percent of the population (nearly all white) own 90 percent of all assets – it is likely that these assets are largely in the hands of males. Although statistics by race are difficult to find from other parts of the world, it is very likely that the majority of the world’s assets are in the hands of white males, despite them making up less than 10 percent of the world’s population.

It is obvious that this violent status quo will not change without a struggle, and the only way to do so will be through the expropriation of these various assets and equitably distribute them to those who need them. This will not only make the world a more equitable place, but will also go some way to paying the debt that white males owe the world. Over the past 500 years colonialism, slavery, and various aggressive wars and genocides, have been due to the actions of white men. Redistributing some of their assets will go some way to paying the historical debt that they owe society.

It is no surprise that liberalism – and its ideological offshoots of conservatism and libertarianism – are the most popular ideologies among white males. These ideologies with their focus on individuals and individual responsibility, rather than group affiliation, allow white men to ignore the debt that they owe society, and from acknowledging that most of their assets, wealth, and privilege are the result of theft and violence.

Some may argue that this is unfair. Let’s be clear, it may be unfair, but a moratorium on the franchise for white males for a period of between 20 and 30 years is a small price to pay for the pain inflicted by white males on others, particularly those with black, female-identifying bodies. In addition, white men should not be stripped of their other rights, and this withholding of the franchise should only be a temporary measure, as the world rights the wrongs of the past.

A withholding of the franchise from white males, along with the passing of legislation in this period to redistribute some of their assets, will also, to a degree, act as the reparations for slavery, colonialism, and apartheid, which the world is crying out for to be paid.

As we saw after the recent altercation between a white man and Lebohang Mabuya at a Spur restaurant in Johannesburg, white males still believe that they are in control, and people who aren’t white or male (in particularly black female-identifying people) have to bow to their every whim. There are numerous other examples of white angry male violence in South Africa and abroad, often against black bodies (Dylann Roof’s terrorist actions in the United States is only one of many examples). It is time to wrestle control of the world back from white males, and the first step will be a temporary restriction of the franchise to them.

Although this may seem unfair and unjust, allowing white males to continue to call the shots politically and economically, following their actions over the past 500 years, is the greater injustice.

Hollywood val nou apartheid teen “die wesens” aan

Image

Hollywood het in die onlangse tyd gereeld van Afrikaners en wit Suid-Afrikaners gebruik gemaak in skurkrolle. Nou kom daar 'n nuwe rolprent wat oor "diskriminasie teen buiteaardse wesens" gaan en waarin blanke Suid-Afrikaanse mans weereens as die hardvogtige rassiste uitgebeeld word.

Hollywood tree as die voorhoede van die anti-blanke beweging op en verskeie van die groot Hollywood-treffers van die afgelope somer in die noordelike halfrond bied bewys hiervoor. Op 'n onlangse besoek aan 'n Amerikaanse filmteater het ek waarskuwings gevind dat die teater teen nie-mense diskrimineer. In 'n ooglopende verwysing na sowel apartheid as die Amerikaanse Suide van die 1960s, is nie-mense spesifiek verbied om die badkamers en krane te gebruik.

Dié kennisgewings is eintlik advertensies vir 'n fliek genaamd "District 9" wat die verhaal vertel van menslike diskriminasie teen vredeliewende wesens wat as vlugtelinge aarde toe gekom het. 'n Mens kan die lokfilm vir die rolprent op YouTube.com kyk.

Benepe mense verskyn op die skerm wat sulke dinge sê soos: "Hulle hoort nie hier nie." "Ons bestee te veel geld om hulle hier te hou… ten minste word hulle apart van ons gehou." "Hulle moet hier wegkom." "Hoekom gee hulle nie net pad nie?"

Die rolprent speel in Suid-Afrika af met heelwat Afrikaners in die rol van polisiemanne. Voor die frase, "Hulle is nie mense nie", op die skerm verskyn, mag kykers dalk dink dat Suid-Afrikaners apartheid laat herleef het. Sekere kykers besef dalk nie eens dat "hulle" die buiteaardse wesens is nie, en sou kon dink dat die sinsnede "Hulle is nie mense nie" uitdruk wat blanke Suid-Afrikaners van swartes dink.

Daar bestaan 'n webwerf wat na verskeie ander webwerwe lei, waarvan sommige voorgee dat die verhaal werklik gebeur het. Een webwerf adverteer 'n fiktiewe maatskappy genaamd "Multinational United" wat hoogs besoldigde poste aanbied aan diegene wat met nie-mense moet werk. Dieselfde maatskappy bied ook laag besoldigde betrekkings aan nie-mense wat in nie-menslike slaapkwartiere moet werk of nie-menslike vullis moet verwyder. Werksaanbiedinge aan nie-mense word selfs in 'n kunsmatige taal gemaak wat veronderstel is om die taal van dié buiteaardse spesie te wees.

Dieselfde webwerf bevat 'n lys van regulasies vir nie-mense wat in 'n spesiale gebied bekend as "Distrik 9" – waarvan die rolprent se naam afgelei is – moet woon. Hier volg van die reëls wat hulle moet nakom:

"Nie-mense moet te alle tye hul identifikasie-etikette dra."

"Nie-mense word nie toegelaat om eiendom te besit nie."

"Enige betreding deur ['n nie-mens] is grond vir uitwissing ter plaatse of onbperkte aanhouding."

"Seksuele verhoudings tussen mense en nie-mense word verbied."

"Nie-mense mag nie uit openbare krane drink nie."

"Nie-mense moet badkamergeriewe wat spesifiek vir nie-menslike gebruik opsy gesit is, gebruik."

Image

Daar is ook 'n skakel na 'n valse nuusuitsending wat gemaak is om soos 'n openbare veiligheidsboodskap te lyk wat deur die regering vrygestel is. Die video maan kykers om met die owerheid by 'n 0800-nommer in verbinding te tree indien nie-mense uit Distrik 9 sou ontsnap. Die video sluit af met 'n prentjie van 'n gesonde, normale blanke gesin met die onderskrif, "Ons hou mense veilig deur nie-mense apart te hou."

Die doel van die rolprent is natuurlik om die spot te dryf met blankes wat nie van multikulturalisme of veelrassigheid hou nie. Die vlugtelingwesens is 'n metafoor vir die onwettige immigrante in die Verenigde State, Europa en Suid-Afrika. Ek ken nie die verhaal van die film, wat nog nie vrygestel is nie, maar mense gaan sonder twyfel as xenofobiese chauviniste uitgebeeld word.

Image

Op Facebook is daar 'n "District 9"-groep waar lede oor die vraag kan stem: "Verdien nie-mense gelyke regte?" Ek het "nee" gestem, tesame met 53 persent van die deelnemers op daardie stadium.

District 9 is die tweede rolprent vanjaar wat mense as inherent boos en wesens as goed uitbeeld. 'n Kinderanimasieprent genaamd Battle for Terra, wat in die noordelike halfrond se lente uitgereik is, speel in die toekoms af nadat die mens sy eie planeet deur aardverwarming vernietig het. Die laaste oorblyfsels van planeet aarde val 'n ander planeet binne wat deur aangename, vredeliewende wesens  bewoon word,  met die bedoeling om hulle almal uit te wis en die planeet vir die mens toe te eien. Die mense wat die planetêre volksmoord beplan, is meesal blanke mans en in die lokfilm is dit 'n swartman wat hom teen die verowering uitspreek. Die lokfilm kan hier bekyk word.

In sowel District 9 as Battle for Terra verraai 'n mens sy eie spesie om in die geledere van die arme wesens te veg wat deur blanke mans verdruk word. Hierdie verraad word natuurlik as heroïes voorgestel. Die boodskap kan nie duideliker wees nie: Dit is selfsugtig en wreed om jou grondgebied vir diegene van jou eie soort te wil behou en dit is edel om vir ander plek te maak wat heeltemal van jou verskil.

Kyle Bristow is 'n eerstejaarregstudent, rubriekskrywer vir www.globalpolitician.com en vorige voorsitter van die Michigan-staatsuniversiteit se tak van Young Americans for Freedom.

воронеж пневмоинструментЛобановский Харьков