Orban het migrantekrisis aan EU blootgelê

Hongarye se eerste minister, Viktor Orban, sal na verwagting die migrasiekwessie hoog op die sakelys hou, selfs ná ’n lae stempersentasie tydens die referendum teen die Europese Unie (EU) se vlugtelingkwotas wat hy oorweldigend gewen het.

Sy kritici beweer dat die lae persentasie die stemmery ongeldig gemaak het, maar die verkiesingsuitslae het byna eenparig die regering se standpunt oor migrasie gesteun.

Orban en sy Fidesz-party sal kiesers se afkeur van migrante gebruik om die aandag af te trek van kwessies soos korrupsie en probleme in die gesondheid- en onderwyssektor, het ’n politieke ontleder, Csaba Toth, gesê.

Alhoewel die aantal kiesers wat by die stembus opgedaag het, net minder is as die vereiste 50 persent plus een wat nodig is om die uitslae amptelik te maak, kan die ongewilde Duitse kanselier Angela Merkel en die EU Kommissie nie kiesers se weerstand teen die instroming ontken nie.

Minstens 28 migrante wat die EU wil binnedring, is naby die kus van Libië dood toe ván hulle in ‘n oorlaaide boot versmoor het.

Volgens berigte was daar nagenoeg eenduisend mense op die houtboot.

Migrante spring gereeld oorboord wanneer die Italiaanse kuswag hul vaartuie nader om “gered” te word. Die kuswag word deur wetgewing verplig om reddingsoperasies in die see noord van Libië uit te voer.

Hulle het die week reeds meer as 1800 mense aan die Libiese kus uit die see getrek en na Italië geneem.

Vlugtelinglyke spoel op strand uit

Die lyke van agt vlugtelinge, een van hulle ‘n jong meisie, het by ‘n strand op die Aegeaneiland van Samos uitgespoel.

Volgens beamptes neem hulle aan dat die mense probeer het om die kus van Turkye na Samos oor te steek, toe hul boot in rowwe seetoestande omgeslaan het. Die lykevan ‘n vrou en agtjarige meisie was van die wat gevind is.

Twaalf ander wat op dieselfde boot gereis het, was glo deur ‘n Maltese-vlagskip naby Turkye gesien.

Kuswagte asook ‘n helikopter het ‘n soektog geloods om die 12 vlugtelinge te probeer red.

Die Aegean-see is ‘n gewilde roete vir vlugtelinge wat probeer om toegang tot die Europese Unie te verkry.

как строит баняЛобановский