Onrus breek weer by Medupi uit

Die polisie monitor woedende kontrakwerkers by Eskom se Medupi-kragaanleg op Lephalale in Limpopo. Die werkers het voertuie en toerusting beskadig, vermoedelik omdat hulle hul werk gaan verloor. RSG berig dié werkers doen kontrakwerk vir die maatskappye Murray en Roberts en Grinaker-LTA. Ed Jardim, ‘n woordvoerder van Murray en Roberts, sê die werkers is ontevrede want

Lees verder: Onrus breek weer by Medupi uit

FW kyk deur sy nie-rassige bril na ongelykhede

Die grootste ongelykheidsgaping in Suid-Afrika is nie meer tussen swart en wit nie, maar tussen vakbondlede en gewone werkers aan die een kant en werkloses aan die ander kant, het oudpres. FW de Klerk Donderdag gesê. “Dit is ‘n skeiding wat die kern is van ons uitdaging van ongelykheid,” het De Klerk tydens ‘n gedenkmaal

Lees verder: FW kyk deur sy nie-rassige bril na ongelykhede

Verklaar ‘n noodtoestand!

“Ek verklaar my land as onveilig en dring daarop aan dat die regering ‘n noodtoestand uitroep,” so sê me. Amanda de Lange, streekvoorsitter van die VF Plus aan die Wesrand ná die skietdood van ‘n hoërskool dogter in Krugersdorp. Die Botha-gesin is Woensdagaand by hul huis in Muldersdrift deur drie rowers ingewag. Die jongste dogter,

Lees verder: Verklaar ‘n noodtoestand!

Stellenbosch, die koninkryk van transformasie

Die opskrif van ‘n koerantartikel lui: “‘n Universiteit vir almal” (Die Burger, 5 deser, p 11). Die outeur is Russel Botman, die rektor van die Universiteit Stellenbosch (US). Dit is moontlik dat hy nie vir die opskrif verantwoordelik is nie, maar dit verwoord die kern van sy benadering. Sodra ‘n mens die leerstelling aanvaar dat

Lees verder: Stellenbosch, die koninkryk van transformasie

Brits getref deur jongste plaasmoord

“Dit is met skok en afgryse dat ek vanoggend verneem het van die moord op mnr. Mauritz Oberholzer op sy plaashoewe in Losperfontein, Brits,” het Elsa Lourens, Vryheidsfront Plus-raadslid in die Madibeng-munisipaliteit gesê. Die aanvallers het net na middernag toegeslaan. Mnr. Oberholzer is in die been geskiet, ‘n worsteling het ontstaan waarna mnr. Oberholzer vermoedelik

Lees verder: Brits getref deur jongste plaasmoord

Grondwetlike vorme van Selfbeskikking en Konfederalisme as raamwerk vir territoriale selfbeskikking

Die oogmerk van hierdie analise is om te fokus op verskillende moontlikhede vir die realisering van selfbekikking binne die konteks van die Grondwet van SA 1996. Daar is waarskynlik ook buite-grondwetlike moontlikhede, waarop nie ingegaan word nie. Ander sal dit doen! Tesestelling:                                                                                                                                       As tese word aangebied dat daar verskillende vorme van selfbeskikking  vir taal-, kultuur-

Lees verder: Grondwetlike vorme van Selfbeskikking en Konfederalisme as raamwerk vir territoriale selfbeskikking