President Jacob Zuma het inwoners van Danville, Pretoria-Wes, hul nuwe huise gewys as deel van die uitbreiding van nuwe, lae-koste behuising. Die presidensie het gesê nuwe huise sal aan lae-inkomste swart en wit families oorhandig word om Mandela-dag te vier. Kinders van die Siyabonga Early Learning-sentrum het onder leiding van hul onderwysers oudpres. Nelson Mandela
‘Volksmoord-grappe is snaaks, verkragting-grappe nie’
Twee werknemers van die manstydskrif FHM is geskors nadat hul grappe oor korrektiewe verkragting gemaak het. “FHM is geskok oor die uiters beledigende opmerkings deur twee werknemers op hul privaat Facebook-profiele,” het Brendan Cooper, redakteur van FHM, gesê. “Die inskrywings weerspieël op geen manier FHM se waardes nie. Die opinies is kwetsend, uiters beledigend en
Lees verder: ‘Volksmoord-grappe is snaaks, verkragting-grappe nie’
Mandela-verjaarsdag moet rasse-onmin wêreldwyd besweer
Die Verenigde Nasies neem vandag die voortou om oudpresident Nelson Mandela saam met miljoene Suid-Afrikaners en wêreldburgers met sy 95ste verjaardag geluk te wens. Die wêreldliggaam het in 2009 18 Julie as Internasionale Mandeladag verklaar. Ledestate van die VN sal later vandag hulde aan Mandela bring tydens ‘n spesiale informele sitting van die algemene vergadering
Lees verder: Mandela-verjaarsdag moet rasse-onmin wêreldwyd besweer
Mandela se toestand verbeter ‘dramaties’
Nelson Mandela het “dramatiese vordering” gemaak en mag “binnekort” by die huis wees sê sy dogter Zindzi op die vooraand van sy 95ste verjaardag. “Ek het hom gister besoek en hy was besig om televisie te kyk met oorfone,” het Zindzi Mandela in ‘n onderhoud met Brittanje se Sky TV gesê. “Hy het vir ons
Gewigsverlies goud werd in Doebai
Inwoners wat gewig in Doebai verloor, gaan in goud beloon word as deel van ‘n nuwe inisiatief deur die munisipaliteit om vetsug te bekamp, het ‘n plaaslike koerant Woensdag berig. “Jou gewig in goud” is die titel van die veldtog wat beloof om een gram goud vir elke kilogram wat afgeskud word te betaal, op
ANC verwelkom Modimolle-monster se vonnis
Die regering het die nuus verwelkom dat Johan Kotzé, die sogenaamde Modimolle-monster, twee lewenslange vonnisse in die Pretoriase hooggeregshof opgelê is. Dié naam Modimolle-monster is aan Kotzé gegee deur Beeld wat die nuus van die wit wreedaard deurentyd breedvoerig op die hoofblad gedra het. “Hierdie wrede dade is vernederend, minagtend en het Ina Bonnette se
Nuwe tussentydse regering in Egipte
‘n Nuwe tussentydse regering in Egipte is ingesweer te midde van hernude geweld tussen veiligheidsmagte en ondersteuners van die afgesette president Mohammed Morsi. Sewe mense is in die jongste geweld dood en meer as 400 betogers is in die hoofstad Kairo in hegtenis geneem. Die tussentydse regering staar ‘n reuse uitdaging in die gesig om
SAOG, VSA bekommerd oor Zim-verkiesing
Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se waarnemer-sending in Zimbabwe het dié land gemaan om omstrede kwessies voor die verkiesing op die 31ste van die maand op te los, eerder as om daarmee te wag tot ná die verkiesing. Daar is reeds probleme ervaar toe die polisie en militêre personeel gestem het en talle is nie toegelaat om
Xhosakoning glo woedend oor te min geld
Twee Xhosamans wat skuldig bevind is aan sameswering om provinsiale ANC-leiers te vermoor, word vandag in die Oos-Kaapse hooggeregshof in Mthatha gevonnis. Thembinkosi Mapeyi en Thembile Ceba is twee jaar gelede in hegtenis geneem na ‘n geheime ondersoek deur die polisie. Hulle het saamgesweer om die LUR vir plaaslike regering, Mlibo Qoboshiyane en die provinsiale
SANW ontken berigte dat SA-soldate in DRK-gevegte betrokke is
Die Weermag ontken berigte dat Suid-Afrikaanse soldate betrokke was by gevegte teen die rebelle in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Volgens mediaberigte was soldate wat deel is van die VN-mag betrokke in skermuntselings naby die dorp Goma. Intussen het dit egter aan die lig gekom dat die VN-mag nog nie aktief is in die
Lees verder: SANW ontken berigte dat SA-soldate in DRK-gevegte betrokke is
