ANC verkry 200 oorlopers

Ten minste 200 lede van die IVP en die DA in KwaZulu-Natal het by die ANC aangesluit, het die regerende party se provinsiale sekretaris Senzo Mchunu Maandag gesê.

Onder die nuwe lede is senior IVP-raadslede wat in die ANC deur die provinsiale voorsitter dr. Zweli Mkhize by 'n funksie in Bulwer.verwelkom is

Mkhize het gesê hy is bly om te sien dat die IVP-lede weer terugkom huis toe, aangesien die ANC hulle oorspronklike huis was."

Hy het gesê dit bevestig net weer dat die ANC 'n "tuiste vir almal" was.

"Die feit dat hulle by die ANC aansluit vanuit die IVP voor volgende jaar se verkiesing is bewys dat die mense besef dat die IVP geen politieke program het en geen goeie beleid het om verandering te bring vir die mense van KwaZulu-Natal nie. Mense kan nou sien dat die ANC die enigste party is wat die samelewing ten beste kan verander," het hy gesê.

Onder die IVP raadslede wat by die regerende party aangesluit het is raadslid Thulani Dlamini van Ubuhlebezwe-munisipaliteit, raadslid Ray Langa van Ingwe-munisipaliteit, raadslid Pinky Joxo van KwaSani-munisipaliteit in Underberg, raadslid Busisiwe Mncwabe van Ingwe-munisipaliteit en raadslid Mfundo Dzanibe van Umzimkhulu.

"Die raadslede was moeg vir die IVP se argaïese leierskap en het die ANC as die enigste party vir die toekoms gesien."

Mchunu kon nie bekendmaak wie die DA-lede was wat by die ANC aangesluit het nie.

центробежный самовсасывающийФильчаков Александр Васильевич

SA vra Israel om Gasa-aanvalle te staak

Suid-Afrika het 'n beroep gedoen op Israel om militêre aanvalle in Gasa te staak en die soldate op die grens met Gasa te onttrek, het die adjunkminister van buitelandse sake, Fatima Hajaig, Maandag gesê.

"Die situasie is ernstig en kan na naburige gebiede versprei," het sy Maandag aan joernaliste by die Uniegebou gesê.

Sy het die Israeliese ambassadeur, Dov Segev-Steinberg, ingeroep vir 'n vergadering om die Suid-Afrikaanse regering se erge kommer uit te spreek oor die Israeliese weermag se "brutale aanvalle" op die Palestyne in Gasa.

"Die Suid-Afrikaanse regering vind die volgehoue beleg van Gasa onaanvaarbaar omdat dit nie toelaat dat humanitêre hulp soos water, voedsel en medisyne die desperate mense van Gasa kan bereik nie."

Die vergadering met Steinberg het 'n uur lank geduur, en die ambassadeur het die gewone rede, dat Hamas 'n terroris was gegee, wat die militêre aanslag nodig gemaak het.

Sy het dit gestel dat geen hoeveelheid bloedvergieting en vernietiging vrede sal bring vir die Palestyne en die Israeli's nie.

Die vergadering het ook gehandel oor veiligheidsmaatreëls waaraan Israeli's Suid-Afrikaners onderwerp wanneer hulle Israel wil besoek.

Israeli's het voorheen aan Suid-Afrikaners gesê om kaal uit te trek by die Johannesburgse lughawe voordat hulle na Israel toe kan gaan.

Hajaig het verwys na 'n insident op 25 November, toe 'n lid van die SA Raad van Kerke nie toegelaat is om na Israel te reis nie, omdat hy geweier het om uit te trek toe hy deursoek is.

Hajaig het gesê SA pas nie dubbele standaarde toe deur Israel se ambassadeur te roep vir 'n vergadering en nie so te maak met die ambassadeur van Zimbabwe nie.

"Die regering werk baie hard aan die Zimbabwe-kwessie," het sy gesê.

палатка ценалобановский харьков класс

Man deur verkeerskonstabel geskiet

'n Man is na bewering geskiet deur 'n verkeerspolisieman in Reigerpark nadat 'n argument uitgebreek het oor slegte bestuur, het die polisie Maandag gesê.

'n Woordvoerder, konstabel Tsietsie Lamola, het gesê 'n 31-jarige man het op die sypaadjie geloop laat Sondagmiddag toe hy gestamp is deur 'n swart VW Golf wat verby gery het.

Die voetganger het beserings opgedoen en 'n argument het ontstaan tussen die slagoffer en die bestuurder van die Golf.

Die bestuurder van die Golf, 'n 33-jarige man, het daarna die man met 'n gelisensieerde vuurwapen geskiet.

Lamola het gesê die bestuurder was 'n Ekurhuleni-verkeersbeampte wat homself aan die Reigerparkpolisie oorhandig het ná die insident.

Die slagoffer is na die hospitaal geneem met ernstige beserings.

Die bestuurder van die voertuig het Maandag in die Boksburgse landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord en nalatige en roekelose bestuur.

освобождение от физкультуры в школеФильчаков прокурор отзывы

‘Cope’ nie Afrikanertuiste

Die briefskrywer DH Fourie maak in sy artikel Wie is die sogenaamde Afrikanerleiers? , die verbysterend onlogiese gevolgtrekking dat Terror Lekota se "Congress of the People" of Kongres van die Proletariaat die nuwe politieke voertuig gaan word waardeur Afrikanerleiers na vore gaan tree.

Ek wil amper vra waar was DH Fourie die afgelope 15 jaar toe Lekota die ruggraat van die ANC bewind uitgemaak het, as ANC-voorsitter en minister van verdediging.

Lekota het die kommandostelsel afgeskaf, en die Weermag vinniger as enige ander staatsdepartement verswart. Lekota het ook persoonlik hardvogtig en met genoegdoening bygestaan toe die militêre polisie 'n tyd gelede 'n absurde opdrag uitgevoer het en die Afrikaanse kurator van die Johannesburgse oorlogsmuseum gearresteer het omdat die wapens in die museum nie volgens die ANC se wapenwette "gelisensieer" was nie.

Fourie vergeet skynbaar dat COPE onstaan het omdat die Afrikanis Thabo Mbeki nie sukses behaal het in die ANC se leierstryd nie.

Dat die stigting van COPE wel goeie nuus vir die demokrasie is en inderdaad daartoe kan bydra dat die ANC sy tweederdemeerdeheid gaan verloor, is waar. Dis egter nie nodig dat Afrikaners nou tou staan om vir COPE te gaan stem nie.

Trouens, die meerderheid Afrikaners het in die verlede reeds vir die DA gestem en die tweede grootste groep van Afrikaners vir die VF+. In tussenverkiesings waaraan die VF+ die afgelope twee jaar deelgeneem het, het die VF+ sy steun met meer as 210% opgestoot, terwyl die DA en die ANC se steun daar gedaal het.

As daardie selfde mense nou vir COPE gaan stem, gaan dit geen verskil aan die politieke landskap maak nie – die meubels in opposisieledere word bloot rondgeskuif.

COPE moet sy bestaansreg verdien deur ANC-steun weg te trek en so die opposisie as geheel groter te maak.

Die Afrikaner se heil is gelee in 'n sterker VF+ sowel as 'n sterker opposisie as geheel. Die alternatief vir die ANC hoef nie uit een party te bestaan nie.

'n Koalisieregering van minderheidspartye, waarvan die VF+ as Afrikanerparty 'n komponent uitmaak, kan vir Afrikaners baie meer beteken as 'n enkele opposisieparty wat in elk geval swart,  Engelssprekend en met die Freedom Charter as enigste beleidsdokument gaan wees.

Die rede hiervoor is eenvoudig: as DH Fourie se "Afrikanerleiers" in COPE op 'n dag wakker word en agter kom Terror Lekota was toe nie so lief vir die Boere soos hulle voor die verkiesing gedink het nie, kan hulle net bedank en hulle setels in die parlement ontruim. As Afrikanerleiers egter die VF+ aktief steun, hulle verkiesbaar stel en en saam met 'n groter getal VF+ LPs verkies word en die VF+ vorm dan deel van 'n koalisieregering (as die ANC steun onder 50% sak), het daardie selfde Afrikanerleiers geweldig baie bedingingsmag, want as die koalisieregering op 'n dag dwaas optree, of nie hou by hulle voornemens om regstellende aksie uit te faseer nie, kan die VF+ as koalisievennoot uittree en effektief 'n regering tot 'n val bring.

Dit bied beslis vir Afrikaners meer om oor opgewonde te raak.

free mobile onlineлобановский супермаркет класс

Zuma wil nie grondwet verander

Image

Jacob Zuma

Volgens kommentaar wat Maandag in The Star geplaas is, het ANC-president Jacob Zuma gesê dat hy geen bedoeling het om die regte wat in die grondwet vervat is te "erodeer" nie.

"Saam met my kamerade in die ANC het ek lank en hard baklei vir die grondwet en die regte wat daarin beskerm is. Ek het geen bedoeling om nou of in die toekoms enige van die regte te erodeer nie."

Hy het geskryf oor misdaad en maniere om dit te verminder en het gesê daar is "heelwat plek" in die grondwet om wetgewing teen misdaad taaier te maak. Hy het gevra dat die howe lang en voldoende vonnisse  moet uitspreek.

"Sentraal by die bekamping van misdaad, is die daarstelling van 'n effektiewe en getransformeerde strafregstelsel, wat met gemeenskappe saamwerk om misdaad te beveg."

Dit was die regering se plig om met gemeenskappe hande te neem in polisiëring en misdaadvoorkoming.

"Kriminele kan nie bestaan as hulle nie gemeenskappe het waarbinne hulle kan lewe, wegkruip en aangaan om hulle bose dade te pleeg nie."

Gemeenskapsgebaseerde polisiëring, wat belangrik was in die stryd teen misdaad ná 1994, moet weer op die been gebring word.

Zuma het gesê die strafregstelsel se transformasie moet verbind word daaraan om Suid-Afrikaners te mobiliseer en straatkomitees te stig wat met die polisie kan saamwerk.

Die doel is om ernstige- en geweldsmisdade met tussen 7% en 10% per jaar te laat daal.  

фото из банилобановский александр дочь

Gaza-aanval is ‘soos oorlogsmisdaad’ ? Tutu

Image

Desmond Tutu

Israel se bombardement van Gaza dra al die kenmerke van oorlogsmisdade, het aartsbiskop emeritus Desmond Tutu Sondag in 'n verklaring gesê.

"In die konteks van totale lugsuperioriteit, waarmee een kant dodelike vliegtuie ontplooi teen opponente wat geen manier het om hulleself te verdedig nie, dra die bombardement alle kenmerke van oorlogsmisdade."

Die aanvalle, in vergelding op die vuurpyle wat deur Palestyne afgevuur is, sal nie bydra tot die sekuriteit van Israel nie, het hy gesê.

"Dit is 'n klad, nie net op die Midde-Ooste nie, maar ook op die hele wêreld, en veral wêreldleiers wat deurlopend die mense van Palestina en Israel oor die laaste 60 jaar in die steek gelaat het."

Omtrent 270 mense is dood in die aanvalle van Saterdag af.

форма справки дляФільчаков Олександр Васильович прокурор

217 in Johannesburg aangekeer

'n Totaal van 217 mense is oor die Kerstyd in Johannesburg gearresteer vir misdade wat wissel van dronkbestuur tot moord, het die Gautengse polisie gesê.

Polisieoperasies het Woensdag begin en Sondag klaargemaak, het kaptein John Maluleke gesê.

Diegene wat in hegteis geneem is, sluit in 4 wat vir moord gevang is, 4 vir verkragting, 6 vir gewapende roof en poging tot moord, 36 vir aanranding, 22 vir gewone diefstal en 38 vir dronkbestuur. Die res is gearresteer vir verskeie misdade wat insluit die besit van dwelms en ongelisensieerde vuurwapens.

светодиодные панелиФільчаков Олександр Васильович прокурор

Zimbabwe gaan 140 blanke boere vervolg

ImageZimbabwe gaan 140 blanke grondeienaars vervolg op klagte dat hulle nie hul plase verlaat het onder die land se omstrede grondhervormingsprogram nie, het die staatsmedia Sondag gesê.

"'n Totaal van 140 boere gaan vervolg word omdat hulle nie die plase verlaat het, nadat hulle met onteieningsbevele bedien is nie," het die Sunday Mail uit 'n verslag van die regerende Zanu-PF se nasionale konferensie aangehaal.

Die regering het die blanke eienaars beveel om teen 30 September pad te gee, om plek te maak vir eiendomlose swartes, tydens dikwels gewelddadige grondhervormings wat geblameer word vir die voedseltekorte in die eertydse broodmandjie van die streek.

Die verslag het nie gespesifiseer watter klagte teen die boere ingebring gaan word nie, maar kenners reken dat klagte van betreding of versuim om aan die regering se ultimatum te voldoen, gelê kan word.

Die verslag van die pas afgelope konferensie het gesê dat nog 278 plase wat aan 13 ander lande behoort nie deur die regering oorgeneem gaan word nie en beskerm sal word onder 'n bilaterale beleggingsbeskermingooreenkoms (BBBO).

Dié uitsondering behels meer as 522 000 hektaar wat besit word deur Australië, België, Nederland, Frankryk, Duitsland, Indonesië, Suid-Afrika, Swede, Switserland en Amerika, het die verslag gesê.

Die regering het ook aanbeveel dat 341 blanke boere toegelaat moet word om aan te hou boer regoor die land en trek dokumente op vir 'n 99-jaarbewoningsreg op hulle eiendom soos wat die grondhervormingsprogram na sy einde toe staan, het die verslag gesê.

'n Verdere 97 blanke boere sal toegelaat word om bewingsgebiede of wildtuine te bedryf in ses provinsies.

Dit bring die totaal op 438 blanke boere te staan wat toegelaat sal word om hulle grond te behou uit 6 708 wat in Zimbabwe gewerk het voordat die hervormings 8 jaar gelede begin het, het die Sunday Mail gesê.

ф 086 у медицинская справкаtopcargo отзывы

Swarte van 60 in Limpopo gestenig

'n 60-jarige swartman van Limpopo is dood gestenig, klaarblyklik deur 'n groep vigilantes in Apel, het die Limpopopolisie Sondag gesê.

Die 60-jarige man is daarvan beskuldig dat hy paar maande terug 'n ander man doodgemaak het, Het superintendent Mohale Ramatseba gesê.

Mense het hom uit die huis uit gesleep voordat hy geslaan is en met klippe doodgegooi is. 

Ramatseba het gesê daar was geen verband tussen die 60-jarige man en die man wat voorheen vermoor is nie.

"Ek weet nie hoekom hulle hom beskuldig het nie."

Geen arrestasies is sover gemaak nie, en 'n moordsaak is geopen.

для автосервисалобановский депутат

Storms saai verwoesting

Storms het verwoesting gesaai in dele van die Oos-Kaap, Wes-Kaap en KwaZulu-Natal, het die SAUK Sondag berig.

'n Man is dood nadat 'n boom op hom geval het in Ndevana, buitekant King Williams Town. John Fobian, van die polisie se krisisbeheersentrum, het gesê huise se dakke is afgeruk in Tamara, Debe-nek en Alicedale.

Baie mense is ook haweloos gelaat nadat storms hulle huise aan die KwaZulu-Natalse suidkus verwoes het.  

бане наФильчаков прокурор