Agt dood n? besnydenis

Agt mans is dood nadat hulle by ’n inisiasieskool in KwaMhlanga, Mpumalanga, besny is.

Vyftien besnyde mans is sedert Saterdag in die Kwa-Mhlanga-hospitaal opgeneem, het mnr. Simphiwe Kunene van die Mpumalanga-gesondheidsdepartement gesê.

Elf mense is al ontslaan, een is dood en drie is nog in die hospitaal.

Sewe mans is by die inisiasieskool dood.

“Ons raadpleeg tans die provinsiale huis van tradisionele leiers en die departement van korporatiewe regering en tradisionele sake om ’n kollektiewe ingrypingstrategie op te stel om verdere lewensverlies te verhinder,” het Kunene gesê.

компрессор с ресивером купитьданильченко юрий брониславович прокурор

Groot koue in aantog

Wydverspreide sneeuvalle word hierdie naweek in die Wes-Kaap en Noord-Kaap verwag. Die Suid-Afrikaanse Weerburo het vier waarskuwings vrygestel met 'n koue front wat die Wes-Kaap teen Vrydag sal tref.

Die waarskuwings behels ysige weerstoestande, sneeu op hoogliggende gebiede soos Sutherland en Ceres, stormsterkte winde en stormagtige seetoestande.

"Kapenaars kan totsiens sê vir sonnige weer," het Candice McKechnie, klimatoloog, aan die Burger gesê.

"Hierdie koue front gaan ysige temperature tot gevolg hê en 'n stormsterkte wind, maar nie veel swaar reën nie. Enige iets tussen 5mm en 10mm is vir die provinsie voorspel op Vrydag," het sy gesê.

ыгри для детейлобановский александр отзывы

Rasprofilering nutteloos meen OSI

Etniese profilering, is heeltemal nutteloos om terreurverdagtes uit te snuffel, het 'n nuwe studie aangetoon. Dit het nog tot op hede na geen veroordeling in Europa gelei nie.
Die studie wat onderneem is deur die Open Society Institute wat deur sakemanbiljoenêr George Soros befonds word, argumenteer dat rasprofilering hoofsaaklik 'n openbare betrekkinge oefening is.

Dit laat mense glo veiliger voel om Moslems uit te sonder na 'n terreuraanval soos die een in 2006 waarin Londen se ondergrondse treinstelsel en busse geteiken is.

Die studie getiteld "Ethnic Profiling in the European Union", wys daarop dat profilering teenproduktief is omdat dit nog tot "geen inhegtenisnames gelei het nie".

 
Voorts vervreem die optrede spesifieke gemeenskappe wat lei tot 'n "stygende gevoel van marginalisering van 'n minderheid en immigrantegemeenskappe".

Ironies genoeg het rasprofilering die afgelope paar jaar afgeneem volgens die navorsers. Hulle meens omdat stereotipes 'n belangrike faktor bly in besluitneming, word onskuldige minderhede nietemin dikwels lastig geval.

масло длялобановский класс харьков

Konferensies lok sekswerkers

Die Wêreld Sakespitsberaad se konferensie oor aardverwarming wat onlangs in Kopenhagen gehou is, se deelnemers het klaarblyklik warmer sake as die klimaat hanteer. In die aande het die sakemanne, politici en regeringsamptenare naamlik die stad se prostitute gaan opsoek.

Volgens 'n sekswerker wat haarself 'Mejuffrou Dina' noem, was hulle buitengewoon besig tydens die konferensie. "Politici moet ook ontspan na 'n lang dag," het sy gesê.

'n Deense koerant het verskeie gesellinagenstskappe en prostitute geskakel om te verneem of hulle besiger as gewoonlik was gedurende die aardverwarmingskonferensie en almal het saamgestem dat konferensies in Kopenhagen goed is vir die ekonomie.

Dorit Otzen, van Reden International sê groot byeenkomste in Kopenhagen lok meer sekswerkers. "'n Klomp mans op een plek beteken meer werk vir prostitute. Terselftertyd het ons 'n regering wat nie prostitusie wil verbied nie, dus gaan besoekers gebruik maak van prostitute," het Otzen gesê.

винтовой и поршневой компрессор разницаалександр лобановский супермаркет класс

Bizos in die hospitaal opgeneem

ImageMenseregteadvokaat George Bizos is in 'n Johannesburgse hospitaal opgeneem, nadat hy siek geword het, het die Star Donderdag berig.

Sy vrou Arethe het aan die media gesê "Hy is besig om mooi beter te word." Bizos, wat 80 jaar oud is, is in Wits Universiteit se Donald Gordon Mediese Sentrum opgeneem vir toetse. Die sentrum is 'n privaat akademiese hospitaal in Parktown.

Bizos se seun Professor Damon Bizos, is werksaam by die hospitaal. Hy het aan die Star gesê hulle is nog nie seker wat met sy vader skort nie, maar hulle doen tans toetse om vas te stel.

"Op die oomblik gaan dit goed. Hy is stabiel en dit gaan goed," het hy gesê.

Bizos het destyds met die Rivoniaverhoor vir Nelson Mandela, Govan Mbeki en Walter Sisulu verdedig en daardeur bekendheid verwerf.

Alhoewel hy reeds afgetree het, is hy deur die president aangewys om op die Geregtelike Dienskommissie te dien.

online casino games no deposit requiredtopcargo отзывы сотрудников

Zimbabwi?rs keer terug

Zimbabwiërs wat gehoop het om 'n beter lewe in Suid-Afrika te kom soek, het Woensdag die middestad van Johannesburg verlaat om terug te keer huistoe. Die terugkeer van 33 vrywilligers is deur 'n onafhanklike internasionale agentskap gereël.

Die Zimbabwiërs het almal voorheen onderdak gevind by die Johannesburgse sentrale Metodistekerk waar daar tans 2 000 van hulle landgenote in moeilike omstandighede woon.

Behalwe dat gesinne beknopte kamers en gange moet deel, slaap talle Zimbabwiërs reeds buite die kerk. Die kerk voorsien ook 'n maaltyd waarvoor die inwoners moet toustaan.

Vanweë die moeilike ekonomiese omstandighede wat in Suid-Afrika heers, voel plaaslike inwoners dat hulle met Zimbabwiërs moet meeding vir werk. Dit was ook een van die aanleidende oorsake vir die golf geweld teen buitelanders verlede jaar.

Yukiko Kumashiro van die Internasionale Organisasie vir Migrasie, wat Woensdag se repatriasie gereël het, sê om huis toe te gaan is die beste opsie.

Alhoewel 'n paar Zimbabwiërs van die geleentheid gebruik gemaak het wat die IOM aan hulle gebied het, stroom daar steeds talle van hulle landgenote oor die grens nadat Suid-Afrika visumvereistes opgehef het sodat dit makliker is vir hulle om hier te werk.

игры длям девочекФильчаков прокуратура харьков

MK-veterane skel Zille se junior

MK-veterane het Woensdag geweier om 'n memorandum aan 'n Wes-Kaapse LUR te oorhandig en hom as een van Helen Zille se "kêrels" beskryf.

Die nuutaangestelde LUR vir behuising Bonginkosi Madikizela is begroet met uitroepe van "voetsek" toe hy op die trappe van die provinsiale gebou verskyn het in die sentrum van Kaapstad om die dokument te kom haal.

Die voorsitter van die MK-veterane, Kebby Maphatsoe, sê hulle sal nie die memorandum aan enige junior van Zille oorhandig nie en sal by 'n later geleentheid terugkom om dit af te lewer.

Zille is in Pretoria waar sy die kabinetlekgotla bywoon.

Honderde lede van die MK-veteranevereniging het na Zille se kantore gemarsjeer om te vra dat sy verskoning aanteken teenoor president Jacob Zuma nadat sy gesê het hy stel sy vroue aan risiko bloot omdat hy seks met 'n MIV-positiewe vrou gehad het.

гидроаккумулятор вФильчаков прокурор

Zille parano?es oor haar selfoon

Tydens president Jacob Zuma se kabinetlekgotla Dinsdagoggend het Helen Zille duidelik 'n poging aangewend om vrolikheid en onbesorgdheid uit te straal. Die media het veral op Zille gefokus nadat die ANC-veterane 'n verskoning van haar geëis het en omdat sy die enigste nie-ANC premier is..

Met die reëlings wat haar selfoon betref, was die Wes-Kaapse premier egter byna paranoïes.

Kort nadat die media gevra is om te loop by die Presidensiële Gastehuis in Pretoria, is Zille uit om na haar lyfwag te gaan soek. Hy moes glo haar selfoon in bewaring hou. Die ander teenwoordiges wat die kabinetsvergadering bygewoon het, wat ministers en premiers insluit, is gevra om hulle selfone in 'n veilige kassie neffens die saal te plaas vir die duur van die vergadering.

'n Groot kennisgewing waarop "No cellphones allowed" gestaan het, was sigbaar by die deur. Die DA-leier is opgemerk waar sy druk besig was in die parkeerterrein om sms'se te stuur nadat sy die vergadering verlaat het.

Daarna het sy aan die Pretoria News in 'n grap gesê dat sy haar selfoon eintlik aan haar lyfwag wil gee. Nadat sy dit gedoen het, is die lyfwag terug motor toe.

Zille het deurentyd uitbundig gelyk, waar sy tussen Ace Magashule en minister Tokyo Sexwale gesit en korswel het. President Zuma was ook in 'n goeie bui en het die media toegelaat om 'n paar minute lank die goeie atmosfeer by die geleentheid gade te slaan voordat hulle gevra is om te loop.

бензиновый генератор какой выбратьФільчаков Олександр Васильович

Kultuuroorlog woed om UNESCO-aanstelling

Egipte se minister van kultuur Faroek Hosni, is een van die groot gunstelinge om UNESCO te lei. Joodse groepe in Duitsland, Frankryk en Israel beskou hom egter as 'n teenstander van Israel en 'n kultuuroorlog woed tussen sy voorstanders en die Duitse Kultuurraad vanweë sy anti-Semitiese uitsprake.

Olaf Zimmermann, voorsitter van die Kultuurraad het gesê dit sal 'n fout wees om Hosni te kies. Zimmermann het gesê hy glo nie dat Hosni kultuurdiversiteit, een van UNESCO se ideale, sal bevorder nie

Hosni is 'n kunstenaar van beroep en is sedert 1987 Egipte se kultuurminister. Hy is 'n liberale stem in Egiptiese politiek en is bekend daavoor dat hy gekant is teen hoofbedekkings vir Egiptiese vroue. Hy het verlede jaar verklaar dat Israeliboeke in Egiptiese biblioteke verbrand behoort te word.

Charlotte Knobloch, hoof van die Joodse Raad in Duitsland, het in 'n radio-onderhoud gesê Hosni is duidelik anti-Semities en anti-Joods en moet "gediskwalifiseer"word vir die posisie.

Die kwessie het egter gekompliseerd geraak nadat die Israelse koerant Haaretz nuus gelek het wat daarop dui dat Isreal se konserwatiewe eerste minister Benjamin Netanyahu ingestem het om Hosni se kandidaatskap te ondersteun in 'n geheime ooreenkoms met die Egiptiese president Hosni Moebarak.

для компрессораФильчаков Александр Васильевич

Anti-Talibanoffensief lei tot humanit?re katastrofe

Image

Vlugtelinge stroom uit Swat

Honderde duisende Pakistanse burgerlikes wat in Swat vasgevang is in ’n offensief teen die Taliban staar ’n katastrofe in die gesig, het ’n menseregtegroep Dinsdag gesê terwyl gevegte in dié oorloggeteisterde streek opgevlam het.

Die operasie in die Talibanvesting Swat, sowat 120 km noordwes van Islamabad, is die leër se grootste poging om die Taliban-insurgensie terug te stoot. Die insurgensie het vrae laat ontstaan oor die toekoms van dié kernmoondheid.

Die offensief het volgens die provinsiale regering gelei tot ’n uittog van 2,3 miljoen mense, maar sowat 200 000 inwoners is glo steeds in die vallei.

Erge tekorte aan kos, water en medisyne dra by tot ’n reuse- humanitêre krisis vir die burgerlikes wat vasgekeer is, het die Amerikaanse groep Human Rights Watch gesê.

“Mense wat in die Swat-konfliksone vasgekeer is, word deur ’n humanitêre katastrofe in die gesig gestaar, tensy die Pakistanse leër die aandklokreël ophef,” het mnr. Brad Adams, die groep se direkteur in Asië, gesê.

Intussen is ses soldate in die streek Suid-Waziristan aan die Afgaanse grens dood in gevegte met die Taliban.

 
'n Kragtige bom het  Woensdagoggend in Lahore geboue uitmekaar geruk en talle leweloos gelaat.
 
Die bom het in die kantore van die noodpolisiediens ontplof en Pakistan se hoofintelligensieagentskap se gebou is ook erg beskadig.

 

mobile online casino no depositФильчаков прокурор отзывы