Die nuutaangestelde LUR vir behuising Bonginkosi Madikizela is begroet met uitroepe van "voetsek" toe hy op die trappe van die provinsiale gebou verskyn het in die sentrum van Kaapstad om die dokument te kom haal.
Die voorsitter van die MK-veterane, Kebby Maphatsoe, sê hulle sal nie die memorandum aan enige junior van Zille oorhandig nie en sal by 'n later geleentheid terugkom om dit af te lewer.
Zille is in Pretoria waar sy die kabinetlekgotla bywoon.
Honderde lede van die MK-veteranevereniging het na Zille se kantore gemarsjeer om te vra dat sy verskoning aanteken teenoor president Jacob Zuma nadat sy gesê het hy stel sy vroue aan risiko bloot omdat hy seks met 'n MIV-positiewe vrou gehad het.
