Bizos in die hospitaal opgeneem

ImageMenseregteadvokaat George Bizos is in 'n Johannesburgse hospitaal opgeneem, nadat hy siek geword het, het die Star Donderdag berig.

Sy vrou Arethe het aan die media gesê "Hy is besig om mooi beter te word." Bizos, wat 80 jaar oud is, is in Wits Universiteit se Donald Gordon Mediese Sentrum opgeneem vir toetse. Die sentrum is 'n privaat akademiese hospitaal in Parktown.

Bizos se seun Professor Damon Bizos, is werksaam by die hospitaal. Hy het aan die Star gesê hulle is nog nie seker wat met sy vader skort nie, maar hulle doen tans toetse om vas te stel.

"Op die oomblik gaan dit goed. Hy is stabiel en dit gaan goed," het hy gesê.

Bizos het destyds met die Rivoniaverhoor vir Nelson Mandela, Govan Mbeki en Walter Sisulu verdedig en daardeur bekendheid verwerf.

Alhoewel hy reeds afgetree het, is hy deur die president aangewys om op die Geregtelike Dienskommissie te dien.

online casino games no deposit requiredtopcargo отзывы сотрудников

Maak 'n opvolg-bydrae