Handelsnaamsportskoene in tronke verbied

Spoggerige sportskoene word nou onwettig verklaar in New York se tronke het owerhede Maandag gesê. Dit is in 'n poging om konflik tussen modebewuste tronkvoëls stop te sit.

Die departement van korrektiewe dienste het sportskoene verban en gevangenes met skoene uitgereik wat $2 per paar kos, het die Daily News berig.

"Dit is nog 'n stap om geweld onder gevangenes te beheer, veral die tieners wat in gevegte betrokke raak oor handelsnaamsportskoene," het woordvoerder Stephen Morello gesê.

Gevangenes in New York se tronke dra eerder hulle eie klere as die uniforms wat uitgereik word.

casino on the netлобановский александр игоревич

Vals noot lei polisie na koka?nevonds

Toe 'n vleuelklavier 'n vals noot gespeel het, het dwelmbeamptes in Cartagena die klavier oopgemaak en sowat 250 kilogram kokaïne daarin gevind.

Die klavier was deel van 'n besending huishoudelike items wat van Bogotá af bestem was vir Panama, het polisie Maandag in 'n verklaring gesê.

Owerhede is besig met 'n ondersoek, maar sover is geen arrestasie gemaak nie. Die dwelms het 'n waarde van sowat 35 miljoen rand.

Die verklaring het gesê dat agente in Cartagena agtergekom het dat die klavier buitengewoon swaar was en het 'n paar sleutels gespeel, waarna hulle gevind het die klank is effens vreemd. Die kokaïne is gevind in die oop spasies tussen die snare.

Colombia produseer amper 90% van die kokaïne wat in Amerika gebruik word, waarvan die meeste deur Meksiko en sentraal-Amerika vervoer word.

для пускоАлександр Фильчаков

Switserland se bekommernisse neem toe

ImageSelfs Switserland begin wonder of hy immuun is teen die kragte wat Ysland teister.

Die onstuimigheid tans in Ysland — die Internasionale Monetêre Fonds het gesê die ekonomie daar kan dalk volgende jaar met 10% kan afneem — rig 'n baie duidelike waarskuwing aan die onafhanklike Switsers. Hoewel hulle in 'n baie beter toestand is, word hulle posisie as bewakers van die wêreld se rykdomme nou bedreig deur die globale ekonomiese krisis.

Terwyl die Switserse markte beter gedoen het as die Nasdaq saamgestelde indeks die jaar, het hulle steeds 31% van hulle waarde verloor. UBS, die top Switserse bank het die grootste verliese gelei in Europa in die krediet krisis, wat die regering en die sentrale bank gedwing het om met 'n hulppakket van $59 miljard te voorskyn te kom.

Die Switserse Frank het waarde verloor teen die dollar. En die banke se geheimhoudingsreëls wat buitelandse geld na Switserland trek kry nou meer teenkanting as ooit tevore.

Stadig begin die probleme in Zürich oor die land versprei en dit vererger vrese dat die land ook beheer oor sy banke kan verloor.

Die grootste bedreiging is dalk die reeks ondersoeke in Amerika wat die Switserse tradisie van geheimhouding by die banke bedreig.

Terwyl druk toeneem is daar nou een van twee keuses vir dié land. Een is om na binne te kyk , wat 'n versoeking is vir 'n land wat eers in 2002 by die VN aangesluit het, en die tweede keuse is om by die Europese Unie aan te sluit.  

play poker online free without registrationДанильченко Юрий прокурор

Regter maak ‘n voorbeeld van eremoordenaar

'n Regter in Jordanië het 'n Jordaniese man tot sewe en 'n half jaar gevonnis vir 'n sogenaamde eremoord, nadat die man sy 16 jarige suster verwurg het.

Die hof het gesê dat die man aan die polisie erken het, en dat hy bygevoeg het dat hy geensins berou het nadat hy sy suster vermoor het om die familie se eer te herstel nie.

Dit word as 'n swaar vonnis beskou. Sulke misdade dra gewoonlik 'n ses maande vonnis in Jordanië waar die konserwatiewe gemeenskap sulke eremisdade verdra.

Die hof het oorspronklik die man Maandag tot 10 jaar tronkstraf gevonnis, maar die vonnis verminder omdat hy geen vorige kriminele rekord gehad het nie.

'n Gemiddeld van 20 Jordaniese vroue word elke jaar in sulke eremoorde deur manlike familielede om die lewe gebring.

домаФильчаков прокуратура харьков

‘Nuwe soort rassisme’ in Britse skole

Onderwysligadata wat wys dat Sjinese kinders die slimkoppe is en Afro-Karibiese kinders die is wat druip, blaas nuwe soort rassisme in skole aan, het 'n akademikus gesê.

Heidi Safia Mizra, van die onderwysinstituut, het gewaarsku dat onderwysers die prestasie van swart kinders onbewustelik kan terughou deur hulle akademiese prestasies as te gering te skat.

Soortgelyk word Sjinese kinders, wat meestal baie beter presteer as al die ander etniese groepe, se akademiese horisonne teruggehou en word hulle ontmoedig om in die kunste en menslike wetenskappe te gaan studeer, omdat onderwysers aanneem dat hulle net goed is met wiskunde en verwante vakke.

In 'n praatjie in Londen vandag, sal professor Mirza argumenteer dat die burokratiese obsessie met onderwysliga ata 'n konstante sorteerproses tot gevolg het, wat leerlinge in sekere kategorieë en hokkies plaas volgens waargeneemde vermoëns.
 
Professor Mirza se kommentaar volg op navorsing van Steve Strand van Warwick Universiteit, wat dit stel dat blanke studente meer waarskynlik ingeskryf sal word vir die top wiskunde en wetenskapeksamens as hulle swart klasmaats.

купить диагностику для автоЛобановский Харьков

Duitse generaal praat uit oor Afghanistan

In 'n breek met die militêre beleid van stilswye oor beleid, het 'n top Duitse generaal sy land se pogings in Afghanistan as 'n mislukking afgemaak, en hy het die swak rekord in die opleiding van Afghaanse polisie en toekenning van ontwikkelingshulp uitgesonder.

Die kommentaar kom van Generaal Hans-Christoph Ammon, hoof van die weermag se spesiale kommando-eenheid, die KSK, wie se offisiere in Afghanistan veg langs Amerikaanse magte teen die Taliban en Al Kaida.

Duitsland was verantwoordelik vir die opleiding van die Afghaanse polisie, maar die Duitse minister van binnelandse sake, Wolfgang Schauble, het herhaaldelik onder kritieke van Amerika en ander bondgenote deurgeloop omdat hy te min spesialiste en nietoepaslike opleiding gegee het.

Die opleidingskema was 'n totale mislukking, het Ammon aan DPA, die Duitse Pers Agentskap gesê, nadat hy verlede week Duitsland se rekord aan 'n reservistevereniging beskryf het. Die regering het 'n skrale 12 miljoen euro voorsien vir opleiding van die polisie en weermag in Afghanistan, terwyl Amerika reeds meer as $1 miljard gegee het, het hy gesê.

"Teen die tempo sal dit 82 jaar neem om 'n behoorlik opgeleide polisiemag te hê," het hy gesê. Wat nog meer skadelik is vir Duitsland se reputasie, het Ammon gesê, was dat die polisieopleidingsending so rampspoedig was dat die EU en Amerika dit oorgeneem het.

баня хамамДанильченко Юрий отзывы

DNS toetse kan dalk antwoorde gee oor atletiese vermo

ImageIn sportgeoriënteerde Boulder, Colorado, speel Atlas Sports Genetics nou ook 'n rol in die obsessie van die ouers, deur 'n $149 toets aan te bied wat hoop om 'n kind se sportvermoë en atletiese sterkpunte te voorspel. Die toets is eenvoudig, neem 'n monster aan die binnekant van die wang en langs die tandvleis en stuur dit na 'n laboratorium vir analise van die ACTN3, een geen uit die meer as 20 000 menslike genoom.

Die toets se doel is om te bepaal of 'n persoon beter sal doen met spoedsportsoorte soos naellope of voetbal, of eerder uithousporte soos langafstande, of 'n kombinasie van die twee. 'n 2003 Studie het die skakel tussen ACTN3 en dié atletiese vermoëns gevind.

In die era van geneties toetse, word DNS geanaliseer om die geneigdheid tot siekte te bepaal, maar kenners is skepties oor die bemarking daarvan as die eerste stap om 'n kind se sportvermoë en sportkeuse te bepaal, wat volgens sommige ouers die manier is om 'n sportbeurs te kry of 'n loopbaan as professionele atleet te volg.

Atlas se uitvoerende beamptes het wel erken dat daar perke is, maar sê dat dit riglyne kan gee om kinders in tot 8 sportsoorte te kan plaas.

Die studie wat die verband tussen ACTN3 en eersteklas sportprestasie gevind het, is in 2003 gepubliseer, deur navorsers wat hoofsaaklik in Australië woon.

Sommige atlete bewys steeds die wetenskap en hulle genetika verkeerd. Navorsing op 'n olimpiese verspringer van Spanje het getoon dat hy geen weergawe van die R-variant gehad het nie. Dit het getoon dat nie net genetika nie, maar ook faktore soos omgewing, werksetiek en soms geluk invloede uitoefen in atletiese prestasie.

gambling slot gamesДанильченко Харьков

Groot verandering kom in Amerika se buitelandse beleid

Wanneer verkose president Barack Obama Maandag sy nasionale sekuriteitspan bekend maak, gaan dit senator Hillary Clinton insluit, generaal James Jones, die voormalige NAVO-bevelvoerder, en Robert Gates, die huidige en toekomstige minister van verdediging. Hulle is gekies omdat hulle grootliks die aanpassing van die hulpbronne vir die land se verdediging ondersteun.

Die veranderinge, wat hoofsaaklik uit die reuse militêre begroting betaal sal word, sal 'n uitgebreide korps van diplomate en hulpwerkers daarstel, wat die Obama-administrasie se visie sal uitdra regoor die wêreld om konflikte op te los en gefaalde state weer te help opbou.

Of hulle verskil sal kan maak "sal die groot buitelandse beleidseksperiment van die Obamapresidentstermyn wees," het een van sy adviseurs gesê.

'n Jaar terug het Gates begin om praat oor die beperking van magte in oorloë waar geen oorwinning moontlik is nie. Hy het die statistiek wat deur Obama gebruik is, gewild gemaak, naamlik dat Amerika meer militêre orkeste het as dienende offisiere in die buiteland.

Hy het erken dat Amerika deels sy vermoë om teen 'n vyand op te staan, om hulp te verleen en te kommunikeer met ander dele van die wêreld, die "sagte mag" wat so belangrik was in die Koue Oorlog, ingeboet het. Hy het beide die Clinton en Bush administrasies blameer en in 'n onderhoud gesê "dit is amper asof ons alles vergeet het wat ons in Viëtnam geleer  het."

Obama se keuse vir nasionale sekuriteitsadviseur, Jones, het voor die verkiesing gesê, "moenie 'n fout maak nie, NAVO wen nie in Afganistan nie."

Hy het voortgegaan en beskryf waarom Amerika en sy bondgenote nie wen nie. Na byna sewe jaar se oorlog het hulle nie daarin geslaag om strategieë te ontwikkel wat op betroubare wyse ontwikkelingsprojekte daarstel waar die Taliban verdryf is nie, wat elke oorwinning 'n tydelike een maak, wat omgekeer word so gou as wat die soldate daar onttrek word.

Verskeie kere in sy bewind het president George W. Bush belowe om daardie beleid te verander, selfs om 'n burgerkorps van nasiebouers daar te stel onder die toesig van die staatsdepartemente, maar die administrasie het nooit werklik moeite gedoen om die plan in aksie te stel met die nodige personeel en fondse nie. Indien Obama en sy span dit kan regkry om so verandering in plek te kry, sal dit een van die belangrikste veranderinge wees in die nasionale sekuriteitsbeleid in dekades, en Clinton se magte as minister van buitelandse sake aansienlik verhoog.

Obama het belowe om 'n diplomatieke poging aan te wend wat veel wyer is as net Afghanistan. In Oktober 2007 het hy beloof om diplomasie 'n hoë prioriteit te maak. "In pleks daarvan om ons konsulaatgeboue agter hortjies toe te maak, moet ons aanhou om hulle oop te maak in die harde, hopelose dele van die wêreld," het hy gesê.

Gedurende die veldtog het Obama beloof om Amerikaanse hulp te verdubbel, tot $50 miljard teen 2012. In onlangse maande het hy egter daardie tydskedule verleng, en die blaam daarvoor op die ekonomiese krisis  geplaas.    

розетка коляскиДанильченко

Dodetal styg tot oor 300 in Nigeriese sektariese geweld

Image

Geweld in Nigeri?

09:12:34 Bendes het huise, kerke en moskees afgebrand in die tweede dag van opstande en die dodetal het tot meer as 300 geklim in die ergste sektariese geweld oor baie jare in die Afrikaland met die grootste bevolking.

Sheikh Khalid Abubakar, die imam by die stad se hoofmoskee, het gesê dat meer as 300 liggame Saterdag na die moskee gebring is en 183 liggame was nog naby die gebou sigbaar, waar hulle gewag het om begrawe te word.

Dié wat in die Christelike gemeenskap doodgemaak is, sal waarskynlik nie na die stad se moskee gebring word nie, wat die moontlikheid laat ontstaan dat die sterftesyfer heelwat hoër kan wees. Die stad se lykshuis was nie Saterdag toeganklik nie.

Die geweld is die ergste in die rustelose Wes-Afrikaland sedert 2004, toe soveel as 700 mense dood is in Plato-staat gedurende die Christen-Moslemgevegte daar.

Jos, die hoofstad van Plato-staat, het 'n lang geskiedenis van gemeenskapsgeweld wat dit moeilik gemaak het om verkiesings daar te organiseer. Opstande in September 2001 het meer as 1 000 mense dood gelaat.

Die stad is geleë in Nigerië se middelstrook, waar lede van honderde etniese groepe saamleef in 'n gebied met vrugbare grond waaroor daar gestry word. Dié strook grond skei die land se Moslems in die noorde van die Christene in die suide.

Woedende skares het Donderdag in Jos bymekaargekom nadat verkiesingswerkers nie daarin geslaag het om stemuitslae bekend te maak nie, wat baie mense laat dink het dat die stemmery net die  jongste episode in 'n lang geskiedenis van Nigeriese verkiesingsbedrog was.

Opstande het Vrydagoggend uitgebreek en 15 mense is dood.

Plaaslike etniese en geloofsleiers het Saterdag op die radio 'n beroep op mense gedoen om kalm te bly en die strate was redelik kalm gewees. Soldate is opdrag gegee om op oproeriges te skiet.

Die geweld is die ergste sedert die inswering in Mei 2007 van president Umaru Yar'Adua, wat die verkiesing gewen het, hoewel die verkiesing nie deur waarnemers as vry en regverdig beskou is nie.

Min Nigeriese verkiesings is as vry en regverdig beskou sedert onafhanklikheid van Brittanje in 1960 en militêre oornames het ook sporadies in die land plaasgevind.

black jack tutorialлобановский харьков класс

Kongorebelle neem nog ‘n stad in

Rebelle in die ooste van die Kongo het nog 'n stad ingeneem in die gebied waar hulle met pro-regeringsrebelle slaagsgeraak het, het de VN se missie in de Kongo gesê.

"Daar is 'n klein NKVM teenwoordigheid in Ishasha," het luitenant-kolonel Jean Paul Dietrich, woordvoerder vir die VN-vredesmagte gesê met verwysing na lede van die Nasionale Kongres vir die Verdediging van die Mense rebellegroep.

'n MONUC-patrollie in onderweg na die gebied, het hy gesê.

MONUC is die akroniem vir die vredesending na die Kongo.

Die gebeure het plaasgevind net voor die VN se spesiale woordvoerder Olusegun Obasanjo die naweek met president Joseph Kabila en rebelleleier Laurent Nkunda sou vergader in 'n nuwe poging om vrede in die streek te bewerkstellig.

Die dorp is geleë teen die grens met Oeganda, sowat 130 kilometer noord van Goma, die hoofstad van noord-Kivuprovinsie waar die konflik tussen die rebelle onder leiding van Laurent Nkunda, 'n voormalige generaal, en die regeringsmagte gesentreer is.

Die rebelle het Donderdag gesê dat hulle beheer oorgeneem het van die dorp.

Met die oorname van Ishasha, het die rebelle nou meer as 30 kilometer noord beweeg in minder as 24 uur.

Sowat 13 000 mense het oor die grens na Oeganda gevlug in die laaste twee dae om te ontkom aan die gevegte, het die VN se vlugtelingagentskap gesê.

Die rebelle beheer nou twee noord-Kivu-dorpe wat ook grensposte is na Oeganda. Dié dorpe is belangrike bronne van inkomste vir die provinsiale owerhede vanweë die doeanegelde wat dit inbring.

Die ander dorp wat deur die rebelle beheer word, is Bunagana, wat ongeveer 60 kilometer noordoos van Goma is.

Spanning tussen Kinshasa en Nkunda het in Augustus oorgekook, wat meer as 250 000 mense ontwortel het. Hulle het óf na vlugtelingkampe gegaan óf in die bosse gaan skuil, waar hulle buite bereik van die hulplenigings-organisasies is.

справка для выезжающих за границуФільчаков прокурор