Die veranderinge, wat hoofsaaklik uit die reuse militêre begroting betaal sal word, sal 'n uitgebreide korps van diplomate en hulpwerkers daarstel, wat die Obama-administrasie se visie sal uitdra regoor die wêreld om konflikte op te los en gefaalde state weer te help opbou.
Of hulle verskil sal kan maak "sal die groot buitelandse beleidseksperiment van die Obamapresidentstermyn wees," het een van sy adviseurs gesê.
'n Jaar terug het Gates begin om praat oor die beperking van magte in oorloë waar geen oorwinning moontlik is nie. Hy het die statistiek wat deur Obama gebruik is, gewild gemaak, naamlik dat Amerika meer militêre orkeste het as dienende offisiere in die buiteland.
Hy het erken dat Amerika deels sy vermoë om teen 'n vyand op te staan, om hulp te verleen en te kommunikeer met ander dele van die wêreld, die "sagte mag" wat so belangrik was in die Koue Oorlog, ingeboet het. Hy het beide die Clinton en Bush administrasies blameer en in 'n onderhoud gesê "dit is amper asof ons alles vergeet het wat ons in Viëtnam geleer het."
Obama se keuse vir nasionale sekuriteitsadviseur, Jones, het voor die verkiesing gesê, "moenie 'n fout maak nie, NAVO wen nie in Afganistan nie."
Hy het voortgegaan en beskryf waarom Amerika en sy bondgenote nie wen nie. Na byna sewe jaar se oorlog het hulle nie daarin geslaag om strategieë te ontwikkel wat op betroubare wyse ontwikkelingsprojekte daarstel waar die Taliban verdryf is nie, wat elke oorwinning 'n tydelike een maak, wat omgekeer word so gou as wat die soldate daar onttrek word.
Verskeie kere in sy bewind het president George W. Bush belowe om daardie beleid te verander, selfs om 'n burgerkorps van nasiebouers daar te stel onder die toesig van die staatsdepartemente, maar die administrasie het nooit werklik moeite gedoen om die plan in aksie te stel met die nodige personeel en fondse nie. Indien Obama en sy span dit kan regkry om so verandering in plek te kry, sal dit een van die belangrikste veranderinge wees in die nasionale sekuriteitsbeleid in dekades, en Clinton se magte as minister van buitelandse sake aansienlik verhoog.
Obama het belowe om 'n diplomatieke poging aan te wend wat veel wyer is as net Afghanistan. In Oktober 2007 het hy beloof om diplomasie 'n hoë prioriteit te maak. "In pleks daarvan om ons konsulaatgeboue agter hortjies toe te maak, moet ons aanhou om hulle oop te maak in die harde, hopelose dele van die wêreld," het hy gesê.
