Die toets se doel is om te bepaal of 'n persoon beter sal doen met spoedsportsoorte soos naellope of voetbal, of eerder uithousporte soos langafstande, of 'n kombinasie van die twee. 'n 2003 Studie het die skakel tussen ACTN3 en dié atletiese vermoëns gevind.
In die era van geneties toetse, word DNS geanaliseer om die geneigdheid tot siekte te bepaal, maar kenners is skepties oor die bemarking daarvan as die eerste stap om 'n kind se sportvermoë en sportkeuse te bepaal, wat volgens sommige ouers die manier is om 'n sportbeurs te kry of 'n loopbaan as professionele atleet te volg.
Atlas se uitvoerende beamptes het wel erken dat daar perke is, maar sê dat dit riglyne kan gee om kinders in tot 8 sportsoorte te kan plaas.
Die studie wat die verband tussen ACTN3 en eersteklas sportprestasie gevind het, is in 2003 gepubliseer, deur navorsers wat hoofsaaklik in Australië woon.
Sommige atlete bewys steeds die wetenskap en hulle genetika verkeerd. Navorsing op 'n olimpiese verspringer van Spanje het getoon dat hy geen weergawe van die R-variant gehad het nie. Dit het getoon dat nie net genetika nie, maar ook faktore soos omgewing, werksetiek en soms geluk invloede uitoefen in atletiese prestasie.

In sportgeoriënteerde Boulder, Colorado, speel Atlas Sports Genetics nou ook 'n rol in die obsessie van die ouers, deur 'n $149 toets aan te bied wat hoop om 'n kind se sportvermoë en atletiese sterkpunte te voorspel. Die toets is eenvoudig, neem 'n monster aan die binnekant van die wang en langs die tandvleis en stuur dit na 'n laboratorium vir analise van die ACTN3, een geen uit die meer as 20 000 menslike genoom.