praag.co.za

Kongorebelle neem nog ‘n stad in

"Daar is 'n klein NKVM teenwoordigheid in Ishasha," het luitenant-kolonel Jean Paul Dietrich, woordvoerder vir die VN-vredesmagte gesê met verwysing na lede van die Nasionale Kongres vir die Verdediging van die Mense rebellegroep.

'n MONUC-patrollie in onderweg na die gebied, het hy gesê.

MONUC is die akroniem vir die vredesending na die Kongo.

Die gebeure het plaasgevind net voor die VN se spesiale woordvoerder Olusegun Obasanjo die naweek met president Joseph Kabila en rebelleleier Laurent Nkunda sou vergader in 'n nuwe poging om vrede in die streek te bewerkstellig.

Die dorp is geleë teen die grens met Oeganda, sowat 130 kilometer noord van Goma, die hoofstad van noord-Kivuprovinsie waar die konflik tussen die rebelle onder leiding van Laurent Nkunda, 'n voormalige generaal, en die regeringsmagte gesentreer is.

Die rebelle het Donderdag gesê dat hulle beheer oorgeneem het van die dorp.

Met die oorname van Ishasha, het die rebelle nou meer as 30 kilometer noord beweeg in minder as 24 uur.

Sowat 13 000 mense het oor die grens na Oeganda gevlug in die laaste twee dae om te ontkom aan die gevegte, het die VN se vlugtelingagentskap gesê.

Die rebelle beheer nou twee noord-Kivu-dorpe wat ook grensposte is na Oeganda. Dié dorpe is belangrike bronne van inkomste vir die provinsiale owerhede vanweë die doeanegelde wat dit inbring.

Die ander dorp wat deur die rebelle beheer word, is Bunagana, wat ongeveer 60 kilometer noordoos van Goma is.

Spanning tussen Kinshasa en Nkunda het in Augustus oorgekook, wat meer as 250 000 mense ontwortel het. Hulle het óf na vlugtelingkampe gegaan óf in die bosse gaan skuil, waar hulle buite bereik van die hulplenigings-organisasies is.

справка для выезжающих за границуФільчаков прокурор

Comments

Leave a Reply