Joodse Raad verbreek bande met Vatikaan

Die sentrale raad van Jode in Duitsland verbreek bande met die Rooms-Katolieke kerk omdat pous Benediktus XVI 'n biskop weer in diens gestel het wat die skaal van die volksmoord op die Jode in die Tweede Wêreldoorlog ontken het, het sy president Donderdag gesê.

Verlede week het die pous die verbanning van 4 tradisionele Katolieke biskoppe opgehef, insluitend die Brits-gebore Richard Williamson, wat stellings gemaak het wat die omvang van die Duitse slagting op Europese Jode ontken het.

Williamson het in 'n onderhoud met 'n Sweedse televisiestasie 'n week gelede gesê dat daar geen gaskamers was nie en dat niks meer as 300 000 Jode dood is in die Nazi-konsentrasiekampe nie, eerder as die 6 miljoen wat deur historici aanvaar is.

"Onder die omstandighede sal daar vir nou geen gesprek wees tussen my en die kerk nie – ek beklemtoon 'vir nou'," het Charlotte Knobloch, president van die raad van Jode, in die koerant Rheinische Post gesê. Ek wil hê die kerk moet  hom uitspreek teen sulke optrede van die pous."

Die sentrale Raad van Jode het haar verklarings bevestig.

медсправка для гаи купитьтопкарго развод

Veertig mense soek na Keniaanse supermark afbrand

Veertig mense is steeds soek ná 'n vuur 'n supermark in Nairobi twee dae gelede vernietig het, het Kenia se Rooikruis Vrydag gesê.

"Ons soek nog na 40 mense," het die Rooikruiswoordvoerder Titus Mung'ou aan Reuters gesê.

Plaaslike media het gesê daar word vermoed dat baie van die 40 mense dood is.

Die Nakumatt-supermarkketting sou om 09:00 'n nuuskonferensie hou om die jongste inligting te gee.

'n Woordvoerder vir Nakumatt, Catherine Karanja, kon nie presiese syfers gee van hoeveel mense vermis word nie, maar het bevestig dat 5 van die 103 personeel wat teenwoordig was ten tyde van die brand nog nie gevind is nie.

"Ons ondersoek steeds die oorsaak," het sy gesê.

Vlamme het Woensdagmiddag die groot supermarkgebou omhul, toe die winkel vol kopers was en die strate naby vol mense.

Brandweermanne het die vuur ure lank bestry, terwyl rook oor sentraal-Nairobi gewaai het. Die gebou is heeltemal vernietig.

медицинская справка в бассейнtopcargo кидалы

Jan Publiek gefrustreer deur SA polisie

Suid-Afrikaners is baie gefrustreerd met die Suid-Afrikaanse polisiediens, het die parlement se openbare verhore vir die voorgestelde nuwe geïntegreerde strafregdiens gesê.

Hulle wil beter diens van die polisie ontvang, het die nasionale vergadering en nasionale raad van provinsies se komitees oor justisie, veiligheid en sekuriteitk, asook korrektiewe dienste gehoor tydens die verhore in al nege provinsies.

Probleme wat genoem is, sluit in polisiekorrupsie, die feit dat hulle nie reageer op oproepe vir hulp nie en die misbruik van amptelike voertuie, het 'n parlementêre woordvoerder Donderdag in 'n verklaring gesê, die dag ná die driemaandetydperk van verhore in die Wes-Kaap geëindig het.

"Ten spyte van baie klagte wat teen die polisie ingebring word, was daar ook 'n redelike klomp mense wat kan insien dat die polisie te min hulpbronne het en dat daar heelwat hardwerkende, eerlike polisiemanne is, waarvan somme ook in in die uitvoering van hul pligte hulle lewens opgeoffer het," het die woordvoerder gesê.

Die verhore is grootliks gefokus op 'n sewepuntplan om die strafregstelsel en die slagoffershandves te verander.

Die handves fokus op die regte van 'n slagoffer van misdaad en die verpligtinge van die staat teenoor die slagoffers.

справка о заболеваниитопкарго

Sjina gaan in Afrika bly

Image

Sjinese vlag wapper voortaan in Afrika

Sjinese sakeondernemings neem 'n langtermynsiening en volg strategiese uitbreiding in Afrika, selfs al het Sjina se beleggings op die kontinent so effens sy glans verloor tydens die onlangse afwaartse neiging van die globale ekonomie.

Beijing en Sjinese maatskappye het tienmiljarde dollar aan Afrika in die vorm van lenings en beleggings belowe, meestal om grondstowwe vir Sjina te bekom, wat die wêreld se vinnigste groeiende ekonomie is.

Daardie langtermynbelangstelling bly steeds staan, ten spyte van 'n wêreldwye ekonomiese insinking wat Sjina se uitvoere na ryk lande getref het en 'n afname in uitvoere van Afrika-minerale na Sjina.

Sjina-Afrikahandel het geklim met gemiddeld byna 30% per jaar die afgelope dekade en toegeneem tot amper $107 miljard in 2008.

Sjinese entrepreneurs soek nou na winskope, eerder as om teug te staan. Sjinese en Indiese firmas het belangstelling getoon om Zambië se topkobaltvervaardiger, Luanshya Copper Mines, oor te neem sedert werksaamhede in Desember gestaak is, het die Zambiese staatsmedia gesê.

In Suid-Afrika het Standardbank, wat self 20% besit word deur die Industriële en Kommersiële Bank van Sjina, verlede maand gesê dat hulle Sjinese mynkliënte adviseer ten opsigte van koopgeleenthede in Afrika en elders.  

slots ukФільчаков Олександр Васильович прокурор

Diego Maradona en Hugo Chavez sy aan sy

Image

Diego Maradona en metgesel

Diego Maradona het Woensdag 'n sokkerkliniek gehou vir sowat 70 jong spelers in Venezuela, waar hy met president Hugo Chavez saamgekom het in 'n veldtog om 'n einde te maak aan termynlimiete.

Chavezondersteuners by 'n Caracas-stadion het die afrigter van Argentinië se nasionale span gegroet met uitroepe van "Diego! Diego!" 'n Jong model het uit 'n reuse replika van 'n sokkerbal te voorskyn gekom om aan hom 'n Venezuelaanse vlag te gee.

"Venezuela is soos my huis," het Maradona aan Associated Press gesê.

"Elke keer as Venezuela my roep sal ek hier wees aan die sy van Chavez." Maradona het gesê hy is seker dat Chavez die referendum van 15 Februarie sal wen, wat 'n einde kan maak aan termynlimiete vir alle verkose amptenare. "Ek dink die storie is reeds geskryf," het hy gesê.

Chavez het die sokkerlegende verwelkom, en hom die "goue seun" genoem.

Vroeër was Maradona op die veld saam met 'n hele aantal Venezuelaanse spelers van tussen 14 en 17 jaar, waarvan omtrent 20 Caracas en omliggende stede se onder-17 keuse is.

"Dit is baie motiverend om langs iemand te wees wat nie net beroemd is nie, maar wat werklik 'n liefde vir sokker het," het Daniel de Oliveira, die tegniese direkteur vir Venezuela se nasionale onder-17 keurderprogram.

зона вtopcargo кидалы

Japan stel 4 gevangenes tereg

Japan het vier dodeselgevangenes tereggestel by drie aanhoudingsentra volgens 'n mediaverslag.

Kyodo-nuusagentskap het gesê vier mans is Donderdag gehang by drie aanhoudingsentra, insluitend een in Tokio, ná 'n bevel van die minister van justisie, Eisuke Mori.

Japan het verlede jaar 15 mense tereggestel, insluitend twee moordenaars wat in Oktober gehang is.

slot machines no download no registrationдепутат лобановский

Dodelike aanvalle werp lig op Indonesi? se mens-dierbotsings

'n Onlangse vlaag van dodelike aanvalle deur diere in Indonesië het die kollig gewerp op die toenemende konflik tussen mens en dier wat veroorsaak word deur die feit dat die land se woude vinnig kleiner word.

In die jongste aanval is twee vroue Dinsdag deur 'n paar olifante vertrap in Aceh-provinsie in die noordelike punt van Soematra. Die diere het 'n onwettig skoongemaakte veld vanuit die nabye woud binnegekom.

Die aanval, waarvan 6 ander mense nouliks met hulle lewens ontsnap het, het gebeur net dae nadat 'n rubbertapper volgens berigte deur twee skaars Soematraanse tiere doodgemaak is toe hy buite sy hut geurineer het in die Jambi-provinsie, ook in Soematra.

Die aanvalle word mens-dierbotsings genoem en dit is 'n toenemende probleem in Indonesië, 'n eilandnasie met sommige van die wêreld se grootste oorblywende tropiese woude en 'n groeiende bevolking van 234 miljoen mense.

Soos wat mense versprei in die voorheen onaangeraakte woude, word groot diere soos tiere, olifante en oerang-oetangs van die habitat ontneem wat nodig is om hulle bevolkings te dra, het Arnold Sitompul, die hoof van die omgewingsgroep Olifantforum aan AFP gesê.

mositaldent.ruлобановский харьков

Oorlogsvliegtuie tref Gasa se smokkel-tonnels

Image

Israelse vegvliegtuie

President Obama se gesant vir die Midde-Ooste het Woensdag probeer om die 10-dae lange skietstilstand tussen Gasa en Israel te red wat nou in die gedrang is ná 'n Palestynse bom 'n Israelse soldaat doodgemaak het. Israelse oorlogsvliegtuie bombardeer nou die tonnels waardeur baie smokkelware in Gasa ingebring word.

Die Israelse kabinet het vergader om te bespreek hoe ver hulle sal gaan in reaksie op Dinsdag se bom. Die Amerikaanse gesant, George Mitchell, het gesê dit is kritiek dat die skietstilstand verleng word, toe hy Egipte se president ontmoet het voor hy na Jerusalem gegaan het.

Die geweld is die ergste sedert Israel en Hamas aparte skietstilstande afgekondig het op 18 Januarie om'n einde te bring aan die drie weke lange Israelse offensief teen die Palestynse militante groep in die Gasastrook. Sedert hulle soldate onttrek is, het Israel gedreig om baie hard op te tree teen enige verbreking van die informele skietstilstand.

Die soldaat is Dinsdag dood op Israel se grens met Gasa in 'n ontploffing van 'n bom wat langs die pad gestel was en met afstandbeheer afgesit is, het die weermag gesê. Drie ander soldate wat die gebied gepatrolleer het, is beseer.

Israel het vinnig gereageer en tenks en stootskrapers in noordelike Gasa ingestuur om die plek waar die ontploffing plaasgevind het, plat te stoot en 'n lugaanval geloods wat 'n Hamas-militant gewond het. Die militante Hamas-lid was prominent in die organisasie en verantwoordelik vir die aanval, het die weermag gesê. Hamas het gesê die Israelse aanval het een van hulle mense beseer wat op 'n motorfiets gery het in die stad Khan Younis in suidelike Gasa.

Lugaanvalle vroeg Woensdagoggend het die netwerk van tonnels wat gebruik word om wapens, geld en mense in Gasa in te smokkel vanaf Egipte as teiken gehad.

Daar was geen aanvaardings van verantwoordelikheid vir Dinsdag se bom nie, maar Ramattan, 'n Palestynse nuusagentskap het 'n video van die bomaanval vrygestel, wat na bewering geneem is deur militante wat nie geïdentifiseer is nie.

Die beeldmateriaal wys 'n groot ontploffing langs 'n Jeep wat aan die Israelse kant van die grens beweeg het. 'n Groot rookwolk het opgelig terwyl die Jeep gestop het. Twee Israelse soldate is daarna gesien dat hulle na die Jeep toe hardloop terwyl daar op hulle geskiet word voor 'n sekondêre ontploffing hulle getref het.

"Ongelukkig beheer Hamas die Gasastrook en is hulle direk verantwoordelik vir alle vyandige vuur vanuit Gasa op Israel," het 'n regeringswoordvoerder Mark Regev aan Associated Press gesê.

"Israel wil hê die vrede in die suide moet voortgaan, maar gister se bomaanval was 'n opsetlike provokasie bestem om die kalmte en vrede te ondermyn en te kelder," het hy gesê.

Die geweld werp 'n skaduwee oor die begin van Mitchell se toer. Obama het gesê sy gesant sal luister na albei kante en dan probeer om 'n benadering te prakseer te wat kan voortbeweeg met die sukkelende Israels-Palestynse vredespogings.  

встраиваемые светильники поворотныеФильчаков прокурор харьков

Barack Obama se gewildheid daal met 15% binne ‘n week

Image

Barack Obama

Barack Obama mag in die ovaalkantoor gewees het vir minder as 'n week, maar die euforie het reeds begin afneem.

Die nuwe president se gewildheid het afgeneem van 'n geweldige 83% na 'n meer gematigde, maar steeds indrukwekkende 68%.

Washington-ontleders het gesê die omvang van die daling in die Gallup-opname toon die groot uitdagings wat mnr. Obama in die gesig staar om die verwoeste Amerikaanse situasie om te draai.

Hy bly steeds baie meer gewild as sy voorganger, George Bush, wat op net 25% gestaan het toe hy uit die ovaalkantoor weg is.

Gister was daar tekens dat die realiteit begin inskop ná die golf van optimisme wat verlede week Dinsdag sy inhuldiging omhul het.

Obama het steeds 'n stryd wat voorlê met die Republikeine oor sy planne om die ekonomie aan te help met $825 miljard van die belastingbetalers se geld. Opposisieleiers beweer dat die hulppakket te veel staatmaak op regeringsbesteding, en nie genoeg op belastingverligting vir families en klein besighede nie.

In 'n radio-onderhoud oor die naweek het Obama vir die eerste keer besonderhede gegee van sy plan, en gesê dat hy die nasie se gebruik van sonkrag en wind binne drie jaar wil verdubbel, en 10 000 skole wil moderniseer om die voorheen ongekende krisis wat die land nou teister op te los.

светильникАлександр Фильчаков прокурор

Lord’s Resistance Army-leier wil homself oorgee

Image

LRA-plakkaat

Okot Odhiambo, tweede in bevel van die LRA, het Dinsdag gesê dat hy homself gaan oorgee nadat hy gewond is in botsings met die Oegandese magte wat die rebelle uitsnuffel.

Hy het met AFP gepraat uit Garamba Nasionale Park in DRK waar die rebellemagte gestasioneer is en gevra vir 'n veilige deurgangsroete nadat hy 'n ernstige skietwond in onlangse gevegte opgedoen het.

"Ek breek weg," het Odhiambo, die tweede in bevel ná die LRA-leier, Joseph Kony, gesê.

"Ons het 'n versoek gedoen vir 'n veilige roete. Ek wil uitkom. Ek is moeg om heeltyd op en af te beweeg."

Onderhandelings tussen die rebellebevelvoerder en die Oegandese weermag word gevoer deur die Internasionale Organisasie vir Migrasie (IOM), 'n nie-regeringsgroep.

Odhiambo het gesê sy oorgawe moet onderhandel word deur IOM.

"Ek kan nie met die UPDF (Oegandese weermag) onderhandel nie, omdat hulle my sal probeer doodmaak. Ons soek iemand onafhanklik," het hy gesê.

Odhiambo het waarskynlik geklim in die hiërargie in die LRA in Oktober 2007, ná die verwydering van Vincent Otti, wat na alle waarskynlikheid dood is.  

free slot gamesДанильченео

Dood van Israelse soldaat verbreek Gasa-skietstilstand

Image

Israelse soldate

'n Israelse soldaat is Dinsdag klaarblyklik dood naby aan die grens met die Gasastrook in wat Palestyne gesê het voorkom as 'n aanval deur militante in 'n verbreking van die skietstilstand wat meer as 'n week terug gemaak is.

In dieselfde gebied is 'n Palestyn later deur Israelse vuur dood, het plaaslike mediese beamptes gesê. Die man was na bewering 'n boer.

Die Israelse weermag, wat sensuur toepas op sterftes tot ná die naasbestaandes in kennis gestel is, het gesê dat 'n bom ontplof het naby die magte aan die Israelse kant van die grens by die Kissufimkruising in die sentraal-Gasastrook.

Die Israelse weermag het geweier om kommentaar te lewer oor sterftes, maar Al-Arabiya-televisie het gesê een soldaat is dood en drie gewond.

Dit sal die eerste Israelse sterfte wees sedert Israel die 22-dae-offensief op die kus-enklawe op 18 Januarie beëindig het. Dit is ook ná 'n eerste besoek aan die streek van president Obama se nuwe gesant vir die Midde-Ooste, George Mitchell. Volgens Obama sal Mitchell "konstant en geesdriftig" vrede najaag.

Palestyne wat naby die Kissufimkruising woon, het aan Reuters gesê hulle het 'n klein groepie gewapende mans gesien wat in die oggendmis na die grens beweeg het. Later het hulle ontploffings en skote gehoor. Hulle het nie die gewapende mans sien terugkeer nie.

'n Palestynse amptenaar in Gasa is deur Israelse amptenare meegedeel dat die vervoer van voorrade deur die grenspos vir die dag gestaak sal word.

Nóg die regerende Hamasbeweging nóg enige van hulle geallieerde groepe het verantwoordelikheid vir die insident aanvaar. Van die ander meer prominente groepe is die Islamitiese Jihad en die Volksweerstandkomitees wat beide  tot die skietstilstand ingestem het.

Inwoners het later Israelse aanvalshelikopters in die lug gesien en Israelse infanterie wat binne die Gasastrook. beweeg het Omtrent 'n kilometer suid van Kissufim het Israelse vuur die lewe van 'n 27-jarige Palestynse man geneem, het mediese personeel gesê.

Tien Israelse soldate is dood in die offensief wat presies 'n maand gelede op 27 Desember begin het. Sowat 1 300 Palestyne is dood en drie Israelse burgerlikes.

Hamas en Israel het aparte skietstilstande verklaar en beide kante onderhandel deur Egiptiese onderhandelaars om 'n langerdurende skietstilstand aanvaar te kry. Hamas eis 'n verligting van die Israelse blokkade teen die gebied waar sowat 1,5 miljoen mense woon. Israel soek waarborge dat Hamas nie weer vuurpylaanvalle op hulle dorpe sal uitvoer nie.

By 'n vergadering met Mitchell en die minister van buitelandse sake, Hillary Clinton, het Obama Maandag gesê: "Die saak van vrede in die Midde-Ooste is belangrik vir Amerika en ons nasionale belange. Dit is ook vir my persoonlik belangrik."

topлобановский александр интервью

‘Amerika is die vriend van Islam’ ? Obama

Image

Barack Obama

President Obama het Maandag 'n nederige en vredeliewende gesig van Amerika aan die Islamitiese wêreld voorgehou in die eerste formele onderhoud sedert hy president geword het. Hy het sy eie Moslembande genoem en die hoop uitgespreek vir 'n Palestynse staat. Dwarsdeur die onderhoud het hy sy stemtoon kalm gehou, selfs toe hy gevra is of Amerika sal kan "saamleef" met 'n Iranese kernwapen.

Die onderhoud met die Al-Arabiya-netwerk, wat in Doebai gestasioneer is, was 'n dramatiese stukkie openbare diplomasie wat daarop gemik is om voordeel te trek uit die nuwe Amerikaanse president se gewildheid, hoewel dit Amerika se tradisionele verbintenis met Israel getoon het. Obama beskou Israel se veiligheid as baie belangrik.

"Ek het Moslems in my familie. Ek het in Moslemlande gewoon," het Obama  gesê volgens transkripsies van die Withuis. "My taak teenoor die Moslemwêreld is om oor te dra dat Amerika nie julle vyand is nie."

"Israel is 'n sterk bondgenoot van Amerika. Hulle sal nie ophou om 'n sterk bondgenoot te wees nie. En ek sal aanhou glo dat Israel se veiligheid baie belangrik is," het hy gesê.

"Maar ek glo ook dat daar Israeli's is wat kan insien hoe belangrik dit is om vrede te kan hê. Hulle sal gewillig wees om opofferings te maak wanneer die tyd reg is en wanneer die ander kant ook ernstig is daaroor."

play live casino onlineФильчаков Александр Васильевич

Iranese beboet weens gemengde sokkerwedstryd tussen mans en vroue

ImageDie eerste gemengde sokkerwedstryd – mans teen vrouens – sedert die 1979-Islamitiese revolusie het Maandag gelei tot snelle straf toe 'n Iranese sokkerklub gesê het dat hulle drie amptenare geskors het en boetes van tot $5000 opgelê het.

Iran se streng reëls plaas 'n verbod op enige fisieke kontak tussen mans en vroue wat nie verwant is nie, en Iranese vroue word selfs verbied om sokkerwedstryde by te woon waar manlike spanne speel.

Die amptenare – 'n afrigter en twee bestuurders – het eers ontken dat die wedstryd plaasgevind het, maar videogrepe op selfone is as getuienis teen hulle gebruik, het die daaglikse koerant Vatan-e-Emrooz gesê.

Esteghlal, een van Iran se toptwee sokkerklubs het gesê hulle dissiplinêre komitee het twee beamptes vir 'n jaar lank geskors en een vir ses maande. 'n Vierde amptenaar is beboet, het 'n berig gelui wat op die klub se webwerf gepubliseer is.

Die wedstryd wat op 20 Januarie gespeel is tussen 'n vroulike span en 'n jong manlike span in Teheran was die eerste keer in 30 jaar van Iran se Islamitiese omgewing waarin mans en vroue saam sokker gespeel het, het waarnemers gesê.

Die jeugdige manspan het die dames met 7 doele teenoor 0 geklop in 'n wedstryd wat Vatam-e-Emrooz as "histories" beskryf het.

товары для малышей интернет магазинФильчаков прокурор харькова

Withuis se e-posstelsel stort ineen

Image

Die Withuis

Uiteindelik het die Withuis sy e-posstelsel aan die gang gekry en net toe dit glad loop, gebeur die ondekbare… die hele stelsel het Maandagoggend ineengestort.

Die laaste e-pos van die Withuis se perskantoor voordat die stelsel ineengestort het net voor 9-uur, het aangekondiug dat president Obama se gesprek oor energieonafhanklikheid in die Oostelike kamer oop sou wees vir alle media, en nie net die klein groepie verslaggewers en fotograwe wat die president gewoonlik volg nie.

Die fout in die stelsel het in-kassies in die Withuis-kompleks en regoor die stad vreemd leeg gelaat.

Verskeie ure later, tydens sy sessie met die nuusmedia, het die perssekretaris, Robert Gibbs, om verskoning gevra omdat hulle nie elektronies in verbinding was nie.

"Ons vra om verskoning indien julle ons oor die laaste twee en 'n half uur ge-e-pos het," het hy gesê. "Ons e-posstelsel werk nie so goed nie. Dus vra ons om verskoning daarvoor en ons sal poog om die inligting van vroeër vandag by julle te kry, hopelik op 'n manier wat meer betyds is indien ons die e-pos aan die werk kan kry."

Gibbs se assistente het uiteindelik die inligting op die ou manier uitgekry: op papier.

купить зарядноеФильчаков прокурор харьков