Angolese bestuurder doen toetsrit vir Williamsspan

Image

‘n Formule 3-motor

Die Williamsspan het die Angolese bestuurder Raphael Teixera genooi om vir hulle te kom toetsbestuur, wat die hoop laat opvlam dat die land sy eerste Formule 1-jaer kan kry, het die staatsmedia berig.

Teixera, wat tans in die Formule 3 ry vir die Brits gebaseerde Ultimate Motorsportreeks, hoop om vroeg in Januarie te kan begin met die toetsbestuur, volgens die daaglike Angolese sportblad, Jornal dos Desportos.

Die 26-jarige se vader en bestuurder, Jorge Teixera, het aan die koerant gesê dat hy verras is deur die uitnodiging van Williams, maar het bygevoeg dat hy glo Angola is naby daaraan om hulle eerste Formule 1-jaer te kry.

Teixera het sy resiesloopbaan begin in die Portugese knortjorbane in 2000, waarna hy in 2002 aangesluit het by die Formule 3-reeks.

Formule 3 is bekend dat dit 'n teelaarde is vir Formule 1.

Wêreldkampioene Ayrton Senna, Mika Hakkinen, en Nelson Piquet was almal Formule 3-kampioene.

трусы шорты для девочеклобановский александр

9 Modelle ding mee om motor van die jaar

Nege motors is uitgesoek om mee te ding in die Motor van die Jaar kompetisie vir 2009, wat deur Wesbank geborg word.

'n Jurie van 27 lede van die gilde van Suid-Afrikaanse motorjoernaliste het gisteraand die deelnemers uitgesoek.

Hulle is die Ford Fiesta 1.6 Trend 5 deur, Suzuki Swift 1.5 GLS, Mazda6 2.5 Individual, Jaguar XF 3.0 V6 Premium Luxury A/T, VW Tiguan 1.4 TSi Trend & Fun 4 Motion, Audi A4 Ambition Multitronic, Honda Accord 2.4i Executive, Honda Jazz 1.5 EX en die Suzuki SX4 2.0 wat meeding om die ereplek in die land se grootste motor gebeurtenis.

Dié kompetisie wat in sy 24ste jaar is, se doel is om uitmuntende motor op die mark aan te wys.

Die volgende stap in die proses is om die wenner aan te kondig van 'n tweedae toetssessie wat in Januarie by die Gerotek toetsfasiliteit naby Pretoria gehou gaan word, waar motors onafhanklik deur jurielede getoets gaan word.  

бани внутриФильчаков прокурор

‘Steelwings’ besoek Clarens

Image

‘n Trotse Harley-eienaar

17:14:19 Dis nou al die vierde jaar dat Steelwings-klub Clarens in Novembermaand besoek het, en weereens was dit 'n uiters suksesvolle naweek gewees. Elke jaar blyk dit dat die organisasie gladder loop en die manne en dames wat die ysterperde ry kom dikwels van Donderdag af op die klein dorpie aam, om hulleself 'n naweek lank in die mooi omgewing te kom geniet.

Mens sien allerhande soorte Harley Davidsons gedurende die naweek, vanaf die kleiner fietse tot die groot menere wat nogal 'n handvol kan wees. Dan is daar ook die paar "choppers" wat op bestelling gebou is en ander monsters wat ingevoer word.

Image

In die gees van die dag

Die groep van sowat 250 tot 300 motorfietse en hulle eienaars sak die dorpie toe soos 'n swerm spreeus op 'n stuk vrug en geniet hulleself gate uit. Onder andere is een van die naweek se vergunnings dat hulle sonder valhelms mag ry, maar net binne die dorp se grense, en mens sien gereeld hoedat mans en dames die hoofstraat op brul met die hare wat in die wind waai. Amper genoeg om menige nie-motorfietsryers ook lus te maak om die perd op te saal.

Die Saterdag is sekerlik die hoogtepunt van die naweek, met mense wat in die skaduwee van die groot tent op die plein sit en rustig kuier met koue goedjies, totdat die speletjies begin, wat altyd baie pret is. Daar is die tennisballe wat van die verkeerskeëls afgehaal moet word in die een rigting, en dan weer teruggeplaas moet word in die ander rigting, en elke keer word die spasie tussen die keëls kleiner met die volgende rondte. Die vaardigheid van die mense op die swaar fietse is tydens die wedstryd tot op die uiterste getoets.

Daarna is die stadigrykompetisie, waarin die bestuurder stadig binne twee bane moet bly en sy passasier wat normaalweg op die agterste voetpenne staan drie tergtoutjies wat aan haarknippe vasgemaak is aan 'n tou moet vasknip sonder dat die bestuurder sy voete op die grond mag sit. Dit was 'n baie prettige rondte gewees.

Die laaste speletjie was die waterballonne, waarin die passasier 'n ballon met water in oor 'n dwarsbalk moes gooi en weer vang, iets wat makliker gesê as gedoen is.

Daarna het die spannetjie die watergate gaan aantree waar eers rugby gekyk is.

Saterdagaand was die hoogtepunt en die afsluiting. Veilings van items het plaasgevind, en pryse vir die wenners en ook gelukstrekkings wat redelike stewige pryse opgelewer het.

Die fondse wat ingesamel is, is alles aan welsynsorganisasies in die Clarens geskenk. Teen Sondagoggend was die atmosfeer in Clarens gedemp, aangesien heelwat besoekers nog hoofpyne gehad het van die vorige aand se vieringe. Hoe dit ook al sy, dit was weer 'n baie geslaagde Steelwings-naweek, een wat vir die res van die jaar mense Clarens toe aanlok, aangesien die Harley-eienaars die omgewing en rustige lewe van die dorpie regdeur die jaar kom geniet, net nie in sulke groot getalle op een slag nie.

Verder is dit ook 'n groot bron van inkomste vir die dorpie wat sy grootste inkomste uit toerisme verdien en die Harley-eienaars verwys ander graag na Clarens waar hulle so hartlik verwelkom word.

больница стоматологиялобановский александр игоревич класс

Johannesburgse internasionale motorskou

Image

Corvette Z 06 B

09:52:10 Die voorste motorskou in Afrika het die 30ste en 31ste Oktober 2008 afgeskop. Al die groot vervaardigers was daar. Selfs BMW wat die skou geboikot het in die verlede is terug. Hierdie jaar was daar ‘n hele paar internasionale bekendstellings gewees.

General Motors het regtig ‘n skouspel voorgesit met die Corvette Z06 wat die eerste keer in SA te sien was. Kia het ook die Soul hier bekendgestel en die Pro Ceed gewys wat binnekort plaaslik gaan rondry. Mercedes het met sy AMG-verrigtingsafeling die SL65 Black Series gewys. Daar is net 400 van hulle en slegs 14 kom SA toe. Hulle is almal verkoop teen ‘n prys van R4 miljoen stuk. Renault het ten spyte van die kragonderbreking die nuwe Twingo gewys en Hyundai het die i20 wat die Getz vervang kom wys. Tata, die 11de grootste motormaatskappy ter wêreld ,het ‘n baie groot uitstalling gehad met selfs die konsulgeneraal van Indië wat dit bygewoon het. Tata het ook bewys dat hy binne vier jaar wat hulle in SA is saam met die groot honde kan blaf. Die splinternuwe Indica Vista wat bo die Indica inskuif gaan ‘n paar gevestigde name goed die skrik op die lyf jaag. Daar is ook ‘n agtsitplek-Sumo Grande wat effe aan die vorige Discovery herinner vertoon. BMW het hulle nuwe 7-reeks gewys en ook die opgekikkerde 3 wat nou nog meer sportief is as voorheen. Ons sal nog oor elke vervaardiger in meer besonderhede uitbrei.

Hyundai i10

Image

Hyundai i 10

Die i10 het al hoofstukke van die kleinmotorontwerp-handleiding genadeloos geredigeer en in sommige gevalle geheel en al oorgeskryf, en nou sit Hyundai se babatjie reg om nog ernstige werk aan die hoofstuk getitel “Enjins” te doen. Die drie nuwe weergawes bestaan uit die 1,2 GLS met ’n handratkas of outomatiese viergang-transmissie, sowel as die weelderiger ‘High Spec’-weergawe van die model met drie pedale op die vloer.  Die belangrikste visuele verskil tussen die gewone en hoëtoerusting-weergawes is sy allooi-sierwiele.

Die Kappa (die naam dui daarop dat dit Hyundai se 11e petrol-enjin-familie is sedert die maatskappy sy eerste binnenshuise enjinontwerp in 1991 bekend gestel het) is oor ’n tydperk van vier jaar ontwikkel en word van die einde van Julie af vervaardig.  Dit is dus heel gepas dat dié enjin al Hyundai se ingenieurskennis gebruik om meer energie uit elke druppeltjie brandstof te wurg. Die enjin pronk ook met ’n baie hoë spesifieke wringkraggradering van 93 Nm per liter, wat ’n groot bydrae tot skitterende rybaarheid in stop-en ry-verkeer in die stad lewer.  Die enjin verskil ook van die 1,1-liter-weergawe in dié sin dat dit dubbele bonokasse en vier kleppe per silinder gebruik.  Sy maksimum-wringkrag is 116 Nm teen 4 000 r/min, met sy kragleweringspiek ’n netjiese 55 kW teen 6 000 r/min.  En laastens word die Kappa beheer deur twee 16-bis-mikroverwerkers van 32Mhz vir digitale presisiebeheer van die ontstekingstyd, luierspoed, enjinklopwerking (die drukverhouding is 10.5:1) en uitlate. Pryse is soos volg. Die i10 1.2 GLS Handrat vanaf R105 900, die i10 1.2 GLS Outomaties vanaf R115 900 en die i10 1.2 GLS HS Handrat vanaf R119 900.

Peugeot 308 CC

Image

Peugot 308 CC

Nog `n, en hierdie keer drasties verskillende 308 op die stalletjie, is die CC wat hier voorvertoon word `n maand ná sy onthulling in Parys en geskeduleer is vir plaaslike bekendstelling vroeg in die eerste kwartaal van 2009. Die motortjie staan uit omrede die voortreflike vloeibaarheid van sy stilering in beide die koepee- en die kabrioletkonfigurasies.

Vergeleke met die 307 CC wat dit vervang, is die 308 CC langer, breër, laer en het `n groter voor- en agterspoor om sy dinamiese werkverrigting te verbeter. Die ekstra lengte en breedte sal ook die insittendes baat met meer passasiersruimte.

Alhoewel die styl van die passasierskompartement baie ooreenkomste met die 308-luikrug het, het die CC `n aantal unieke stileringseienskappe soos die ruim omloopvoorsitplekke met hulle integrale kopstutte. Hulle kom ook met `n ingeboude “luggang”-stelsel, wat warm lug rondom die voorste insittendes se nekke versprei en verstelbaar is vir temperatuur, vloei en rigting.

Die integrale agterste kopstutte huisves ook op alle modelle die aktiewe verlengbare rolbeskermingstawe. Die rolbeskermingstawe word outomaties geaktiveer sodra `n rolsituasie geïdentifiseer word, met inagneming van faktore soos die voertuig se spoed. Die rolbeskermingstawe word in minder as 20 millisekondes verleng.

In die koepee-konfigurasie is die kattebakvolume 465 liter en 266 liter met die dak oopgevou. Die kattebak is binne onberispelik afgerond met `n mat van hoë gehalte, chroom bindringe, bande om `n waarskuwingsdriehoek te hou en `n bagasienet om dit meer prakties te maak. Skoonheid en praktiese gebruik is duidelik nie wedersyds uitsluitend nie.

простая баняОлександр Фільчаков прокурор

Brasiliaanse Grand Prix weer die kampioenmaker

Nog ‘n formule-eenseisoen wat beslis gaan word op die laaste wedren van die jaar, met McLaren se Lewis Hamilton en Ferrari se Felipe Massa wat altwee vir hul eerste loopbaanwen gaan probeer by die Brasiliaanse Grand Prix.

In ‘n opwindende seisoen, waarin sewe jaers wedrenne gewen het, en soveel as vier jaers die punteleer gelei het, het Hamilton in Brasilië aangekom vir Sondag se wedren met ‘n 7-punte voorsprong oor die tuisskare gunsteling Massa.

Hamilton hoef net onder die eerste 5 te eindig om te verseker dat hy op 23 die jongste F1-kampioen en Britse kampioen sal word sedert Damon Hill in 1996.

Massa het steeds ‘n kans om die eerste nie-Europese bestuurder te word om die titel te wen sedert Kanada se Jacques Villeneuve in 1997, en die eerste Brasiliaanse kampioen sedert wyle Ayrton Senna in 1991. Om dit reg te kry, moet hy in die eerste of tweede plek eindig, met Hamilton onder die vyfde plek in die veld.

“Dit is onmoontlik om te voorspel wat gaan gebeur, maar ek dink ons kar was nog altyd goed op hierdie baan.” Het Massa gesê.

“Ek het die span agter my en al die druk gaan op Hamilton wees, veral as mens dink wat verlede jaar hier gebeur het.” het hy bygevoeg.

Hamilton was verlede jaar die gunsteling om te wen, maar het ‘n fout begaan met ‘n verbygaanaksie in die eerste rondte, waarna ratkasprobleme hom in die sewende plek laat eindig het, en hom die titel gekos het.

Kimi Raikkonen van Ferrari het Hamilton en Renault se Fernando Alonso geklop in ‘n naelbytwedren.

Die 2006 seisoen het ook naelskraap geëindig, met Alonso wat Michael Schumacher by Interlagos gewen het.

Die Brasiliaanse Grand Prix het die laaste vier jaar die F1-kampioen gemaak. Alonso het ook in 2005 die titel gewen toe hy die derdelaaste wedren in Brasilië gewen het.

Ten spyte daarvan dat Hamilton net-net voorloop, was die seisoen een van die mees opwindende seisoene in baie jare.

Buiten Hamilton en Massa wat al wedrenne die jaar gewen het, was ander wenners Raikkonen, Alonso, Robert Kubica van BMW, Heikki Kovalainen van McClaren en Sebastian Vettel van Toro Rosso.

Kubica, Kovalainen en Vettel was het almal hulle eerste wedren gewen in die 2008 seisoen.             

детски игрыФильчаков прокурор отзывы

Hamilton kraai koning in Sjanghai

Image

Lewis Hamilton na sy wen in Sjina

13:12:16 McLaren se Lewis Hamilton het met net nog een wedren oor heelwat nader aan die wêreldtitel vir 2008 beweeg. Hamilton het in die laaste oefensessie Saterdag sy voorste plek op die wegspring verseker. Felipe Massa het tweede geëindig nadat sy spanmaat Kimi Raikonen hom kort voor die einde laat verbysteek het.

Hamilton het nou net ‘n plek in die top-5 nodig by die Brasiliaanse Grand Prix op 2 November om die titel in te palm. Robert Kubica se klein kansie om die titel te verower, is daarmee heen met die elfde plek wat hy behaal het. Dit was Hamilton se vyfde oorwinning vir 2008. Hy staan nou op 94 punte met Massa sewe agter hom en Kubica derde met 75. Hamilton het geen foute begaan nie en die wedren van begin tot einde oorheers met sy akkurate lyne en spoed. Alonso, wat die vorige twee wedrenne gewen het, het vierde geëindig.

бурениеОлександр Фільчаков прокурор

Massa vermy omstredenheid

Image

Filipe Massa

16:42:52 Die Ferrari-bestuurder, Felipe Massa, het vandag probeer om omstredenheid te vermy terwyl hy voorberei op 'n taai stryd teen Lewis Hamilton in die komende naweek se Sjinese Grand Prix.

Die stryd tussen Hamilton, wat 5 punte voor Massa op die bestuurdersranglys is, het erg opgevlam toe die Engelsman die Brasiliaan daarvan beskuldig het dat dié hom opsetlik gestamp het tydens die Japannese Grand Prix. 

Volgens heelwat mense het Massa die Brit met opset gestamp gedurende die tweede rondte van die wedren, met die doel om die McLaren te beskadig en Hamilton se kanse op 'n oorwinning te kelder. 

Massa, wat met straftyd geboet het vir die deurryoortreding in die kuipe, het dit ontken en het bygevoeg dat hy tevrede was met sy sewende plek in die wedren. Hy het wel bygevoeg dat dit 'n interessante wedren was. 

Volgens Massa is die span heeltemal gelukkig met die feit dat hulle punte gewen het, in teenstelling met die McLaren-span. Ferrari het 'n beter rekord in Shangai as McLaren en Massa weet dat hy sal moet uithaal en wys om Hamilton te klop. Verlede jaar het hy (Massa) derde geëindig in 'n wedren wat in reënweer begin het. 

Volgens Massa het hy 'n goeie wedren gehad en hoop hy om die jaar beter te doen. Hy voel dat die baan goed is, en hoop dat die Ferrari-span vanjaar 'n eerste- en tweedeplek op die podium kan vat.

Ten spyte van die stryd wat in Japan opgevlam het, het Massa gesê dat hy steeds op goeie voet met Hamilton verkeer en dat hy dit nie wil bederf nie.

палатка купитьФильчаков прокуратура харьков

Alonso doen dit weer in Japan

Image

Fernando Alonso

17:27:14 Die arme Lewis Hamilton loop al weer deur. Nadat hy eerste op die wegspringstreep weggespring het en 'n aggressiewe eerste draai oorleef het, is hy juis oor dié voorval met 'n deurry gestraf.

Hamilton moes uiteindelik met die twaalfde plek tevrede wees. Massa, sy naaste teenstander, het met sy sewende plek nou binne trefafstand van Hamilton kom nes skop. Massa is nou net 5 punte agter Hamilton op die bestuurderspunteleer.

Massa het hoeka vir Hamilton in die tweede rondte gestamp en hom sodoende laat afgly. Hamilton moes toe vanaf die agtiende plek probeer terugveg.  Ferrari is nou by Mclaren verby op die vervaardigersleer, maar daar is nog twee wedrenne oor en die punteverskil is slegs 6 punte met Ferrari op 141 en Mclaren op 135.

Kan Lewis sy voorsprong as bestuurder behou en ook die agterstand op die vervaardigerspunteleer uitwis? Die tyd sal leer. Fernando Alonso in sy Renault het sy tweede oorwinning vir die seisoen gehad.

free games onlineданильченко юрій броніславович

Johannesburg se Internasionale Motorskou


Toyota Suid-Afrika se teenwoordigheid by die Johannesburgse Internasionale Motorskou (JIMS) sal nie net tot sy hoof-uitstalling in Saal 6 beperk wees

Image

Die Landcruiser teen die wipplankhelling

nie. Toyota sal aan die hand van sy Land Cruiser Land-uitstalling ook baie sigbaar in die buitelug-uitstalling wees. Die hoofaantrekking op die uitstalling sal die wipplankhelling

van 43° wees waarteen die Prado sy vermoë ten toon sal stel. Die 43°-Prado-wipplankhelling is op die klassieke Prado-televisie-advertensieveldtog gegrond.

Waaghalsige besoekers by Land Cruiser Land sal die geleentheid gegun word om as passasier saam met een van die instrukteurs van die Toyota-bestuursakademie teen die 43°-Prado-wipplankhelling uit te ry. Dié wat nie heeltemal so heldhaftig is nie, kan hulle verlustig aan die Land Cruiser-handelsware wat by Land Cruiser Land te koop sal wees.

Die Johannesburgse Internasionale Motorskou word van Saterdag 1 November tot Sondag 9 November 2008 by die nasionale uitstalsentrum in Nasrec, Johannesburg, gehou.

enchanted meadowДанильченко Юрий Брониславович

Nuwe buksie van Porsche dalk binnekort beskikbaar

Die finale oorname van VW deur Porsche gaan aan die einde van November 2008 afgehandel wees. Dit is dan ook nie ‘n groot verrassing dat daar

Image

Nuwe speelding van Porshe

stories van ‘n Porsche buksie begin rondloop nie.

Die motor gaan dalk of kompetisie vir die Golf wees of die boonste modelle in die Golf reeks vervang.  Die nuwe klein Porsche kan dalk die 914 genoem word. Ons sal moet wag en sien of die nuwe strategie by Porsche die nuwe hoofstroom produksie modelle gaan insluit.

best email marketingпрокурор харьковской области

Watter supersedan sal dit wees?

As ons dink aan supersedans dan dink die meeste van ons aan die Audi RS4, BMW M3 of Mercedes C63 AMG.

Image

Vierdeur-Ferrari

Daar is natuurlik die paar ouens wat onmiddellik aan die Audi RS6 of BMW M6 of Merc E63 AMG dink en dan is daar die manne met die diep sakke wat sonder twyfel aan die Audi S8 of die Mercedes S65 AMG of selfs die Bentley Continental dink.

Maar daar was altyd ‘n paar ouens wat nooit tevrede sou wees met een van die bogenoemde vuurpyle nie. Hulle is die Porsche- en Ferrari-manne om nie eers van die Lamborghini-ouens te praat nie. Wel dit lyk vir my of die wêreld se supermotorvervaardigers elkeen nou sy eie planne het om net so vir al sy bestaande kliënte wel n vinnige vierdeursedan daar te stel. ImagePorsche stel baie binnekort hulle Panamera-vierdeur bekend,

Lamborghini het so pas by die Franse Motorskou hulle planne met die Estoque bekend gemaak en ja, Ferrari het so twee weke gelede ook ‘n vierdeur waarvoor hulle nog ‘n naam het, gewys. Aston Martin gaan natuurlik hulle Rapide binnekort loslaat en dan is daar ook sprake van ‘n vierdeur-Bugati Veyron.

Wel, net die tyd sal leer, maar as jy een van daardie ouens met die lustelose raad van direkteure is, moet jy net so bietjie Imageaanhang voor jy jou Bentley of Maserati bestel, hier kom ‘n ding!

тамбов очисткапрокурор харьковской области

Lambo se bielie van ‘n bul

Gryp die kinders en gooi die gholfsstokke in. Italië se Lamborghini pronk by Parys se motorskou met 'n reisvaardige konsepmotor wat 1.35m hoog,

Image

Lamborghini Estoque

5.15m lank en 1.99m wyd is en mense wat in die vinnige baan beweeg gaan aanlok.

Die Lamborghini Estoque kan die vervaardiger se derde model wees na die Gallardo en Murcielago as dit die mark haal en sal die eerste Lamborghini met vier deure wees. Die Lamborghini-erfenis is onmiddellik duidelik op die skaalmodel  wat onlangs aan joernaliste vertoon is – skerp omlyn, vlymskerp-ontwerp en twee groot inlaatpype op die enjinkap wat die indruk van reuse neusgate gee.

Bestuurshoof Stephan Winkelman het in Parys gesê hulle is vandag suksesvol en winsgewend en dit is hulle basis vir die twee-model strategie. Die volgende logiese stap sal 'n splinternuwe derde model wees. Hy sê hulle het die totale mark in oënskou geneem en besef dat 'n elegante maar baie sportiewe limousine ontbreek.

Anders as Lamborghini se twee bestaande modelle wat lae mylafstand, mooiweer naweek-motors is, sal die Estoque daagliks gebruik kan word. Met 'n kinkel in Lamborghini se tradisie om sy motors na vegtende bulle te vernoem – stigter Ferruccio Lamborghini is Imageonder die Taurus sterreteken gebore – is Estoque die naam van die 90m swaard wat deur 'n stiervegter gebruik word.

Die motorvervaardiger beleef dié eeu 'n kragtige opgroei. Nadat ongeveer 250 motors per jaar oor die afgelope 40 jaar verkoop is, het die maatskappy in 2003 meer as 1000 verkoop en vir die eerste keer, 2000 in 2006. In 2007 was daar  2406 verkope wat 'n styging van 15% teenoor 2006 was. Verkope is tans 40% vir Europa, 40% vir Noord-Amerika terwyl die res elders in die wêreld is.   

реглан для девочки 8 летДанильченео

Audi waag dit op die water

Image18:07:55 Ja, dit is ook net die manne in Doebai wat sulke goed sal aanvang. Kyk na hierdie boot.

Hy is geskoei op die Audi R8 en word dan ook  deur ‘n V10–diesel-Audi-enjin aangedryf. As jy meer van petrol hou, kan hulle twee V8-enjins in die V10 se plek inbou. Die boot kan tot 180 kpu haal en om in en uit te kom gebruik die boot meeuvlerkdeure. Nou toe nou.

Image

Audi R8 boot

светодиодный светильниклобановский александр жена

Knip daardie sigaar in styl

Image

Torino Lamborghini-sigaarsnyer

18:06:23 Hier is die mees bekostigbare Lamborghini ooit. Hy sal jou so R1200 tot R1400 uit die sak jaag.

Ja jy het reg gelees, maar hierdie is nie ‘n motor nie, dit is ‘n sigaarknipper. Torino is die vervaardiger en hulle kan vir jou ‘n aansteker ook verkoop wat dieselfde Lamborghini-kenteken dra.

портальные автомойки ценаФільчаков Олександр Васильович