‘Immigrasie veroorsaak misdaad’

Die vermaarde speurder Piet Byleveld het onlangs gesê dat misdaad in die land hand aan hand gaan met immigrasie, veral onwettige immigrasie. Die meeste misdaad word wel deur immigrante gepleeg.

Byleveld was 'n genooide spreker by die Johannesburgse Dameskring.

Hy het voorts beweer dat dwelms 'n geweldige probleem geword het, veral onder kinders. Tik en kokaïen is die mees algemene dwelms wat onder kinders versprei word en is uiters gewoontevormend. Volgens Byleveld is 'n groot aantal dwelmbaronne Afrikanermans.

Die onbetrokkenheid van ouers by hul kinders is 'n teelaarde vir dwelms. As voorbeeld hiervan, het Byleveld die onlangse swaardmoordenaar op Krugersdorp genoem. Dié kind se ouers was agt maande gelede in sy kamer. Volgens hom moes die ouers insgelyks van moorde aangekla word aangesien hulle hul ouerlike verpligting so gruwelik versaak het.

платье для девочкилобановский александр биография

Immigrasie maak Engeland mees oorbevolkte land in Europa

Volgens amptelike syfers het Engeland Nederland verbygesteek as die mees oorbevolkte land in Europa.

Die syfer wat aan parlementslede vrygestel is, toon dat daar tans 395 mense per vierkante kilometer in Engeland woon.

Sewentig persent van die bevolkingsgroei in Engeland is aan immigrasie te wyte.

Internasionaal is Engeland se bevolkingsdigtheid die derde hoogste ter wêreld, ná Bangladesj (1 045 per vierkante kilometer) en Suid-Korea (498 per vierkante kilometer).

Volgens die Britse nasionale statistiekdiens gaan die Engelse bevolkingsdigtheid nog verder styg tot 464 mense per vk km in die jaar 2031.

Die enigste land in Europa met 'n hoër bevolkingsdigtheid as Engeland is Malta. Dié eiland in die Middellandse see verteenwoordig 'n spesiale geval omdat daar slegs 400 000 mense woon waarvan die meeste in die hawestad Valletta saamgetrek is.

Die nuwe beramings is bekendgemaak net 'n week nadat 'n alliansie van alle partye 'n beroep om gebalanseerde immigrasie gedoen het.

Die huidige immigrasie na Engeland word op 300 000 per jaar beraam. Teen die jaar 2050 behoort daar volgens die huidige neiging byna 80 miljoen mense in Engeland te wees. Indien immigrasie beheer word, sal daar slegs 65 miljoen mense teen 2050 wees.

Die onthulling oor Engeland se posisie as die mees oorbevolkte land in Europa kom op 'n tydstip waar die risiko van ekonomiese resessie kommer oor die dalende aantal werksgeleenthede en druk op maatskaplike dienste wek.

'n Woordvoerder vir die Britse Grensagentskap, die organisasie wat deur die departement van binnelandse sake gestig is om immigrasiebeheer toe te pas, het gesê: "Ons streng nuwe puntestelsel, tesame met ons planne om nuwelinge hul burgerskap te laat verdien, sal die totale aantal ekonomiese immigrante na Brittanje verminder, asook die aantal wat hulself uiteindelik permanent hier vestig.

купить школьный рюкзакОлександр Васильович Фільчаков

Amerikaanse aandelemark daal meeste sedert terreuraanvalle in 2001

Image

New Yorkse aandelebeurs

Die nuus van Lehman Brothers se bankrotskap, asook probleme by die versekeringsreus AIG, het die Amerikaanse aandelebeurse gister swaar getref. Die daling was die grootste sedert die terreuraanvalle op 11 September 2001.

Die daling in Amerikaanse huispryse is die eerste sedert die Groot Depressie van die dertigerjare in die vorige eeu. Die sukkelende finansiële instellings in die VSA, tesame met dalings in grondstofpryse, het die vrees laat onstaan dat die Amerikaanse ekonomie nog verder mag verlangsaam.

Aandele het meer as $600 miljard aan waarde ingeboet. Finansiële aandele in die bank- en versekeringsektor het die skerpste gedaal sedert 1989, volgens Bloomberg.

Die globale versekeringsmaatskappy American International Group (AIG) het met 61 persent gedaal terwyl die bank Washington Mutual se aandele met 27 persent gesak het.

Ook die prys van ruolie het na benede beweeg aangesien 'n Amerikaanse resessie die vraag na petroleumprodukte sal verlaag. Generale Electric, een van die grootste Amerikaanse maatskappye wat ook in die Dow Jones-indeks van dertig maatskappye verteenwoordig is, het met 8 persent teruggesak.

Handelaars was dit eens dat "vrees in beheer is". Die S&P 500-indeks het 4,7 persent laer gesluit op 1 192,70 en die Dow Jones het met 504,48 punte gedaal tot 10 917,51 oftewel 4,4 persent.

Beurse in Europa en Asië het die koue vanuit die VSA gevoel en het almal skerp gedaal. In Brasilië het die Bovespa met 7,6 persent afgeneem, insgelyks die skerpste daling sedert 11 September 2001. Die dollar het die meeste op een dag in tien jaar teen die Japannnese jen gedaal en Amerikaanse skatkiswissels in die tweejaarperiode het skerp in waarde gestyg soos wat beleggers die veiligheid van regeringsgewaarborgde rentedraende instrumente opsoek.

AIG se aandeelprys het van $7,38 tot $4,76 gedaal, wat die laagste sedert Junie 1988 is. Die versekeringsmaatskappy het 'n plan bekendgestel waardeur dit afwaartse kredietgraderings wil afweer deur $20 miljard se kapitaal in te win, asook 'n verdere $20 miljard se bates in kontant wil omskakel. AIG is, soos Lehman, die slagoffer van die ineenstorting van die Amerikaanse huisverbandleningsmark.

Volgens die vorige voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserwe, Alan Greenspan, is die huidige finansiële krisis "'n gebeurtenis wat een keer in 'n eeu plaasvind" en sal verdere finansiële instellings bankrot speel.

In 'n onderhoud met ABC-televisie in die VSA, het Greenspan gesê: "Dit ly geen twyfel dat die huidige situasie enigiets ootref wat ek nog gesien het en dat dit steeds nie opgelos is nie."

Die bank Washington Mutual mag die Amerikaanse belastingbetaler $24 miljard kos in die geval van 'n reddingspoging deur die regering. Ná die mark se sluiting het die graderingsmaatskappy Standard & Poor's die bank se uitstaande effekte tot sogenaamde "gemorspapier" (junk) verlaag.

Die probleme in die VSA gaan waarskynlik oorspoel na Suid-Afrika waar huispryse insgelyks onder druk is. Suid-Afrikaanse banke het ook aggressief aan die opkomende swart middelklas geld geleen wat in die geval van 'n wêreldwye kredietkrisis waarskynlik nie in staat gaan wees om hul verpligtinge na te kom nie.

Ook die hele SEB-nywerheid waaruit banke groot voordeel getrek het, berus op stygende aandelepryse. Indien die wêreldwye beermark in aandele voortduur, gaan daar geen groei in Suid-Afrikaanse aandelewaardes plaasvind nie en gaan begunstigdes van swartbemagtigingstransaksies uiteindelik met skuld sit wat hulle nie kan delg nie omdat die onderliggende bates waarteen hulle geleen het skerp gedaal het.

переходник для пневмоинструментаалександр лобановский супермаркет класс

‘Engeland moet betaal vir wittes se plase’

ImageBlanke boere gaan nie hul grond in Zimbabwe terugkry nie en die Britse regering moet hulle vir verliese vergoed. Dit was een van die eerste verklarings van Zimbabwe se splinternuwe regering van nasionale eenheid.

Volgens die drie leiers, Robert Mugabe, Morgan Tsvangirai en Arthur Mutambara, is die grondonteienings "onherroeplik".
Die ooreenkoms wat tussen die strydende partye in Zimbabwe bereik is, lui: "Die partye doen hiermee 'n beroep op die Britse regering om die primêre verantwoordelikheid te aanvaar om vergoeding te betaal vir grond wat van vorige grondeienaars vir hervestiging verkry is."
Die ekonomiese krisis in Zimbabwe het begin toe plase van blanke boere deur sogenaamde oorlogsveterane beset en geroof is. Omdat landbou die lande se primêre nywerheid is, het sy ekonomie so te sê in duie gestort.
Volgens persberigte gaan Brittanje ten minste een miljard pond, oftewel R15 miljard aan hulpgeld aan Zimbabwe oorbetaal in 'n poging om die land se ekonomie weer op dreef te kry.
In sy reaksie het die Europese Unie gister 'n wag-en-sien-houding ingeneem en nie onmiddellik hulpgeld belowe nie.

насосного оборудованиялобановский александр дочь

Wat gaan gebeur as Obama verloor?

Wat gaan gebeur as Obama verloor? 'n Angstigheid is besig om pos te vat in die VSA. Die Wall Street Journal berig dat swartes in die media begin wonder wat 'n verloorder Obama sal beteken.

Swartes het reeds die herhaling van die rasseonluste van 1960 as 'n moontlikheid genoem om hulle teleurstelling rugbaar te maak met só 'n uitslag. Richard McIntire, kommunikasiehoof van die invloedryke NAACP oftewel die  National Association for the Advancement of Colored People sê swartes is senuweeagtig dat Obama mag verloor en indien hy verloor gaan hulle uit die politieke proses onttrek.

Die jongste meningspeiling wat die Wall Street Journal gedoen het, wys dat 88% swart kiesers Obama ondersteun. Ook is swart stemregistrasie aansienlik op. Die president van Vereniging vir Swart Sosioloë meen dat die rasseverhoudinge tussen wit en swart baie skade gaan ly indien Obama verloor.

палатка купить киевФільчаков Олександр Васильович прокурор

Breinskandering vir ootreders in Indi

'n Kontroversiële besluit van Indië om breinskandering aan te wend om te wys hoe 'n verdagte detail van 'n misdaad onthou, word in die VSA skerp gekritiseer. Dit is nie die eerste keer dat verdagtes aan die wondere van die wetenskap blootgestel word nie, maar breinskandering se waarde is nog nie bo alle twyfel vasgestel nie.

Voorheen is infrarooistrale na die verdagte se kop gemik, is hulle in enorme magnetiese resonansiemasjiene geplaas of het skandeerders oogbewegings gemeet. Sedert 11 September probeer die VSA 'n toestel ontwerp wat breinaktiwteit by die vertel van leuens kan meet. Alhoewel daar geen tekort is aan allerlei maniere en metodes nie, word inligting wat só bekom word, nie toegelaat as getuienis in hofsake nie omdat die onfeilbaarheid daarvan nog onder verdenking is.

Maar in Indië het verskeie regters begin om breinskandering as geloofwaardige getuienis toe te laat. In Junie, in die Maharashtra-staat, het die regter 'n breinskandering as uitsluitlike rede aangevoer om 'n vrou lewenslank toe te sluit. Die regter het verklaar dat die beskuldigde oor ondervindingskennis beskik wat deur die skandering uitgewys is. Die vrou hou vol dat sy onskuldig is.

Sielkundiges en neurowetenskaplikes wat spesialiseer in breingebaseerde leuenverklikking, noem die Indiese voorbeeld belaglik, skrikwekkend en buitensporig. Terwyl Amerikaanse kenners dink dat daar nog nie genoeg navorsing gedoen is nie, beweer die Indiërs dat Israel en Singapoer besonder belangstel in die tegnologie en afgevaardigdes besoek gebring het aan regeringslaboratoria waar hierdie ondervragings gedoen word.

Die meeste metodes wat tans gebruik word om die waarheid te weet, is problematies. Selfs sogenaamde waarheidsdwelms laat pasiënte net soveel snert babbel as egthede. Poligraaftoetse meet dikwels angstigheid eerder as misleiding. Goeie bedrieërs voel ook nie noodwendig angstig terwyl hulle leuens vertel nie. Trouens in 1998 het die Amerikaanse Hooggeregshof beslis dat poligraaftoetse nie sonder meer 'n aanduiding van die egtheid van inligting kan wees nie.

In die Indiese geval word die beskuldigde se kop aan 'n EEG gekoppel dmv elekrodes. Terwyl die beskuldigde dan met geslote oë sit en wag word die detail van die misdaad voorgelees en daarna verwerk deur sagteware wat in Bangalore ontwerp is. Die sagteware besluit of die brein genoegsaam reageer in spesifieke areas wat met die voorlesing verband hou, soos met reuk of klank. Die sagteware-ingenieurs beweer dat die sisteem kan onderskei tussen herinneringe oor wat kriminele ervaar het en wat hulle self gedoen het.

Die toets staan bekend as die Breinelektriese-ossillasiehandtekening of BEOS en is deur Champadi Raman Mukundan in Bangalore ontwerp. Kenners beweer dat die nuwe toets nog nie aan genoeg ondersoek onderwerp is nie en geen ernstige akademiese publikasie wou nog daaroor berig nie. Sulke toetse en ondersoeke sou die metode meer geloofwaardigheid kon gee. Een van die spesialiste se breingebaseerde navorsing wat die Indiër glo gebruik het, meen dat die gebruik van die BEOS-metode verregaande is.

Michael Gazzaniga, direkteur van die SAGE Center for the Study of the Mind by die Universiteit van Kalifornië, Santa Barbara, sê dat alle kenners wat insae in die BEOS-metode gehad het, dink dat die sisteem ernstig tekortskiet. 'n Britse forensiese deskundige, Keith Ashcroft, was egter beïndruk met Indiese span se werk.

Verdagtes moet hulle toestemming gee om aan die metode onderwerp te word, maar ondersoekers sê hulle doen dit omdat hulle dink hulle gaan moeilike polisie-ondervragings vryspring daardeur. Dat verskeie lande besig is om in daardie rigting te werk, is nietemin duidelik. No Lie MRI, 'n maatskappy in Kalifornië, belowe dat hulle skanderings interpersoonlike vertroue en militêre intelligensie kan aanhelp. Die Amerikaanse Nasionale Navorsingsraad in Washington het reeds voorspel dat breinskandering gebruik sal word in die toekoms om terroriste uit te snuffel.

Dat die Amerikaanse grondwet in die slag gaan bly indien die metode veld wen, is seker. Die regsimplikasies van breinskandering is enorm en bevat allerlei moeilike etiese kwessies wat nog lank gedebatteer gaan word.

велосипеды купить украинаданильченко юрий брониславович прокурор

Ike tref Texas

Die orkaan Ike het Saterdag die deelstaat Texas getref en die oliesentrum van Houston verlam, waardeur die elektrisiteit van miljoene mense onderbreek is.

Amptenare en inwoners het gesê die monsterstorm het minder vernietigend gelyk as wat oorspronklik gevrees is.

Die orkaan het Amerikaanse olieproduksie en raffineringsvermoë met 'n kwart verminder.

Die vensters van wolkekrabbers het aan skerwe gespat en die strate van Houston, Amerika se vierde grootste stad, is met glasstukke besaai.

Geen stormverwante sterftes is aangemeld nie.

Ike kan tot versekeringseise van $8 miljard tot $18 miljard lei, volgens voorlopige skattings.

Die storm was die grootste om 'n Amerikaanse stad te tref sedert Katrina New Orleans in 2005 verwoes het.

боди для новорожденных девочек купитьДанильченко

Mugabe sal vandag die ooreenkoms teken

Image

Tsvangirai

Daar word verwag dat Mugabe vandag die magsdelingsooreenkoms met sy aartsvyand Morgan Tsvangirai sal onderteken.

Die ooreenkoms sal Zimbabwe se president en sy handlangers teen vervolging beskerm.

Mugabe sal luidens die ooreenkoms as president aanbly.

Nietemin noem MDC-leiers die ooreenkoms 'n deurbraak.

Omdat Tsvangirai die alledaagse beheer van die regering as eerste minister sal oorneem en hoof van die ministersraad sal wees, het hy aansienlike magte verkry.

Die regering sal nou in staat wees om wetgewing af te skaf wat koerante en joernaliste verban.

игрі для дивчатпрокурор Фильчаков

Lehman Brothers op die rand van bankrotskap

Dit wil voorkom asof die Wallstraatbeleggingsbank wat tans probleme ondervind, Lehman Brothers, nie in staat is om 'n belegger te vind om homself te herkapitaliseer ná afloop van Amerika se subprimaleningskrisis nie.

Lehman Brothers is desperaat vir 'n kontantinspuiting nadat die bank nog $3,9 miljard in die laaste kwartaal verloor het. Die Britse bank Barclays was die jongste moontlike venoot wat die aankoop van Lehman ondersoek het, maar dit het deur die mat geval ondat Barclays die Amerikaanse firma se handelsverpligtinge sou moes nakom.

Die Amerikaanse beleggingsbank het 'n 158-jaaroue geskiedenis en is 'n huishoudelike naam in Wallstraat. Die komende ondergang van Lehman Brothers toon hoe ver die subprimakrisis strek wat die Amerikaanse finansiële stelsel teister.

Die Bank van Amerika het dit ook oorweeg om Lehman Brothers te koop maar gerugte wil hê dat dié bank nou na Merrill Lynch kyk, nog 'n Wallstraatfirma wat weens subprimaverliese in die moeilikheid is.

Vroeër vanjaar het die Amerikaanse Federale Reserwebank ingetree om die mark te ondersteun ná die ineenstorting van Bear Stearns, nog 'n beleggingsbank wat bankrot gespeel het as gevolg van die subprimakrisis.

аэраторАлександр Фильчаков прокурор

Bush hoop om die Afghaanse oorlog uit te brei

George Bush hoop dat hy die oorlog teen die Taliban na Pakistan kan neem met Britse steun.

In 'n videokonferensie-oproep gister na Gordon Brown, het die twee leiers die kwessie bespreek.

Brown het gesê voordat hy met Bush gepraat het dat hulle 'n nuwe strategie op die grens tussen Pakistan en Afghanistan sal moet ontwikkel.

Die buitengewone stap waartoe Bush oorgegaan het, het spekulasie gevoed dat die VSA probeer om Britse spesiale magte vir oorgrensoperasies te monster.

Donderdagaand was daar egter aanduidings van openlike teenkanting uit Navo-geledere.

'n Navo-segsman het gesê dat verdragslande nie oorgrensaanvalle en indringender hakkejagoperasies steun nie.

Daar is tans 53 000 Navotroepe in Afghanistan. Navo se verdedigingsministers sal die Afghanistan-aangeleentheid volgende week in Londen bespreek.

uniel линейныепрокурор Фильчаков