Berlyn woedend na uitbetaling aan bankrot Lehman

Berlyn is glo woedend nadat berigte die rondte begin doen het dat Duitsland se Federale regeringsbank, KfW, 420 miljoen dollar aan Lehman Brothers oorhandig het net ure voordat die beleggingsbank gevou het en het 'n ondersoek na die beweringe gelas.

Die Frankfurter Allgemeine Zeitung sê KfW het die geld Maandag aan Lehman beskikbaar gemaak in 'n ruiltransaksie, dieselfde dag wat die Amerikaanse instelling hulleself bankrot verklaar het.

Die ministerie van Finansies in Berlyn wat KfW beheer, sê 'n ondersoek sal gedoen word om vas te stel wie die skuld moet kry. KfW se eie ouditeure gaan ten eerste kyk na waarom die betaling gemaak is.

KfW het aan die koerant erken dat hulle blootstelling van honderde miljoene euro se skuld vanweë die bankrotskap gehad het as gevolg van die "onbehoorlike uitbetaling". KfW hanteer die grootste deel van Federale regering se beleggings. Dit is as 'n rekonstruksiebank begin.

no depositФильчаков прокурор отзывы

Mboweni ignoreer “rassiste” by Reserwebank se AV

ImageDie houding van die aandeelhouers van die Reserwe Bank by die 88ste algemene jaarvergadering was rassisties sê Tito Mboweni. Mboweni het aan Mario Pretorius gesê dat hy nie sal toelaat dat Pretorius met hom praat soos wat wittes in die verlede met swartes gepraat het nie.

Pretorius het Mboweni twee keer versoek om 'n punt van orde te stel maar is geïgnoreer waarna hy gesê het "skokkend". Die vergadering, wat stormagtig was, het verdere ontevredenheid gesien toe 'n ander aandeelhouer, Michael Duerr, aan Mboweni gesê het dat daar nie belangrike spesiale sake wat voorgestel was en op die agenda verskyn het vooraf aan aandeelhouers gesirkuleer is nie

Duerr het gesê die versuim was met opset, waarna Mboweni Duerr buite orde gereël het. Duerr het na afloop van die vergadering 'n persverklaring uitgereik waarin hy beweer dat die rol van aandeelhouers geleidelik en drasties ingekort is. Hy het gesê die vergadering moes nie plaasgevind het nie aangesien die aandeelhouers nie behoorlik vooraf ingelig was omtrent die spesiale sake wat by die algemene vergadering bespreek moes word nie.

Die spesiale sake wat bespreek moes word sou gehandel het oor die flagrante oortredings deur Reserwe Bank werknemers. Dit blyk nou dat dit nooit ondersoek is nie en dat geen stappe geneem is nie ten spyte daarvan dat dié sake onder die Raad se aandag gebring is.

погружные насосыФильчаков Харьков

Mbeki dalk di? naweek uitgeskop

President Thabo Mbeki mag dalk binnekort deur Baleka Mbete, Speaker van die Nasionale Vergadering, vervang word.

Volgens Jan-Jan Joubert en 'n span joernaliste van Beeld, is die moontlikheid dat Mbeki vervang kan word, beslis groot. Joubert is baie na aan die ANC en die berigte het bygedra tot hewige spekulasie.

Om vure te probeer blus, het ANC segspersoon Jessie Duarte gister gesê dat só 'n besluit alleen deur die ANC se Nasionale Uitvoerende Komittee geneem sal word. Die NUK vergader hierdie naweek.

Duarte het gesê alhoewel die ANC-jeugliga dit as 'n feit aanvaar, beteken dit nie die besluit om Mbeki te vervang is geneem nie. Kgalema Motlanthe, adjunk-president van die ANC het Duarte se stelling bevestig.

Jacob Zuma het intussen geen aanduiding gegee van sy standpunt nie en het nie gereageer op navrae nie. Mathews Phosa het egter gister 'n sterk vermoede laat ontstaan dat Mbeki uitgeskop kan word. Hy het na Zuma se afdanking deur Mbeki verwys en gesuggereer dat Mbeki dieselfde lot as Zuma in dié verband in die gesig mag staar.

Paniek heers in Mbeki se ondersteuners se geledere. 'n SMS wat tans onder hulle die rondte doen lui dat mense uit hulle gemaksones moet kom en die werklikheid moet aanvaar. Dit eindig met "Ons kan almal uit wees gouer as wat ons dink."

иг ры для девочекЛобановский Харьков

EU kyk na Nigeriese gaspyplyn

Die Europese Unie wil graag hulle afhanklikheid van Russiese gas verminder ná die onlangse gebeure in Georgië. Daarom het hulle aan Nigerië finansiële en politieke steun van nagenoeg R190 miljard verleen om 'n trans-Saharapyplyn aan te lê wat gas direk na Europa sal dra.

Hernude fokus kom as gevolg van Gazprom, die Russiese gasbedryf, se belangstelling in Nigerië. Gazprom wil deelneem aan die pyplynprojek van 4 300km en het vroeër dié maand 'n voorlopige ooreenkoms met die staatsbeheerde Nigeriese Nasionale Petroleum Korporasie in Moskou onderteken om aan gaseksplorasie, produksie en vervoer mee te doen. Niger en Algerië sal ook by die projek betrokke wees.

Andris Piebalgs, die EU se energiekommissaris het verlede week besoek gebring aan Nigerië. Hy het erken dat die EU te stadig was om die trans-Saharapyplyn op te volg, maar die kwessie in Georgië het meer fokus gebring. Die lidlande voel dat daar meer gediversifiseer behoort te word as dit by hulle energieverskaffers kom.

Rusland verskaf 'n kwart van die gas wat die EU gebruik en wil hulle invloed in die gasmark uitbrei met skakeling met Libië en Nigerië. Die energieroetes deur die suidelike Kaukasus staan tans onder Russiese invloed en die EU is bekommerd dat die voorgestelde Nabuccogaspyplyn van 3 300km 'n volgende netelige kwessie kan word.

Mnr Piebalgs het gewaarsku dat dit nie nodig is om Russiese teenwoordigheid in Nigerië met paranoïa te bejeën nie, aangesien verskeie rolspelers betrokke is. Hy meen dat die pyplyn 20 miljard kubieke ton gas na Europa kan vervoer teen 2016. Die EU gebruik ongeveer 300 miljard kubieke ton per jaar. Aanvraag sal vermoedelik teen 2030 verdubbel.

купить интернет магазинФильчаков Александр Васильевич

‘Milit?re toerusting nutteloos weens personeeltekort’

Image

Cheetah – nie meer in gebruik nie

Die Minister van Verdediging Mosioa Lekota het Woensdag vier Gripen-vegvliegtuie by die Ysterplaatlugmagbasis naby Kaapstad in ontvangs geneem. Die stralers wat op die eerste dag van die Afrikalugruim- en verdedigingsuitstalling op die lugmagbasis afgelewer is, is deel van die 26 wat onder die multimiljarddollarwapentransaksie aangekoop is.

Lekota het aan die SAUK gesê die ingebruikneming van die vegvliegtuie is daarop gemik om die Nasionale Weermag se tegnologie te bevorder. Hy het bewerings ontken dat daar nie weermagpersoneel beskikbaar is om die vegvliegtuie te beman nie.

Intussen sê die Demokratiese Alliansie militêre toerusting wat as deel van die wapentransaksie aangekoop is, lê nutteloos weens die tekort aan opgeleide personeel. DA-woordvoerder Rafeek Shah sê duikbote en ander militêre toerusting wat aangekoop is as deel van die R49-miljardwapenaankooppakket word nie ten volle benut nie.

"Dit is duidelik dat die Vloot en die Lugmag onbevoeg is om die toerusting wat teen groot koste aangekoop is behoorlik te gebruik weens gebrek aan vaardighede," het Shah gesê.

Die Lugmag ondervind soortgelyke probleme. 'n Voorbeeld is dat die Lugmag net twee Gripen-vliegtuie in Suid-Afrika het en dat nie een van hulle operasioneel is nie. Dit laat Suid-Afrika sonder vegterskapasiteit om sy lugruim te verdedig omdat die ouer Cheetahs afgeskryf is.

Shah sê meeste van die toerusting wat aangekoop is, is nóg geskik om in Suid-Afrika se plaaslike behoeftes te voorsien, nóg vir sy vredesrol regoor Afrika.

уличные консольные светодиодные светильники на столбы ценатопкарго развод

Gesondheidsdepartement kla oor media

ImageDie gesondheidsdepartement het Woensdag die media daarvan beskuldig dat dit die verkeerde indruk skep dat die land se openbare gesondheidstelsel in 'n warboel verkeer.

Die direkteur-generaal van gesondheid Thami Mseleku het op 'n mediakonferensie in Kaapstad gesê die media skep die indruk dat niks in die openbare gesondheidstelsel werk nie. "Terwyl die media sekere uitdagings in die stelsel uitlig, het hulle nie die moeite gedoen om verslag te doen oor maatreëls wat die department tref om dit aan te spreek nie," het Mseleku gesê.

Met verwysing na die media se dekking van die land se onlangse MIVVigs-statistieke, sê Mseleku joernaliste het uit hulle pad gegaan om die indruk te skep dat die department die opname gedokter het. "Die mediaverslae is gebaseer op 'n artikel deur twee navorsers wat in die jongste SA Mediese Tydskrif gepubliseer is en wat nie die department die geleentheid gegee het om sy kant van die saak te stel nie," het Mseleku gesê.

fruit casinotopcargo отзывы сотрудников

Monnik probeer selfmoord pleeg

Image

‘n Burmese monnik (nie die een wat selfmoord wou pleeg nie)

'n Boeddhistiese monnik het dié week probeer om selfmoord te pleeg by Mianmar se heiligste tempel, moontlik uit protes teen ekonomiese lyding.

Ooggetuies sê die monnik, wat vermoedelik in sy vyftigerjare was, is na die Jangon-algemenehospitaal geneem nadat hy Dinsdag sy keel by die Sjwedagon-tempel probeer afsny het. Die ooggetuies wou nie hulle name genoem hê nie uit vrees dat hulle die aandag van die land se militêre owerhede op hulle vestig.

Een van die trustees van die tempel, wat ook naamloos wou bly, sê die monnik het gesê hy wil selfmoord pleeg omdat hy desperaat is. "Hy het na Jangon gekom om mediese behandeling te ontvang en sy geld het opgeraak," het die trustee gesê. Die monnik, wie se naam nie bekend gemaak is nie, se toestand is stabiel.

Dit was die tweede selfmoordpoging deur 'n monnik by die tempel vanjaar. Die 26-jarige Kiou Zin Naing het in Maart homself  by die tempel aan die brand gesteek nadat hy teenregeringslagspreuke geskree het. Hy is later aan sy beserings dood.

Die Sjwedagon-tempel het 'n geskiedenis as 'n sentrum vir massapolitiekevergaderings en was verlede September 'n fokus vir Boeddhistiese monnike en pro-demokratiese betogers. Dinsdag se voorval kom voor op 'n tydstip dat die owerhede sekuriteit in Jangon en ander stede begin opskerp het om enige protes wat die eerste verjaardag van verlede jaar se massa teen-regeringsdemonstrasies herdenk, te voorkom.

Die versetbeweging wat as klein betogings begin het, het die militêre regering daarvan beskuldig dat hy versuim het om die ekonomiese las van die mense te verlig. Dit het later in breër teenregeringsbetogings ontaard wat deur militante monnike aangevuur is en het soveel as 100 000 mense in die strate van Jangon, die land se grootste stad, byeengebring.

Die weermag het uiteindelik ingegryp om die vreedsame protes met mag in die kiem te smoor. Minstens 31 mense is dood en honderde is aangehou.

фасадная штукатурка купитьлобановский харьков класс

Blanke man wen rassesaak

Die Appèlhof het Woensdag in 'n appèlsaak ten gunste van 'n Kwazulu-Natalse man bevind wat meen dat hy nie tot 'n pos by die Grey-hospitaal in Pietermaritzburg benoem is nie omdat hy blank is.

Martin Gordon, wat deur 'n keuringspaneel as die beste kandidaat vir die pos aangewys is, het die Arbeidshof genade en beweer dat hy nie aangestel is nie bloot vanweë sy ras en kleur.

Hy het aangevoer dat hy dit op onbillike diskriminasie in terme van die Wet op arbeidsverhoudinge neerkom.

Die Arbeidshof het die bewering verwerp, maar Gordon het die saak na die Arbeidsappèlhof geneem.

Dié hof het die appèl verwerp op grond daarvan dat die suksesvolle kandidaat, 'n swartman, 'n direkte en substantiewe belang in die verrigtinge gehad het en dat daar nagelaat is om hom in die saak te ken, wat "nie-toepaslik" was.

Woensdag het die Appèlhof die Arbeidshof se beslissing omgekeer en bevind dat die swart aansoeker, wat oënskynlik vanweë regstellende aksie aangestel is, onbillik teen Gordon gediskrimineer het.

In sy uitspraak wat eenparig deur 'n paneel van vyf regters ondersteun is, het regter D Mlambo gesê dat die hof bevind het dat Gordon beskermende bevordering versoek het wat geen direkte implikasies vir die aangestelde kandidaat gehad het nie.
Die Appèlhof het bevind dat die aanstelling van die swart kandidaat in die afwesigheid van 'n plan of program ad hoc en daarom arbitrêr was.
Die hof het ook bevind dat "ad hoc en arbitrêre" optrede nie in artikel agt van die grondwet voorsien word nie.
Die Bloemfonteinse hof het daarom bevind dat die aanstelling van die swart kandidaat onbillik teen Gordon gediskrimineer het.business promotionФільчаков прокурор

Grondonteieningswet kom weer terug

Die berugte grondonteieningswet kom moontlik weer terug. Die departement van openbare werke het Woensdag aangedui dat dit die wet weer in die parlement ter tafel mag lê.

By 'n mediakonferensie in Kaapstad het die direkteur-generaal van openbare werke Manye Moroka gesê dat die maatreël nie heeltemal teruggetrek is nie.

"Dit is nie heeltemal gekanselleer nie. Daar is steeds ruimte om dit weer voor te lê," het hy gesê.

Die minister van openbare werke Thoko Didiza en die voorsitster van die openbarewerkekomitee in die nasionale vergadering, Thandi Thobias-Pokolo, praat steeds oor die toekoms van die wetsontwerp.

Die wetgewing, watdie staat sou toegelaat het om eiendom veel makliker te onteien as wat huidige wetgewing toelaat, is verlede maand deur die komitee om grondwetlike redes laat vaar.

Verskeie organisasies, waaronder Agri-SA, TLU SA en die Demokratiese Alliansie het die maatreël gekritiseer en gewaarsku dat dit die land se ekonomie kon skaad.

наборы детской косметикиАлександр Фильчаков

Afrikaners moet deelneem aan straatnaamproses

Die Vryheidsfront Plus het 'n oproep op inwoners van Pretoria gedoen om in groot getalle by die openbare deelnameproses oor die verandering van 27 straatname in Pretoria betrokke te raak.

Die VF Plus het ook 'n beroep gedoen op alle organisasies wat besorg is oor onverantwoordelike naamveranderinge om aktief aan die openbare deelnameproses  deel te neem. Sulke organisasies sluit in burgerlike drukgroepe soos AfriForum en Praag, asook kultuurorganisasies soos die FAK, ATKV en die Afrikanerbond.

Die stadsraad het bekendgemaak dat daar op Dinsdag 7 Oktober om 18:00 ‘n openbare deelnamevergadering in die East Lynn-gemeenskapsaal sal plaasvind. Nog ‘n vergadering is gereël vir Donderdag 9 Oktober om 18:00 in die Centurion Raadsaal.

Volgens Mnr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid en lid van die raad se komitee vir plek- en straatname, gebruik die ANC-beheerde raad hierdie tipe vergaderings om kwessies deur te druk.

Die Munisipale Strukturewet vereis dat openbare konsultasie moet plaasvind wanneer die raad besluite neem wat inwoners raak.

Volgens die VF Plus verwelkom die ANC dit as min mense by sulke vergaderings opdaag en min weerstand bied.   Die ANC gebruik dan sulke vergaderings om te sê hulle het die wet nagekom in terme van publieke deelname.

"'n Vergadering wat deur 'n massa beswaarde inwoners bygewoon word sal die speelveld egter totaal verander. Dit maak dit uiters moeilik vir die ANC om die proses dan te stoomroller en steeds binne die wet te bly", het Beyers gesê.

Volgens Beyers kom die verandering van 27 straatname, wat hoofsaaklik na historiese Afrikaner-figure vernoem is, op kulturele sabotasie neer.  Die publiek behoort dit op alle fronte teen te staan.

насосАлександр Фильчаков Васильевич