VSA red grootste bank in Amerikaanse geskiedenis

Die Amerikaanse regering het Donderdag die grootste bank ooit in Amerikaanse geskiedenis oorgeneem. Washington Mutual, die sinkende spaar- en uitleenbank is volgens 'n noodplan in stukke opgedeel om die Amerikaanse belastingbetaler nog pyn te spaar. Dele daarvan is aan JPMorgan Chase verkoop.

Die Federale Reserwe en Tesourie is al 'n geruime tyd senuweeagtig oor die lot van WaMu – soos die bank bekendstaan – en het druk toegepas dat die bank self kopers soek. Amerikaanse reguleerders het uiteindelik sonder die medewete van die bank kopers gewerf.

Die oorname en JPMorgan-ooreenkoms het trouens as 'n algehele verassing vir die bestuur van Washington Mutual gekom. Dit is die tweede keer dat die VSA se regering 'n sukkelende bank in die arms van JPMorgan dryf. In Maart het JPMorgan Bear Stearns oorgeneem wat op die rand van bankrotskap gehuiwer het.

Kenners meen dat regeringsingryping nodig was omdat die nadraai van die bank se ondergang te omvangryk en destabiliserend kon inwerk indien dit deur die Federal Deposit Insurance Corporation oorgeneem sou gewees het. 'n Banknavorser sê Washington Mutual was te groot om te vou in die gewone sin. Dit sou die reeds sinkende Federal Deposit tussen $20 en $30 miljard uit die sak gejaag het, 'n bedrag wat die FDIC nie sou kon bekostig nie.

Die bank het in April 'n kapitaalinspuiting van $5 miljard gekry, maar die uitkoms het onveranderd gebly.

детская палатка с тоннелемФільчаков Олександр Васильович прокурор

Barbara Hogan is die nuwe gesondheidsminister

ImageManto Tshabalala-Msimang, die omstrede minister van Gesondheid, is deur Barbara Anne Hogan vervang.

Zackie Achmat, voorsitter van die Treatment Action Campaign, het Hogan se aanstelling as "die beste nuus ooit vir Suid-Afrika" beskryf. Hogan is 'n vriendin van die vigsaktivis.

Volgens Achmat is Hogan 'n senior lid van die ANC wat in die gevangenis was asook op die portefeuljekommittee vir finansies gedien het. Mbeki het glo van haar ontslae geraak nadat sy ongemaklike vrae begin vra het oor die wapentransaksie en steun vir die TAC uitgespreek het.

Tshabalala-Msimang sal nou as minister in die Presidensie dien.

pokie machine gamesлобановский харьков

Nuwe party ‘kan geweld laat uitbreek’

ANC-president Jacob Zuma se eerste besoek sal aan die Oos-Kaap wees waar Mbeki se steunbasis lê. Die Zuma-kamp is bekommerd oor gerugte dat 'n inisiatief geloods is vir die stigting van 'n nuwe party. Dié party sal geskoei wees op die UDM, die United Democratic Movement, en waarskynlik baie van die DA – wat intussen onder Zille links beweeg het – se steun trek.

Limpopo se Premier Sello Moloto, Gauteng se Premier Mbhazima Shilowa en adjunk-minister van Verdediging Mluleki George asook eertydse Ekhuruleni burgemeester Duma Nkosi is almal betrokke by die plan om 'n nuwe politieke groepering van die grond af te kry.

Al die betrokkenes het die beweringe ten sterkste ontken, maar 'n senior ANC-leier in Limpopo meen die grondslag is gelê en dat aankondigings binnekort gemaak sal word. Die idee is dat ministers wat onder Mbeki goed gevaar het, die gesigte na buite sal wees.

Mbeki sal klaarblyklik deel vorm van die groep, maar hy sal nie 'n leiersposisie beklee nie omdat dit nie moet lyk asof hy aan mag vasklou nie. Alhoewel die planne en navorsing reeds 'n gevorderde stadium bereik het, is ANC-leiers wat deel vorm van die wegbreekgroep traag om dit openbaar te maak omdat hulle vrees dat só 'n aankondiging geweld kan laat uitbreek.

школьные рубашки для девочекДанильченко

McBride sit sonder werk

Die Ekurhuleni Metroraad het gister besluit om van Robert McBride ontslae te raak. Beeld berig dat hy van vandag af sonder werk sal sit.

Die vorige burgemeester Duma Nkosi het McBride in 2006 op verpligte verlof geplaas na aantygings van onder andere dronkbestuur. Ntombi Mekgwe, die dienende burgemeester, het besluit om nie sy kontrak te verleng nie. Die vyfjaarkontrak sou aan die einde van November verstryk het. Sy het geen redes verstrek vir die besluit nie.

Mekgwe sê die raad sal steeds sy regskoste dek, maar indien hy nuwe kostes aangaan sal dit nie gedek word nie. Sy het gesê Mkhabela Sibeko, waarnemende hoof van die metropolisie, sal aanbly.

McBride was nog nie gisteraand in kennis gestel van die Metroraad se besluit nie.

пневмоинструмент в ростове на донуДанильченко Харьков

Duitsland veroordeel Amerikaanse hebsug

Duitsland het Amerika daarvan beskuldig dat hulle 'n wêreldwye finansiële krisis veroorsaak het. In die skerpste taal wat 'n bondgenoot tot Image hede toe nog in die krisis gebruik het, het die Duitse minister van Finansies, Peer Steinbrueck, gesê die probleem is deur die VSA veroorsaak en sal "diep merke" aan albei kante van die Atlantiese Oseaan laat.

Hy het aan die Duitse laerhuis, die Bundestag, gesê die wêreld sal nooit weer wees soos dit voor die krisis was nie. "Die VSA sal hulle status as supermoondheid in die wêreld se finansiële stelsel verloor", het hy gesê. "Die wêreld se finansiële stelsel gaan multi-polêr word."

Tydens Duitsland se voorsitterskap van die G8 verlede jaar, het Merkel en Steinbrueck gepoog om beter regulering voor te stel, maar hulle pogings is deur Washington en Londen gekelder.

Steinbrueck het die Angelsaksiese sug na dubbelsyferwinste en massiewe bonusse vir bankiers en uitvoerende beamptes met minagting beskryf. Hy het ook voorstelle gemaak om 'n herhaling van die fiasko in die toekoms te vermy.

online games.co.ukданильченко юрий брониславович прокурор

Zim stoei nog met vier poste

Robert Mugabe het aan die media by die VN se Algemene Vergadering gesê daar is net vier poste wat nog gevul moet word in sy kabinet. Dit is nie duidelik watter vier hy bedoel het nie.

Tsvangirai wil die pos van Binnelandse Sake beheer omdat dit hom ook magte oor die polisie sal gee.

Mugabe het gesê dat hy graag sal saamwerk met Tsvangirai omdat hy al in die verlede met vise-presidente moes saamwerk. Hy het gesê 'n eerste minister is nie veel anders nie.

Mugabe, wat aan joernaliste erken het hy is "verpletter" oor die nuus dat Mbeki uitgetree het, het gesê dit hang van die SAOG-lande af of Mbeki sal aanbly as bemiddelaar tussen die MDC en Zanu-PF.

Dit is nog nie duidelik of Mbeki sal aanbly of vervang word deur iemand anders nie.

пескоструйная обработка дисковФільчаков Олександр Васильович прокурор

Motlanthe is Suid-Afrika se nuwe president

Kgalema Motlanthe, die ANC se adjunk-president, is met 'n groot meerderheid verkies tot Suid-Afrika se nuwe president. Hy vervang

Kgalema Motlanthe

Kgalema Motlanthe

Thabo Mbeki wat herroep is deur die ANC en daarom bedank het.

Die aankondiging is deur Hoofregter Pius Langa gemaak. Hy sal vanmiddag Motlanthe se inhuldiging by Tuynhuys waarneem.

Motlanthe het 269 stemme op homself verenig teenoor 50 vir die enigste ander nominasie, naamlik Joe Seremane, DA-voorsitter. Van die stembriewe is 41 bederf, 'n aansienlike hoeveelheid wat dui op 'n protesstem. Die ID-party se vier parlementêre verteenwoordigers het buite stemming gebly.

'n Nuwe Kabinet en adjunk-president sal na verwagting binnekort aangekondig word.

love potionДанильченко

Politieke aardskudding in Beiere verwag

ImageIndien Die CSU, oftewel die Christen-Sosiale Unie, Sondag in Duitsland hulle algehele meerderheid in die deelstaat Beiere verloor, sal dit niks minder as 'n rewolusie in Duitse politiek wees nie. En vir die eerste keer in 46 jaar lyk dit asof so 'n nederlaag waarskynlik is. Die verlies aan invloed kan verreikende gevolge vir kanselier Angela Merkel inhou.

Sedert 1962 heers Merkel se party alleen in Beiere en die opposisie meen dat politiek, staat en sakebelange op 'n ongesonde wyse vermeng word. Alhoewel München se Theresienwiesepark ewe vrolik daaruit sien met voorbereidings vir die Oktoberfees, is politieke gemoedere donker.

Die gesiene Politbarometer-meningspeiling gee die sukkelende CSU slegs 47% waar die party in 2003 met meer as 60% as oorwinnaar uitgestap het. Die vraag was altyd hoe ver die CSU gaan wen en nie òf hulle gaan wen nie, sê Sepp Daxenberger van die Groenes. Die CSU sal waarskynlik gedwing word om met die FDP 'n koalisieregering te vorm.

Op Federale vlak sal die nederlaag voelbaar wees aangesien Merkel se "Groot Koalisie" in die Bundesrat, die oppergesag in die Nasionale Parlement, baie sal verswak. Dit plaas dadelik ook 'n vraagteken oor haar kanse om in volgende jaar se verkiesing sukses te behaal, omdat die oorvloedige stemme in Beiere opgedroog het.

Die CSU staan ook onafhanklik in Europese verkiesings en omdat die afsnypunt nasionaal bepaal word, mag hulle uitval in die volgende EU-rondte en invloed in die Europese parlement verloor. Die uitslag van die naweek se stemmery gaam beslis tot in Brussel gevoel word.

free blackjack no downloadпрокурор Фильчаков

Bush boesem min vertroue in by VN

Na jare se sedige preke oor die vrye mark, het George W. Bush se laaste toespraak voor die Algemene Vergadering by die VN nie goed afgegaan nie. In die gange van die organisasie is dit blykbaar al waaroor die lede praat.

President Luiz Inácio Lula da Silva van Brasilië het Dinsdag in sy toespraak gesê dit is onregverdig om te verwag dat die hele wêreld die verantwoordelikheid moet dra vir die VSA se ongebreidelde hebsug.

Daar was 'n groot mate van Schadenfeude onder lidlande te bespeur oor die finansiële verknorsing van die VSA omdat Amerika weinig simpatie gehad het vir die druk waaronder baie lande geplaas is deur hulle blootstelling aan 'n geglobaliseerde ekonomie.

Dat die Bush-administrasie – wat eers volgehou het dat bankrotskappe elders buite hulle eie grense maar hulle gang moet gaan – nou 'n reuse hulppaket saamgestel het, is vir vele 'n aanduiding dat die VSA nie graag hulle eie medisyne neem nie.

Ook is daar kommer dat die gebrek aan oorsig op Wallstraat die wêreldekonomie dermate gaan knou, dat die amstes die hoogste prys sal moet betaal.

Ban Ki Moon het in sy openingsrede gesê dat die globale finansiële krisis al die VN se harde werk in gevaar stel en dit bevraagteken of steun vir die vrye mark so 'n gesonde ding was. Hy het gesê onkritiese geloof in die towerkrag van markte is nie wat nou nodig is nie.

Bush het die heersende kommer by die VN heeltemal onderskat en in sy rede byna uitsluitlik gefokus op die probleem van terrorisme vir die VSA. Hy het slegs 'n paar sinne aan die finansiële krisis op Wallstraat gewy.

Mark Malloch Brown, 'n Britse kabinetminister, het gesê lidlande sien nou duidelik deur die Amerikaners se dubbele standaarde. Dit was nie Kuba of Iran wat gister oor die VSA gekla het nie, maar  hulle eie bondgenote en  vriende.

President Nicolas Sarkozy het die huidige krisis as die grootste gemors sedert die Depressie beskryf en die finansiële stelsel "waansinnig" genoem. Hy het 'n ontmoeting vir November voorgestel wat deur talle ondersteun is oor hoe om die reguleringsprobleme die hoof te bied.

free gamblingАлександр Фильчаков прокурор

‘Daar is geen skeuring in die ANC’ – Pahad

Die uitgaande minister in die presidensie Essop Pahad, het ontken dat daar enige vorm van skeuring in die ANC is. Pahad word oor die

Image

Essop Pahad

algemeen gesien as die mag agter die troon en Mbeki se belangrikste raadgewer.

"Daar is geen besprekings oor enige soort skeuring nie. Niemand het dit nog genoem nie. Ek is nie bewus van enige bespreking rondom 'n skeuring binne die ANC nie," het Pahad gesê.

Pahad het gisteraand 'n nuuskonferensie by die Uniegebou toegespreek ná die laaste kabinetsvergadering van die Mbeki-bewind. Volgens hom was die vergadering emosioneel met verskillende ministers wat oor hul termyn onder Mbeki gepraat het.

Pahad het ook bevestig dat hy nie in 'n nuwe kabinet sou dien nie en genoem dat hy van vandag af "werk soek".

Volgens Pahad was die besluit om Mbeki as president te herroep "wesentlik onregverdig".

Toe hy oor ander ministers wat bedank het uitgevra is, het Pahad gesê dat hy nie bewus was van enige ander minister wat bedank het nie. Ronnie Kasrils, die minister van nasionale intelligensie, het egter ook intussen te kenne gegee dat hy nie in 'n nuwe kabinet wil dien nie.

Die nuwe president van Suid-Afrika wat deur die ANC aangewys is, Kgalema Motlanthe, sal na verwagting vandag tydens 'n parlementêre sitting in Kaapstad amptelik as sodanig verkies word.

гайковерт воздушныйлобановский класс харьков