Die staatshoofde van die wêreld se vernaamste ekonomieë, die G20, kon nie daarin slaag om hulle diepe verdeeldheid oor die konflik in Sirië te oorkom by samesprekings by die G20-beraad wat tans in St Petersburg in Rusland plaasvind nie.
Die VN en Arabiese Liga se gesant vir Sirië, Lakhdar Brahimi, het hom ook by die leiers aangesluit en die hoofsekretaris van die VN, Ban Ki-Moon het druk probeer toepas vir ‘n internasionale vredeskonferensie oor Sirië.
Wêreldleiers het hulle eie standpunte probeer stel in toesprake van 10 minute elk, maar geen deurbraak kon bereik word nie.
Die Italiaanse Eerste Minister, Enrico Letta, het na afloop daarvan gesê die diepe verdeeldheid oor Sirië is nou slegs bevestig.
Amerika se gesant by die VN het vanuit New York, Rusland daarvan beskuldig dat hy die VN-Veiligheidsraad gyselaar hou, terwyl die Britse Eerste Minister, David Cameron, aangedui het dat Londen nuwe bewyse het van die gebruik van chemiese wapens. – RSG
Omimmigrasie te bevraagteken wasvir jarebeskouas rassistiesinBrittanje,maar al drievernaamstepartye het beginom te praatoor diemoeilikeonderwerpinreaksie op stygendeopenbareangs dat die VK oorspoel gaan word deur ander rasse en kulture.
Die gewildheid vananti-immigrasieveldtogte deur veral UK Independence Party (UKIP) het die kwessie nou in die hoofstroom gedwing.
Cameronseregerende Konserwatiewes,watagterraak by die Arbeidersindie plaaslike stembusse,hetbelowe om ‘nverreikendeimmigrasiebeleid in te voer en sê hulle gaan netto-immigrasie met ‘n derde verminder.
Die immigrasiekantoor in Brittanje het bevestig dat hy ‘n terugbetaalbare bedrag van ongeveer R45 000 gaan eis vir visums van “hoërisiko”-besoekers uit ses voormalige kolonies in Afrika en Asië.
Luidens ‘n verklaring wat Maandag uitgereik is, sal Brittanje voortgaan met die loodsprojek wat woede en beskuldigings uit verskeie oorde ontlok het. Die land is ook gewaarsku van weerwraak en dat die besluit handelsverhoudings kan skaad.
Dit is nie bekend wanneer die projek sal begin nie.
Indien die projek suksesvol is, sal Brittanje die bedrag “op ‘n intelligensie-geleide basis op enige visum-roete en enige land” kan toepas.
Die lande wat tans geraak word is Nigerië, Ghana, Indië, Pakistan, Bangladesj en Sri Lanka.
Die immigrasiekantoor het gesê hy hoop die deposito-stelsel verhoed dat mense te lank in die land bly en die koste van buitelanders se gebruik van openbare dienste kan verhaal. – AP
Die Britse premier David Cameron se plan om internetpornografie te verbied, is onder verdenking nadat hy voorgestel dat kaal vroue soos dié wat op The Sun se bladsy drie verskyn, nog steeds toeganklik sal wees aanlyn. Sommige kritici het Cameron van skynheiligheid beskuldig.
Die Eerste Minister het ‘n groot toespraak uitgestel om ‘n reeks hervormings aan te kondig wat kinders moet beskerm teen “giftige” pornografiese webwerwe. Cameron het sulke webwerwe as ‘n “roes op kinderjare” beskryf. Hy het aangekondig dat internetdiensverskaffers ingestem het om gesinsvriendelike filters aan te bring wat outomaties pornografie blokkeer tensy kliënte verkies om dit te sien.
Maar sy voorstelle is ook gekritiseer deur die anti-sensuur groepe, wat gewaarsku het dat webwerwe oor seksuele gesondheid en seksualiteit per ongeluk in die verbod kan sneuwel.
Cameron erken daar sal “probleme” met die stelsel wees en kennelik is sy aanvaarding van “sagte” of geskrewe pornografie problematies.
Die voormalige hoof van Child Exploitation and Online Protection (CEOP), Jim Gamble, sê mnr Cameron se plan om kindermishandeling te fnuik deur die verwydering van die resultate van soekenjins soos Google sal “afgelag” word deur pedofiele.
“Daar is 50.000 sulke roofdiere … wat nie van Google gebruik maak nie, maar peer-to-peer,” het hy gesê. “Volgens CEOP se inligting is slegs 192 verlede jaar gearresteer. Dit is eenvoudig nie goed genoeg nie.
“Kom ons skep ‘n werklike afskrikmiddel. Nie ‘n pop-up wat pedofiele sal aflag. nie.”
Cameron het ‘n veelvoudige benadering in die vooruitsig gestel om die verspreiding van beide wettige en onwettige pornografie aan te pak op die internet, en sê dat die probleem is “te groot om te ignoreer”.
Een sy voorstelle is, om teen die einde van volgende jaar alle huishoudings ‘n “opt out” van outomatiese pornfilters te gee, wat as standaard met internetbreëband kom. Besit van die uiterste vorme van volwasse pornografie sal ‘n oortreding word, terwyl die aanlyn-inhoud dieselfde beperkings as DVD’s in sekswinkels sal hê.
Maar in onderhoude ná sy toespraak was Cameron onduidelik presies oor watter webwerwe verbied moet word deur die nuwe filters – en aanvaar hy dat die tegnologie nog steeds tekortkominge het.