Zuma wil nie grondwet verander

Image

Jacob Zuma

Volgens kommentaar wat Maandag in The Star geplaas is, het ANC-president Jacob Zuma gesê dat hy geen bedoeling het om die regte wat in die grondwet vervat is te "erodeer" nie.

"Saam met my kamerade in die ANC het ek lank en hard baklei vir die grondwet en die regte wat daarin beskerm is. Ek het geen bedoeling om nou of in die toekoms enige van die regte te erodeer nie."

Hy het geskryf oor misdaad en maniere om dit te verminder en het gesê daar is "heelwat plek" in die grondwet om wetgewing teen misdaad taaier te maak. Hy het gevra dat die howe lang en voldoende vonnisse  moet uitspreek.

"Sentraal by die bekamping van misdaad, is die daarstelling van 'n effektiewe en getransformeerde strafregstelsel, wat met gemeenskappe saamwerk om misdaad te beveg."

Dit was die regering se plig om met gemeenskappe hande te neem in polisiëring en misdaadvoorkoming.

"Kriminele kan nie bestaan as hulle nie gemeenskappe het waarbinne hulle kan lewe, wegkruip en aangaan om hulle bose dade te pleeg nie."

Gemeenskapsgebaseerde polisiëring, wat belangrik was in die stryd teen misdaad ná 1994, moet weer op die been gebring word.

Zuma het gesê die strafregstelsel se transformasie moet verbind word daaraan om Suid-Afrikaners te mobiliseer en straatkomitees te stig wat met die polisie kan saamwerk.

Die doel is om ernstige- en geweldsmisdade met tussen 7% en 10% per jaar te laat daal.  

фото из банилобановский александр дочь

Gaza-aanval is ‘soos oorlogsmisdaad’ ? Tutu

Image

Desmond Tutu

Israel se bombardement van Gaza dra al die kenmerke van oorlogsmisdade, het aartsbiskop emeritus Desmond Tutu Sondag in 'n verklaring gesê.

"In die konteks van totale lugsuperioriteit, waarmee een kant dodelike vliegtuie ontplooi teen opponente wat geen manier het om hulleself te verdedig nie, dra die bombardement alle kenmerke van oorlogsmisdade."

Die aanvalle, in vergelding op die vuurpyle wat deur Palestyne afgevuur is, sal nie bydra tot die sekuriteit van Israel nie, het hy gesê.

"Dit is 'n klad, nie net op die Midde-Ooste nie, maar ook op die hele wêreld, en veral wêreldleiers wat deurlopend die mense van Palestina en Israel oor die laaste 60 jaar in die steek gelaat het."

Omtrent 270 mense is dood in die aanvalle van Saterdag af.

форма справки дляФільчаков Олександр Васильович прокурор

217 in Johannesburg aangekeer

'n Totaal van 217 mense is oor die Kerstyd in Johannesburg gearresteer vir misdade wat wissel van dronkbestuur tot moord, het die Gautengse polisie gesê.

Polisieoperasies het Woensdag begin en Sondag klaargemaak, het kaptein John Maluleke gesê.

Diegene wat in hegteis geneem is, sluit in 4 wat vir moord gevang is, 4 vir verkragting, 6 vir gewapende roof en poging tot moord, 36 vir aanranding, 22 vir gewone diefstal en 38 vir dronkbestuur. Die res is gearresteer vir verskeie misdade wat insluit die besit van dwelms en ongelisensieerde vuurwapens.

светодиодные панелиФільчаков Олександр Васильович прокурор

Zimbabwe gaan 140 blanke boere vervolg

ImageZimbabwe gaan 140 blanke grondeienaars vervolg op klagte dat hulle nie hul plase verlaat het onder die land se omstrede grondhervormingsprogram nie, het die staatsmedia Sondag gesê.

"'n Totaal van 140 boere gaan vervolg word omdat hulle nie die plase verlaat het, nadat hulle met onteieningsbevele bedien is nie," het die Sunday Mail uit 'n verslag van die regerende Zanu-PF se nasionale konferensie aangehaal.

Die regering het die blanke eienaars beveel om teen 30 September pad te gee, om plek te maak vir eiendomlose swartes, tydens dikwels gewelddadige grondhervormings wat geblameer word vir die voedseltekorte in die eertydse broodmandjie van die streek.

Die verslag het nie gespesifiseer watter klagte teen die boere ingebring gaan word nie, maar kenners reken dat klagte van betreding of versuim om aan die regering se ultimatum te voldoen, gelê kan word.

Die verslag van die pas afgelope konferensie het gesê dat nog 278 plase wat aan 13 ander lande behoort nie deur die regering oorgeneem gaan word nie en beskerm sal word onder 'n bilaterale beleggingsbeskermingooreenkoms (BBBO).

Dié uitsondering behels meer as 522 000 hektaar wat besit word deur Australië, België, Nederland, Frankryk, Duitsland, Indonesië, Suid-Afrika, Swede, Switserland en Amerika, het die verslag gesê.

Die regering het ook aanbeveel dat 341 blanke boere toegelaat moet word om aan te hou boer regoor die land en trek dokumente op vir 'n 99-jaarbewoningsreg op hulle eiendom soos wat die grondhervormingsprogram na sy einde toe staan, het die verslag gesê.

'n Verdere 97 blanke boere sal toegelaat word om bewingsgebiede of wildtuine te bedryf in ses provinsies.

Dit bring die totaal op 438 blanke boere te staan wat toegelaat sal word om hulle grond te behou uit 6 708 wat in Zimbabwe gewerk het voordat die hervormings 8 jaar gelede begin het, het die Sunday Mail gesê.

ф 086 у медицинская справкаtopcargo отзывы

Swarte van 60 in Limpopo gestenig

'n 60-jarige swartman van Limpopo is dood gestenig, klaarblyklik deur 'n groep vigilantes in Apel, het die Limpopopolisie Sondag gesê.

Die 60-jarige man is daarvan beskuldig dat hy paar maande terug 'n ander man doodgemaak het, Het superintendent Mohale Ramatseba gesê.

Mense het hom uit die huis uit gesleep voordat hy geslaan is en met klippe doodgegooi is. 

Ramatseba het gesê daar was geen verband tussen die 60-jarige man en die man wat voorheen vermoor is nie.

"Ek weet nie hoekom hulle hom beskuldig het nie."

Geen arrestasies is sover gemaak nie, en 'n moordsaak is geopen.

для автосервисалобановский депутат

Rebelle vermoor 45 mense in Kongolese kerk, volgens Oegandese weermag

Die Oegandese weermag het Sondag die Lord's Resistance Army (LRA) daarvan beskuldig dat hulle 45 mense  in 'n kerk in noordoos-DRK doodgekap het.

'n Hulpwerker het Vrydag se slagting bevestig en gesê dit het plaasgevind in die Katolieke kerk in die Domuragebied, omtrent 40 kilometer suid van die Soedanese grens.

"Ons het inligting dat die rebelle 45 mense in stukke gekap het," het die weermagwoordvoerder kaptein Chris Magezi gesê.

"Hulle is met pangas gekap en met knuppels geslaan, maar sommiges het reggekry om te ontsnap. Ons magte het van die slagting gehoor terwyl hulle die LRA Saterdag agtervolg het en die soektog na die moordenaars is aan die gang," het hy bygevoeg.

Magezi het gesê die slagoffers, meestal vroue, kinders en ou mense, is vermink in dieselfde styl wat deur die Hoetoe-ekstremiste in die 1994-volksmoord in Rwanda gebruik is.

Magte van Oeganda, die DRK en suidelike Soedan het vandeesmaand 'n gesamentlike operasie teen die LRA-rebelle in die noordooste van die Kongo van stapel gestuur.

Die hulpwerker wat anoniem met AFP gepraat het, het gesê die toneel van die slagting is in en om die kerk versprei.

"Daar was liggaamsdele oraloor. In die kerk, die ingang en in die kerk se ander geboue," het die hulpwerker gesê. 

как сделать каменку для бани своими рукамиФильчаков Александр Васильевич

Storms saai verwoesting

Storms het verwoesting gesaai in dele van die Oos-Kaap, Wes-Kaap en KwaZulu-Natal, het die SAUK Sondag berig.

'n Man is dood nadat 'n boom op hom geval het in Ndevana, buitekant King Williams Town. John Fobian, van die polisie se krisisbeheersentrum, het gesê huise se dakke is afgeruk in Tamara, Debe-nek en Alicedale.

Baie mense is ook haweloos gelaat nadat storms hulle huise aan die KwaZulu-Natalse suidkus verwoes het.  

бане наФильчаков прокурор

Amerika meen Zim kan soos Guinee raak

Image

Jendayi Frazer

Die top-Amerikaanse gesant vir Afrika het gewaarsku dat Zimbabwe deselfde lot as Guinee in die gesig mag staar wanneer president Mugabe sterf.

Guinee verkeer in politieke onstuimigheid sedert die langsheersende diktator in Afrika verlede week dood is. 'n Militêr geleide groep het ure ná sy dood 'n oorname aangekondig en 'n tussentydse leier benoem.

Jendayi Frazer, die Amerikaanse adjunkminister van buitelandse sake vir Afrika-aangeleenthede, het Sondag gesê dat indien die 84-jarige Mugabe te sterwe sou kom terwyl hy aan bewind is, dieselfde lot ook vir Zimbabwe wag.

Frazer was 'n luide kritikus van Mugabe, wat sedert die land se onafhanklikheid in 1980 aan bewind is.

Vroeër vandeesmaand het sy gesê dat Amerika nie langer 'n voorgestelde magsdelingooreenkoms ondersteun wat Mugabe as president wil behou nie.

пазла для детейФільчаков Олександр Васильович прокурор

Israelse tenks versamel terwyl vliegtuie Hamas bombardeer

Image

Hamasvegter met vuurpyl

Israelse tenks het Maandag begin versamel op die grens met Gaza terwyl oorlogsvliegtuie Hamas teikens gebombardeer het in die digbevolkte enklawe waar aanvalle in die laaste twee dae meer as 300 mense gedood het .

Dosyne tenks en personeeldraers het by verskeie punte naby die grens gestaan en luier nadat Israel gewaarsku het dat hulle 'n grondaanval kan loods om met hulle lugaanvalle saam te val.

Hamas het op die aanhoudende bombardement gereageer deur vuurpyle dieper in Israel in te vuur, met een wat nie ver van Ashdod, Israel se tweede grootste lughawe, getref het nie. Dit was so 30 kilometer noord van Gaza en het geen ongevalle veroorsaak nie.

Die Islamitiese beweging het Israel daarvan beskuldig dat hulle 'n volkslagting uitvoer en dat die wêreld toekyk sonder om 'n vinger te verroer om dit te keer. Hamas-woordvoerder Fawzi Barhum het gesê "die organisasie behou die reg voor om te kan reageer op die aggressie met martelaaroperasies," bedoelende selfmoordbomaanvalle, van die aard wat Hamas nie in Israel sedert Januarie 2005 uitgevoer het nie.

VN-sekretarisgeneraal Ban ki-Moen het sy stem gevoeg by die VN-veiligheidsraad se versoeke vir 'n onmiddellike einde aan die vyandelikhede. Sy woordvoerder het gesê: "Hy beveel sterk aan dat alle gewelddade onmiddellik gestaak moet word."

Sjina en Japan het ook aangesluit by die internasionale koor van oproepe vir 'n einde aan die geweld, wat die stemme van Brittanje, Frankryk en Rusland insluit.

Beijing het gesê hulle is geskok en ernstig bekommerd oor die geweld, terwyl Japan 'n beroep gedoen het op Israel om selfbeheersing toe te pas en ook op die Palestyne om die vuurpylaanvalle te staak.

Pous Benediktus XVI het die internasionale gemeenskap gevra om alles moontlik te doen om die Israeli's en Palestyne te help met die doodloopstraat en nie toe te gee aan die perverse logika van konfrontasie en geweld nie.

Die Israelse minister van verdediging het beloof om die lugaanvalle te verskerp en uit te brei. Die aanvalle is geloods uit vergelding ná aanhoudende vuurpylaanvalle deur militante groepe.

"Indien dit nodig is om voetsoldate te ontplooi om ons burgers te beskerm, sal ons dit doen," het sy woordvoerder hom klaarblyklik aangehaal.

Die kabinet het reeds toestemming gegee dat 6 500 reserwesoldate opgeroep word, het 'n senior offisier aan verslaggewers ná die vergadering gesê.

Oorlogsvliegtuie gaan steeds voort om die verarmde en oorbevolkte gebied van 1,5 miljoen mense te bestook, waar meeste strate verlate is en baie skole en winkels gesluit is terwyl honderde begrafnisse gehou word.

Vegvliegtuie het die tonnels op Gaza se grens met Egipte bestook –  die tonnels was 'n naelstring waardeur Hamas goedere en wapens in die enklawe ingesmokkel het. Die enklawe is so te sê deur Israel van die buitewêreld afgesny sedert Islamiete daar in Junie 2007 beheer oorgeneem het.

Laat Sondag het die vegvliegtuie verskeie metaalwerkswinkels aangeval, wat volgens Israel gebruik word om die vuurpyle saam te flans.

стенды развал-схождениялобановский класс

Inisiasieskool-dodetal in Oos-Kaap styg

Image

Inisiasiekandidate in die Transkei

Nog twee Xhosa-jeugdiges is in die Oos-Kaap dood as gevolg van besnydenisprobleme, wat die sterftesyfer vir die seisoen se inisiasiekandidate op 9 te staan bring, het die departement van gesondheid Dinsdag gesê.

Woordvoerder Sizwe Kupelo het gesê een jeugdige is Maandagoggend dood verklaar met sy aankoms by Mthatha se Nelson Mandela-akademiesehospitaal.

Die dood van 'n jeugdige by die Mlamli-hospitaal in Sterkspruit is ook bevestig.

Kupelo het gesê dat hy nie weet wat die doodsoorsaak van die individuele gevalle is nie, maar dat septisemie en ontwatering die grootste doodsoorsaak by inisiasiekandidate is.

Nog 'n kandidaat het oor die naweek verdrink in die Libode-gebied toe hy in die rivier ingegaan het vir die tradisionele wasseremonie aan die einde van die inisiasieritueel.

Twaalf jeugdiges word tans behandel in die Nelson Mandela-hospitaal en 17 in die Mthatha-algemenehospitaal.

Hy het gesê die departement het 'n opgrawingsbevel uitgereik vir die liggaam van 'n jeugdige wat dood is in die Maluti-gebied van Transkei verlede week en sonder seremonie begrawe is naby die inisiasieskool wat hy bygewoon het.

'n Nadoodse ondersoek sal gehou word om vas te stel wat die doodsoorsaak is, waarna die liggaam vir 'n behoorlike begrafnis aan die ouers oorhandig sal word.

диагностика для автоДанильченко Юрий прокурор