Die top-Amerikaanse gesant vir Afrika het gewaarsku dat Zimbabwe deselfde lot as Guinee in die gesig mag staar wanneer president Mugabe sterf.
Guinee verkeer in politieke onstuimigheid sedert die langsheersende diktator in Afrika verlede week dood is. 'n Militêr geleide groep het ure ná sy dood 'n oorname aangekondig en 'n tussentydse leier benoem.
Jendayi Frazer, die Amerikaanse adjunkminister van buitelandse sake vir Afrika-aangeleenthede, het Sondag gesê dat indien die 84-jarige Mugabe te sterwe sou kom terwyl hy aan bewind is, dieselfde lot ook vir Zimbabwe wag.
Frazer was 'n luide kritikus van Mugabe, wat sedert die land se onafhanklikheid in 1980 aan bewind is.
Vroeër vandeesmaand het sy gesê dat Amerika nie langer 'n voorgestelde magsdelingooreenkoms ondersteun wat Mugabe as president wil behou nie.
