GDK gaan Kriegler teenstaan

Die Geregterlike Dienskommissie, GDK, sal die oudregter Johann Kriegler se nuutste aansoek teen die uitslag van die saak teen regterpresident John Hlophe teenstaan. “Ons is teen Kriegler se aansoek,” het Marumo Moerane, GDK-woordvoerder, Donderdag aan die media gesê. Volgens Moerane het die GDK vir Vincent Maleka en drie ander regsgeleerdes aangestel om hulle in die

Lees verder: GDK gaan Kriegler teenstaan

ANC oorsaak van chaos op plaaslike vlak

Die minister van koöperatiewe regering, Sicelo Shiceka, se bekendmaking van ‘n verslag oor plaaslike regering is Donderdag deur die Vryheidsfront Plus verwelkom. “Die erkenning dat die chaos in plaaslike regering die gevolg is van die ANC se jare lange beleid om kaders, eerder as professionele kundigheid, te ontplooi, is ‘n dapper erkenning”, het die party

Lees verder: ANC oorsaak van chaos op plaaslike vlak

12 vas na oproer

Twaalf mense is in hegtenis geneem tydens geweldadige betogings in Riverlea, het polisie Donderdag gesê. Insp. Gordon Billing sê die betogers het teen 04:00 begin betoog en polisie moes rubberkoeëls gebruik om die skare uitmekaar te jaag. “Dit was onverwags, ons was nie bewus van enige betogings nie,” het Billing gesê. Dié betogings het glo

Lees verder: 12 vas na oproer

Polisie brand op skare los

Vier mense is in hegtenis geneem en een persoon is beseer toe die polisie met rubberkoeëls op ‘n woedende skare betogers in Riverlea losgebrand het. Volgens insp. Gordon Billing, polisiewoordvoerder, het die betogers omstreeks 04:00 Donderdagoggend naby Soccer City saamgekom en die pad afgesper. Die betogers is glo ongelukkig oor swak dienslewering, asook ‘n tekort

Lees verder: Polisie brand op skare los

Israel val Gasa aan

Die Israeliese weermag het lugaanvalle teen ‘n wapenfabriek en twee tonnels in die Gasastrook geloods na vuurpyle vanuit dié Hamasbeheerde area op Israel gevuur is. “Ons lugmag het gisteraand ‘n wapenfabriek en twee ondergrondse tonnels naby Gasa se grens met Egipte, wat vir wapensmokkelary gebruik word, aangeval,” het ‘n militêre woordvoerder aan AFP gesê. Die

Lees verder: Israel val Gasa aan

Burgemeester van Pretoria uit haar amp geskors

Die Vryheidsfront Plus het betroubaar verneem dat die Burgemeester van die Tshwane-metroraad, dr. Gwen Ramokgopa, tydelik uit haar amp geskors is. Verder is die stadsbestuurder, Kiba Kekana asook lede van die Burgemeesterskomitee, nl. Absolom Ditshoke en Zodwa Masondo uit hulle ampte geskors. Die Vryheidsfront Plus het gister in ‘n verklaring geëis dat die Burgemeester en

Lees verder: Burgemeester van Pretoria uit haar amp geskors

‘n Vroeë voorspelling vir 31 Oktober

Laat ek dit onomwonde stel: ek is ‘n ondersteuner van die Bulle. Hoe dan anders vir ‘n oud-Tukkie en inwoner van Verwoerdburg? Ek is egter bevrees dat dinge nie so goed sal lyk vir mense soos ek op 1 November 2009 nie. Op daardie datum gaan die Vrystaat die Curriebekerkampioen wees, as jy my vra.

Lees verder: ‘n Vroeë voorspelling vir 31 Oktober

Vonke spat by minderheidskonferensie

‘n Groepie Afrikaneraktiviste wat die regering en die swart meerderheid kaalvuis gepak het oor diskriminasie en geweld teen minderhede, het gister ‘n warm onderonsie by die SA Menseregtekommissie se hoofkantoor in Parktown, Johannesburg veroorsaak. 21 Oktober is Afrikanmenseregtedag en die doel van gister se konferensie oor “Minderheidsregte in Suid-Afrika” was om ‘n konsepverslag oor dié

Lees verder: Vonke spat by minderheidskonferensie

Blink motors, vrot paaie

Dit sal baie interessant wees om uit te vind waarom die meeste ANC ministers díé spesifieke motorfabrikate verkies, wat hulle só ruimskoots met belasting geld aankoop. Dit is gewoonlik swart en baie luuks met laeprofiel bande. Met ander woorde, die motor se bakwerk is baie naby aan die padoppervlak. Mnr. Trevor Manuel, minister van “wie

Lees verder: Blink motors, vrot paaie

VF+ eis Khompela se kop

“Die VF Plus verwerp met minagting die laakbare stellings van die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor Sport, Butana Khompela, wat hy tydens gister se vergadering gemaak het asook die dreigemente teenoor die President van die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF), Lamine Diack,” sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se Parlementêre woordvoerder oor Sport.

Lees verder: VF+ eis Khompela se kop