Sakeman wil help om boerkaboetes te betaal

‘n Franse sakeman het aangebied om eiendomme te verkoop om Moslemvroue te help om hul boetes betaal wat hulle dalk opgelê mag word, indien hulle die boerka dra.  Dít kom nadat Frankryk se parlement tans debateer oor die verbod op die dra van ‘n boerka. Frankryk sal waarskynlik die verbod op die boerka Dinsdag goedkeur,

Lees verder: Sakeman wil help om boerkaboetes te betaal

Besnydenisdodetal styg

Die besnydenisdodetal in die Oos-Kaap het gestyg tot 41 nadat nóg swart seuns tydens tradisionele seremonies besny is, het die provinsiale departement van gesondheid Maandag gesê.  “Die mees onlangse slagoffer was ‘n 19-jarige seun wat Vrydag gesterf het,” het Sizwe Kupelo, woordvoerder, gesê. Hy was deel van ‘n inisiasieskool by die Nyanisweni-informele nedersetting in Bizana

Lees verder: Besnydenisdodetal styg

Polisie skiet motoris vir verkeersoortreding dood

Vier polisiebeamptes is in hegtenis geneem nadat hulle glo Maandag ‘n motoris in Pretoria se middestad doodgeskiet het, het die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) gesê.  Nkosinathi Ntuli (23) van Doornpoort het glo aan die verkeerde kant van die pad gery toe hy doodgeskiet is, het Moses Dlamini, ‘n woordvoerder gesê. Volgens Dlamini is die beamptes, wat

Lees verder: Polisie skiet motoris vir verkeersoortreding dood

Somaliese rebelle verantwoordelik vir Kampala-aanvalle

‘n Somaliese militante groep wat bande met Al-Kaida het, het Maandag verantwoordelikheid aanvaar vir die dodelike bomaanvalle in Uganda se hoofstad tydens die eindstryd van die Wêreldbeker-sokkertoernooi.  Minstens 74 mense is in die aanval oorlede. Dit is deur rebelle van die Al-Shabaab by twee restaurante in Kampala geloods terwyl skares mense die eindstryd van die

Lees verder: Somaliese rebelle verantwoordelik vir Kampala-aanvalle

Zuma sê vreemdelinghaat is net gerugte

Dreigemente oor die uitbreek van xenofobiese geweld in Suid-Afrika is steeds net gerugte, het pres. Jacob Zuma Maandag gesê.  “Ek is nie seker of daar al dreigemente van xenofobiese geweld was nie. Maar ek weet daar was gerugte wat aangemeld is,” het hy aan joernaliste in Sandton gesê. Volgens hom het die regering ‘n ministriële

Lees verder: Zuma sê vreemdelinghaat is net gerugte

Ou kerke

Die berig in Vrystaat oor mense wat so disrespekvol vuur maak teen die Anglikaanse Kerk in Bethlehem, ‘n sandsteengebou van meer as ‘n honderd jaar oud en wat ‘n nasionale gedenkwaardigheid is, laat Herrie se gedagtes na ou kerke sommer ver teruggevoer word. Jare gelede was Herrie bevoorreg om deel van ‘n kulturele uitruilspan te

Lees verder: Ou kerke

Wat is die verhouding tussen aardbewings en tsoenami’s?

‘n Groep wetenskaplikes meen hulle het nou bepaal hoekom sommige aardbewings tsoenami’s tot gevolg het, en ander nie. Dié vraag het veral ontstaan nadat twee van die grootste aangetekende aardbewings naby mekaar ontstaan het, en die een ‘n verwoestende tsoenami tot gevolg het, en die ander nie. Die eerste aardbewing, wat 9,1 op die Richterskaal

Lees verder: Wat is die verhouding tussen aardbewings en tsoenami’s?

‘Mbeki nooit verbied by SABC’

Die SABC het Sondag berigte dat die openbare uitsaaier televisie- en radiodekking van oudpres. Thabo Mbeki verbied het, as “vals” afgemaak. “Die SABC verwerp die artikel ‘SABC-nuusbaas Molefe verbied Mbeki’, wat in vandag se uitgawe van die Sunday Times verskyn het, met die veragting wat dit verdien,” het Kaizer Kganyago, ‘n woordvoerder, in ‘n verklaring

Lees verder: ‘Mbeki nooit verbied by SABC’