Zuma ontplooi weermag ‘waar dit nodig is’

President Jacob Zuma het die weermag se ontplooiing ter ondersteuning van die polisie in die voorkoming van misdaad en die handhawing van wet en orde in dele van die land bekragtig. Die DA-leier, Helen Zille, het voorheen versoek dat die weermag ontplooi word om misdaad te help bekamp. Die weermagontplooiing sal geld vir die tydperk

Lees verder: Zuma ontplooi weermag ‘waar dit nodig is’

AARTO-uitspraak teleurstellend

Die Vryheidsfront Plus het met teleurstelling kennis geneem van die Konstitusionele Hof se uitspraak waartydens die interdik teen die Gautengse e-tolstelsel opgehef is. “Op ‘n streng interpretasie van die leerstuk van die skeiding van magte het die Konstitusionele Hof waarskynlik ‘n korrekte interpretasie van die reg gegee, maar die eintlike probleem by die afdwing van

Lees verder: AARTO-uitspraak teleurstellend

Afrikaanse skrywer oorval in sy huis

Beeld berig dat die bekroonde Afrikaanse skrywer en akteur Chris Barnard (73) Woensdagaand deur inbrekers in sy huis buite Nelspruit oorval en vasgebind is. Hy het net ligte beserings opgedoen in die aanval. Volgens die bemarkingsdirekteur van die Innibos Nasionale Kunstefees in Nelspruit is die skrywer getraumatiseerd oor die voorval en wil nie met die

Lees verder: Afrikaanse skrywer oorval in sy huis

Misdaad neem af, sê ANC

Die moordsyfer in Suid-Afrika het die afgelope jaar volgens die polisie met 3.1% gedaal. Nathi Mthethwa, die minister van polisie, het Donderdag misdaadstatistieke vir die 2011/’12- finansiële jaar bekendgemaak. Hy het gesê kontakmisdaad in die algemeen het met 3.5% afgeneem, hoewel daar nie ‘n afname daarin was in die Vrystaat, Limpopo en die Wes Kaap

Lees verder: Misdaad neem af, sê ANC

Kate, die Moslems en vryheid van uitdrukking

Die Franse regering het geweier om ‘n beplande protes teen die Amerikaans-vervaardigde film “Onskuld van Moslems” Saterdag toe te laat. Die optog is beplan teen die satiriese anti-Moslem spotprente wat in die Franse tydskrif Charlie Hebdo verskyn het. Die spotprente toon die Moslemprofeet wat naak is. Sowat 150 mense is in Parys in hegtenis geneem

Lees verder: Kate, die Moslems en vryheid van uitdrukking

Amerikaanse ambassadeur in Beijing aangeval

‘n Motor waarin die Amerikaanse ambassadeur in China gereis het, is beskadig nadat hy die teiken van anti-Japannese betogers geword het oor ‘n territoriale dispuut en die 81ste herdenking van Japan se inval van China. Die State Department het in ‘n verklaring Woensdag gesê dat ambassadeur Gary Locke ongedeerd is na Dinsdag se voorval in

Lees verder: Amerikaanse ambassadeur in Beijing aangeval

Die hoofmanne is terug

Wigte en teenwigte? Die idee dat ‘n grondwetlike demokrasie in Suid-Afrika se vrugbare grond sal wortel skiet, is besig om in ‘n nagmerrie vir sy voorstanders te ontaard. ‘n Wetsontwerp wat aan tradisionele hoofmanne ongekende mag sal gee, en wat nie onderhewig aan demokratiese “wigte en teenwigte” sal wees nie, word tans deur die Nasionale

Lees verder: Die hoofmanne is terug

Cosatu-vetkatte se vyfsterweelde

Afgevaardigdes na Cosatu se kongres is vanoggend by die Palazzo-hotel by Montecasino opgemerk waar hulle smul aan die ontbyt teen R200 per kop. Al die afgevaardigdes in die hotel te Fourways, Johannesburg, het hul rooi T-hemde en swart pette opgehad. Afhangend van die tipe kamer wat die kliënt bespreek, kos dit tussen R3000 en R5000

Lees verder: Cosatu-vetkatte se vyfsterweelde

Mynopstand versprei, polisie moet bontstaan

Polisie moes traangas en rubberkoeëls Woensdag teen betogers naby ‘n myn gebruik om te keer dat die opstand by die wêreld se grootste platinum-produsent Anglo American Platinum versprei. Dié onrus kom nadat stakers by mededinger Lonmin groot salarisverhogings ontvang het. Binne ure van die Lonmin-nuus dat loonverhogings van tot 22 persent toegestaan is, het werkers

Lees verder: Mynopstand versprei, polisie moet bontstaan

Cosatu kry ‘n vuishou in die maag

Die Marikana loonooreenkomsl stel ‘n gevaarlike presedent, sê COSATU se algemene sekretaris Zwelinzima Vavi.  “As dié werkers die arm van die maatskappy deur middel van ‘n onbeskermde staking op daardie manier gedraai het, wat keer Driefontein om dieselfde te doen,” het Vavi aan afgevaardigdes by Cosatu se nasionale kongres in Midrand, Johannesburg gesê. Hy was

Lees verder: Cosatu kry ‘n vuishou in die maag