Afgevaardigdes na Cosatu se kongres is vanoggend by die Palazzo-hotel by Montecasino opgemerk waar hulle smul aan die ontbyt teen R200 per kop. Al die afgevaardigdes in die hotel te Fourways, Johannesburg, het hul rooi T-hemde en swart pette opgehad.
Afhangend van die tipe kamer wat die kliënt bespreek, kos dit tussen R3000 en R5000 per nag om by die Palazzo oor te bly. ‘n Koppie koffie kos R20 en ‘n drankie vanaf R50.
