Binne ure van die Lonmin-nuus dat loonverhogings van tot 22 persent toegestaan is, het werkers by die nabygeleë myne vir soortgelyke verhogings begin staak. Die stap beteken verdere spanning na reeds ses weke van industriële aksie wat meer as 40 lewens geëis het en die plaaslike ekonomie onder druk geplaas het.
‘n Organiseerder vir die Association of Mineworkers (NUM) en Konstruksie Unie (AMCU) by Impala Platinum, die tweede grootste platinum produsent, het aan Reuters gesê “Ons wil dat die bestuur ons nou ook ontmoet.”
“Ons wil R9 000 rand ‘n maand as ‘n basiese loon hê in plaas van die sowat R5 000 wat ons kry,” sê die organiseerder, wat geweier het om sy naam te gee uit vrees vir weerwraak.
Die dodetal van die onrus het intussen gestyg tot 46 toe ‘n vrou ‘n paar dae gelede dood is nadat sy deur ‘n rubberkoeël getref is, het ‘n predikant wat berading aan stakende mynwerkers gee, aan Reuters gesê.
Jubelend werkers by Lonmin se Marikana-myn, 100 km noord-wes van Johannesburg, het die loonooreenkoms verwelkom as ‘n oorwinning vir AMCU oor die dominante National Union of Mineworkers (NUM), ‘n bondgenoot van die regerende African National Congress.
President Jacob Zuma het sy verligting oor die loonooreenkoms uitgespreek na intense kritiek van die opposisie en die media oor die regering se hantering van die krisis, veral in die nasleep van die polisiemoorde op 34 Marikana-mynwerkers op 16 Augustus.
Die skietery, die bloedigste voorval in demokratiese Suid-Afrika se 18-jarige geskiedenis, versterk die verdelings binne die ANC, alhoewel Zuma die gunsteling bly om die verkiesing te wen in Desember.
Hierdie keer was dit die ANC-regering se polisie, swart en wit, wat die werkers geskiet het, almal swart.
Lonmin-aandele het met meer as nege persent gestyg op die nuus van die ooreenkoms, maar het die meeste van daardie winste gedurende die dag verloor toe die werklikheid van die ekstra koste ingesink het by beleggers. Lonmin is ‘n maatskappy wat sukkel met ‘n wankelrige balansstaat en nuttelose mynskagte wat hulle gesink het.
Die waarnemende HUB Simon Scott het gesê Lonmin sal in staat wees om die gat in sy finansies te bestuur: “Ek is nie seker dat ons vrede gekoop het nie en ek is nie seker dat ons ‘n pleister hier opgeplak het nie,” het hy het aan Talk Radio 702 in Suid-Afrika gesê. “Ek wil graag glo dat wat ons gedoen het, iets meer volhoubaar is.”
Terwyl Lonmin relatiewe vrede gehad het, moes die polisie traangas en skokgranate gebruik om ‘n skare mense met tradisionele wapens soos spiese, by ‘n nabygeleë Anglo American Platinum (Amplats) myn buite Rustenburg uitmekaar te jaag.
Stakende werkers by Amplats, wat verantwoordelik is vir 40 persent van die globale voorrade van die metaal wat gebruik word vir katalisators in motors en juweliersware, voel geïnspireer deur Lonmin en sal deurdruk met hul eise.
Platinum het ‘n bietjie gestyg Woensdag na die val van 2,6 persent ‘n dag vroeër op die nuus van die Lonmin-ooreenkoms.
Op Marikana het duisende werkers en hul gesinne bymekaar gekom op ‘n sokkerveld naby die myn om oorwinningsliedjies te sing en die NUM te koggel.
“Ek is nou gelukkig,” sê die 42-jarige rotsboorder Simphiwe Booi. “Nou kan ons eet.”
Die 100-jarige ANC is gebore uit Suid-Afrika se stryd teen wit heerskappy, en die uitbuiting van arm swart mynwerkers wat die land se fabelagtige goudriwwe en ander mineraalafsettings moes help ontgin.
Gelei deur Nelson Mandela, het die ANC belowe om ‘n beter lewe aan almal na einde van apartheid in 1994 te gee toe hulle die mag oorgeneem het.
Maar ten spyte van miljarde dollars bestee aan infrastruktuur, behuising, gesondheidsorg en onderwys, het inkomste-ongelykheid en werkloosheid toegeneem terwyl chroniese werkloosheid gehelp het om ‘n massiewe onderklas in stand te hou.
“Die uitkoms van die onderhandelingsproses by Marikana sal waarskynlik ‘n nuwe maatstaf vir ontginning in die algemeen beteken en loonkoste sal aansienlik styg,” het JP Morgan gesê in ‘n navorsingsnota.
