Is Obama gek? – vra media

ImageNet 43 dae in die Withuis en president Barack Obama word op ongelooflike wyse geloop deur die hoofstroom finansiële media, in besonder CNBC.

In 'n artikel wat aangebied word as 'n "op-ed" oftewel die belangrikste meningsartikel naas die redaksionele kommentaar, stel die TV-kanaal se media en tegnologiese redakteur, Dennis Kneale, hierdie ongehoorde vraag oor 'n nuwe president.

Dit is die tweede top CNBC-man wat Obama binne 'n week kritiseer. Verlede week het Rick Santelli, die program se verteenwoordiger by die Chicago Board of Trade waar hoofsaaklik staatseffekte verhandel word, net sulke skerp kritiek teen Obama se optredes en planne uitgespreek. En ander kommentators van CNBC is ook baie krities.

Maar Kneale se verwoede aanval is totaal ongehoord – veral teenoor iemand wat deur ander media opgehemel word as die nuwe politieke "messias" in die VSA. Hier is die eerste paar paragrawe van Kneale se artikel – in die oorspronklike Engels:

"Is Obama Out of His Freakin' Mind?

By: Dennis Kneale, CNBC Media & Technology Editor | 04 Mar 2009

At the risk of redundancy I'll ask it again: Is he? Is President Obama effin' CRAZY?

President Obama blames the continuing global financial crisis for the unmitigated carnage on Monday, when the Dow fell below 7000 and closed down 300 points (or 4.2 percent) at a 12-year low of 6763.

Bullspit! The man is in denial. By now we know the economy is ailing. The main thing that has changed: The disturbing details of Obama’s tax-and-spend plans are becoming all too clear.

Most of the moves he has made in his first 43 days in office have been bad for the markets, damaging to investors, ill-advised for the economy and detrimental to repairing the financial collapse wracking the entire planet."

Kneale gaan verder aan om Obama en sy ministers en raadgewers se optredes te ontleed en skerp te kritiseer.

Wat merkwaardig is van die kritiek is dat dit selfs sterker gestel word as kritiek wat regsgesindes op 'n webblad soos Right Wing News ( http://www.rightwingnews.com) kwytraak en dat die kritici se geduld so vinnig opraak dat hulle nie bereid is om aan Obama die gebruiklike 100 dae grasie te gee nie.

Dit is egter interessant dat hierdie kritiek nog feitlik doodgeswyg word deur van die Amerikaanse media wat Obama tot in die Withuis gedruk het – in besonder CNN en koerante soos die NY Times. Maar hulle sal die deksel nie lank op hierdie oorkookpot kan hou nie.

Kneale se volle artikel kan gelees word by http://www.cnbc.com/id/29510052
липецк комплектующиеДанильченео

Ha?ti weer op kookpunt

Armoede wat toeneem en oneffektiewe regering het Haïti blootgestel gelaat vir hernude geweld en politieke onstabiliteit, het ‘n konflikwaghondorganisasie Dinsdag gewaarsku.

Die International Crisis Group in Brussel het internasionale skenkers aangemoedig om volgende maand in Washington te vergader om die sukkelende land met meer as $3 Miljard te help oor die volgende paar jaar.

Haïti geniet tans ‘n tydperk van relatiewe stabiliteit, maar die verslag sê dat ekonomiese en sosiale toestande erger is as selfs April verlede jaar, toe politieke oproer oor hoë voedselpryse die eerste minister omvergewerp het.

Onwettige vlugte wat Suid-Amerikaanse kokaïne vervoer deur Haïti na Amerika en Europa het gedurende die laaste jaar toegeneem, het die Amerikaanse departement van buitelandse sake gesê in sy jaarlikse Internasionale Narkotika Strategie Verslag, wat die week vrygestel is.

Herinneringe van hoe vinnig enige spanning kan oorkook tot geweld in Haïti is weer Dinsdag sigbaar gewees in Port-au-Prince, toe studente klippe gegooi het na vredesmaglede en Haïtiaanse polisie, wat gereageer het deur met traangas op hulle te skiet. Die studente het geprotesteer teen ‘n verandering in die curriculum.

монстри хайлобановский харьков класс

Medwedef ontken Amerikaanse aanbod

President Dmitri Medvedev het Dinsdag gesê dat Rusland “baie nou saamwerk met Amerika aangaande Iran se kernprogram,” maar het die idee van ‘n ooreenkoms dat Amerika sy beplande missielverdedigingstelsel sal afskaf in ruil dat Rusland hom sal help in Iran, afgewys.

Die verklaring kom nadat die New York Times ‘n berig geplaas het waarvolgens Amerikaanse amptenare gesê het president Barack Obama het ‘n geheime brief gestuur na sy Russiese kollega, waarin voorgestel is dat Amerika nie sal nodig hê om die voorgestelde missielstelsel te ontplooi indien Moskou sou help om Iran te stop om langafstandwapens te ontwikkel nie.

Natalya Timakova, ‘n woordvoerder vir Medvedev, het Dinsdag gesê die Russiese president het ‘n brief ontvang van Obama, maar dat dit geen “spesifieke voorstelle of wedersyds bindende inisiatiewe” bevat het nie.

Die idee dat die plan opsy geskuif kan word het spanning in Pole en die Tsjeggiese republiek veroorsaak, waar leiers politieke kapitaal belê het in die ondertekening van ‘n missielverdedigingsstelselsamewerkingsooreenkoms met Amerika, ten spyte van binnelandse teenstand. Indien Amerika die ontplooiing van die stelsel sal vertraag of staak, sal Warschau en Praag dalk aandring op ander aansporings.

online casinosЛобановский

Britse minister briesend oor vrystelling van immigrasiesyfers

Die onafhanklike statistiekorganisasie van Brittanje het ‘n 'onheilspellende' houding jeens immigrasie, het ‘n minister beweer.

Phil Woolas het die motiewe van die kantoor van nasionale statistiek (KNS) bevraagteken oor die bekendmaking dat een uit nege VK-inwoners oorsee gebore is.

Woolas, die minister van immigrasie, het onthul dat hy gepoog het om die bekendmaking van die organisasie se statistiek te verhoed en sê die Kantoor is met politiekery besig is.

Ministers het ‘n offensief is teen die KNS en sy hoofstatistikus, Karen Dunnell, na ‘n reeks geskille oor amptelike data geloods.

Maar mnr. Woolas se aanval sal waarskynlik ‘n teenreaksie uitlok onder LP’s wat sê die organisasie behoort toegelaat te word om inligting te kan versamel en onpartydige analises te voorsien, vry van enige inmenging van die regering.

Ministers was klaarblyklik verlede maand woedend omdat die KNS statistiek bekend gemaak het oor die toenemende aantal immigrante wat werk kry terwyl die Britse werksmag verklein.

KNS het bekend gemaak dat die aantal buitelandse werkers wat werk gekry het toegeneem het met 175,000 tot 2,4 miljoen terwyl die Britse werkers afgeneem het met 234,000 tot 27 miljoen.

купить ходунки детские в интернетданильченко юрій броніславович

Nigeri? het nog ?n uitbraak van breinvliesontsteking

‘n Nuwe uitbraak van breinvliesontsteking het ten minste 58 mense dood gelaat in noordelike Nigerië sedert die begin van die jaar, het gesondheidsamptenare Dinsdag gesê.

Die mees geaffekteerde state is Gombe, Bauchi en Katsina, het die amptenare gesê.

“Ons het 22 sterftes aangeteken in die laaste twee weke na ‘n hernude uitbraak van breinvliesontsteking wat 357 mense geïnfekteer het in Gombe provinsie,” het die kommissaris van gesondheid Muhammad Isa Umar aan AFP gesê.

11 Ander mense is dood in Gombe in Januarie, het hy bygevoeg.

In die naburige Bauchi staat, is 10 uit die 200 mense wat die siekte in die laaste 2 weke opgedoen het dood, volgens Habu Dairu, ‘n dokter van die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) in die staat.

Verlede maand het Nigeriese gesondheidsowerhede die noordelike deel van die land op ‘n hoë bewustheidsvlak geplaas na ‘n uitbraak van breinvliesontsteking in die dorp Zinder, in die naburige Republiek van Niger.

Binne dae het Katsina staat, wat die naaste aan Zinder is die eerste gevalle aangeteken.

“Ten minste 15 sterftes is aangeteken uit die 200 mense wat breinvliesontsteking onder lede gehad het in Katsina sedert Februarie,” het ‘n gesondheidswerker aan AFP gesê.

Kano, die grootste staat in die noorde, het sedert Desember 30 sterftes uit 50 gevalle aangemeld, het Kano se hoof epidemioloog Muhammad Nasi Mahmud aan AFP gesê.

10 Mense is dood in ‘n uitbraak van breinvliesontsteking wat meer as 300 mense geaffekteer het in Jigwana staat teen die einde van 2008, het die staat se gesondheidskommissaris Tafida Abubakar gesê. Breinvliesontsteking is hoogs aansteeklik en aanvangsimptome sluit in hoë koors, erge hoofpyn, braking en ‘n styfheid in die nek van die persoon.

Nigerië is geleë in die breinvliesontstekinggordel van Afrika suid van die Sahara, wat strek van Senegal op die Atlantiese kus tot Etiopië in die ooste.

медицинская справка 086уДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Suid-Afrikaners vas vir dwelmsmokkelary

Oostenrykse owerhede het gesê ‘n verskerping in die stryd teen globale dwelmsmokkelsindikate het reeds meer as 100 arrestasies opgelewer.

Oostenryk se Federale Ondersoekburo het gesê die Oostenrykse polisie het sedert 2005 met internasionale owerhede saamgewerk.

Die polisie se luitenant-kolonel Gerald Tatzgern het Dinsdag gesê dat verdagtes in hegtenis geneem is in Suid-Afrika, Europa en Amerika.

Dit is nie duidelik gemaak wanneer die arrestasies gemaak is nie.

Die Oostenrykse polisie beplan om Woensdag meer inligting bekend te maak tydens ‘n perskonferensie.

пляжи хорватии для детейлобановский александр досье

Indi? maak op sekuriteitsfirmas staat

In groot dele van Indië is die eerste linie van verdediging teen misdaad bewapen met nie veel meer as ‘n blink gespe aan ‘n gordel nie.

Indië se amptelike polisie is dun gesaai (daar is een beampte vir elke 1000 mense in Indië, minder as die helfte van Amerika se gemiddeld en een tiende van Sjina se gemiddeld). Sekuriteitswagte wat poste beklee as tee-aandraers in regeringskantore en motorwassers by ryk wonings is stadig maar seker besig om Indië se de facto polisiemag te word.

Sekuriteitswagte het dus reeds ‘n lang sluimerende teenwoordigheid in die land, maar ‘n reeks dodelike aanvalle in die beleg van drie Moembaai hotelle deur terroriste verlede jaar in November het ‘n behoefte geskep vir nuwer en beter wagte, eersteklas toerusting en wapens vir die wagte en besigheidsmense.

Capsi, ‘n industriële handelsgroep reken dat Indië se $2 miljard privaatsekuriteitsektor hierdie jaar ‘n miljoen mense sal by kry, selfs terwyl ander industrieë poste verminder soos wat die ekonomie afkoel. Die sektor het reeds 5 miljoen mense in diens, wat 1,3 miljoen meer mense is as die polisie en weermag tesame.

Voor die opleiding was meeste rekrute nog nooit in kantoorblokke nie, en het die meeste nog nooit in hysbakke gery, brandblussers gebruik of selfs ‘n vuurwapen gesien nie.

Binne omtrent ‘n maand is hulle veronderstel om te bepaal wie mag inkopiesentrums, korporatiewe kantoorparke, woonstelblokke en selfs Indië se openbare vervoer betree en wie nie. Hulle is ook eerste op die toneel met ongelukke en brande omdat ambulanse stadig is of nie bestaan in baie dele van Indië nie.

Sommige maatskappye, soos die eiendomsreus, DLF- wat huurders insluit soos Cartier juweliers, Max New York Life en Citigroup – het hulle eie private sekuriteitsfirmas begin. Terra Force is die maatskappy wat DLF se duisende persele gaan patrolleer. Hulle huur soveel spesialiste as wat hulle kan kry, insluitend die voormalige National Security Guards, die swart geklede kommando’s wat die hotelle in Moembaai verlede jaar ontset het.

“Slegs die wat goed opgeleide sekuriteitspersoneel kan lewer sal oorleef in die industrie,” meen Harsh Wardhan, die president en uitvoerende beampte van Terra Force Securities.

Wardhan, is gewerf van G4S, die enigste buitelandse sekuriteitsfirma wat in Indië werk. Terra Force gebruik honde om bomme uit te snuffel, nagsigtoerusting en IBM-kamerasisteme, en hulle voer ook instrukteurs in uit die Israeli weermag en die Amerikaanse marinierskorps, het Wardhan gesê.гидроаккумулятор купить в украинеФильчаков прокурор харьков

Selfone is die armes se kommunikasiemiddel

ImageSes uit tien mense in die wêreld het nou selfoonsubskripsies, wat aandui dat selfone die kommunikasietegnologie van keuse is, veral in armer lande, volgens ‘n verslag van die VN wat Maandag gepubliseer is.

Teen die einde van verlede jaar was daar omtrent 4,1 miljard intekenaars regoor die wêreld, vergeleke met omtrent 1 miljard in 2002, het die internasionale telekommunikasie unie gesê.

Landlyn subskripsies het teen heelwat stadiger tempo toegeneem tot 1,27 miljard van omtrent 1 miljard oor dieselfde periode.

“Daar is ‘n duidelike verskuiwing na mobiele sellulêre tegnologie,” het die agentskap gesê, en die aandag daarop gevestig dat ontwikkelende lande vir sowat twee derdes van selfone wat in gebruik is getel kan word. In 2002 was minder as die helfte van selfone wat in gebruik was wêreldwyd in die ontwikkelende wêreld, het die organisasie gesê.

Internet gebruik het meer as verdubbel. Omtrent 23% van mense op die planeer het die internet verlede jaar gebruik, wat ‘n verhoging is van 11% in 2002.

Arm lande is steeds agter wat betref internet toegang, met net een uit 20 mense in Afrika wat aanlyn gegaan het in 2007 – die mees onlangse jaar waarvoor daar behoorlike syfers beskikbaar was.

Vaste breëband het toegeneem tot omtrent 20% in ryk lande, terwyl regoor die wêreld net meer as een uit 20 mense toegang het tot vinnige internetverbindings by die huis.

Die Geneva-gebaseerde agentskap  het die skerpste toename in mobiele breëband internet opgemerk. Die tegnologie wat gebruikers toelaat om op die internet te konnekteer teen hoë spoed met mobiele toestelle was beskikbaar vir 3% van die mense wêreldwyd, en het toegeneem tot 14% in ontwikkelde lande.

травы для полоскания десенОлександр Васильович Фільчаков

Wilders se party die gewildste

ImageGeert Wilders, die omstrede Nederlandse parlementslid, se party, die Partij voor de Vrijheid (PVV), sal volgens ’n meningspeiling wat gister bekend gemaak is, 27 van die 150 setels in die Tweede Kamer van die State-Generaal – die laerhuis van die parlement – behaal, die grootste in die parlement

Die Christen-Demokratische Appèl (CDA) van premier Jan-Peter Balkenende, die party wat tans die meeste setels het, staan op 26. Die PVV het op die oomblik nege setels.

Wilders is ten gunste van die deportasie van Moslems uit Nederland.

Twee weke gelede het die Britse regering hom verhinder om die land binne te kom om Fitna, sy rolprent teen Islam, by die Britse parlement te vertoon.

пистолеты продувочныелобановский александр дети

Vigsgevalle in Hong Kong styg

Hong Kong het sy hoogste syfers ooit van MIV-besmettings bekend gemaak in ‘n enkele jaar in 2008, het die stad se departement van gesondheid Dinsdag aangekondig.

Daar was 435 nuwe gevalle van MIV aangeteken, die hoogste totaal sedert rekords begin het in 1984 en 5% meer as in 2007, het ‘n woordvoerder gesê.

Van die infeksies  het 131 mense dit deur heteroseksuele kontak opgedoen en nog 145 is deur homoseksuele of biseksuele kontak opgedoen. Die res van die gevalle is deur onbekende of ander bronne opgedoen.

Die nuwe syfers volg na herhaaldelike waarskuwings van Hong Kong gesondheidsamptenare oor ‘n toename van infeksies in die homoseksuele gemeenskap in ‘n stad van 7 miljoen mense.

Regeringsspesialiste het verlede jaar gesê hulle het groepe van op tot 58 infeksies bespeur wat na dieselfde bronne lei, en het gesê dat internetafsprake en sekspartytjies deels blameer kan word.

‘n Totaal van meer as meer as 4000 mense is met die MIV-virus besmet in Hong Kong sedert die eerste gevalle in die 1980’s, volgens die syfers van die departement van gesondheid.

для зеркалФильчаков Харьков