Medwedef ontken Amerikaanse aanbod

President Dmitri Medvedev het Dinsdag gesê dat Rusland “baie nou saamwerk met Amerika aangaande Iran se kernprogram,” maar het die idee van ‘n ooreenkoms dat Amerika sy beplande missielverdedigingstelsel sal afskaf in ruil dat Rusland hom sal help in Iran, afgewys.

Die verklaring kom nadat die New York Times ‘n berig geplaas het waarvolgens Amerikaanse amptenare gesê het president Barack Obama het ‘n geheime brief gestuur na sy Russiese kollega, waarin voorgestel is dat Amerika nie sal nodig hê om die voorgestelde missielstelsel te ontplooi indien Moskou sou help om Iran te stop om langafstandwapens te ontwikkel nie.

Natalya Timakova, ‘n woordvoerder vir Medvedev, het Dinsdag gesê die Russiese president het ‘n brief ontvang van Obama, maar dat dit geen “spesifieke voorstelle of wedersyds bindende inisiatiewe” bevat het nie.

Die idee dat die plan opsy geskuif kan word het spanning in Pole en die Tsjeggiese republiek veroorsaak, waar leiers politieke kapitaal belê het in die ondertekening van ‘n missielverdedigingsstelselsamewerkingsooreenkoms met Amerika, ten spyte van binnelandse teenstand. Indien Amerika die ontplooiing van die stelsel sal vertraag of staak, sal Warschau en Praag dalk aandring op ander aansporings.

online casinosЛобановский