Is Obama gek? – vra media

ImageNet 43 dae in die Withuis en president Barack Obama word op ongelooflike wyse geloop deur die hoofstroom finansiële media, in besonder CNBC.

In 'n artikel wat aangebied word as 'n "op-ed" oftewel die belangrikste meningsartikel naas die redaksionele kommentaar, stel die TV-kanaal se media en tegnologiese redakteur, Dennis Kneale, hierdie ongehoorde vraag oor 'n nuwe president.

Dit is die tweede top CNBC-man wat Obama binne 'n week kritiseer. Verlede week het Rick Santelli, die program se verteenwoordiger by die Chicago Board of Trade waar hoofsaaklik staatseffekte verhandel word, net sulke skerp kritiek teen Obama se optredes en planne uitgespreek. En ander kommentators van CNBC is ook baie krities.

Maar Kneale se verwoede aanval is totaal ongehoord – veral teenoor iemand wat deur ander media opgehemel word as die nuwe politieke "messias" in die VSA. Hier is die eerste paar paragrawe van Kneale se artikel – in die oorspronklike Engels:

"Is Obama Out of His Freakin' Mind?

By: Dennis Kneale, CNBC Media & Technology Editor | 04 Mar 2009

At the risk of redundancy I'll ask it again: Is he? Is President Obama effin' CRAZY?

President Obama blames the continuing global financial crisis for the unmitigated carnage on Monday, when the Dow fell below 7000 and closed down 300 points (or 4.2 percent) at a 12-year low of 6763.

Bullspit! The man is in denial. By now we know the economy is ailing. The main thing that has changed: The disturbing details of Obama’s tax-and-spend plans are becoming all too clear.

Most of the moves he has made in his first 43 days in office have been bad for the markets, damaging to investors, ill-advised for the economy and detrimental to repairing the financial collapse wracking the entire planet."

Kneale gaan verder aan om Obama en sy ministers en raadgewers se optredes te ontleed en skerp te kritiseer.

Wat merkwaardig is van die kritiek is dat dit selfs sterker gestel word as kritiek wat regsgesindes op 'n webblad soos Right Wing News ( http://www.rightwingnews.com) kwytraak en dat die kritici se geduld so vinnig opraak dat hulle nie bereid is om aan Obama die gebruiklike 100 dae grasie te gee nie.

Dit is egter interessant dat hierdie kritiek nog feitlik doodgeswyg word deur van die Amerikaanse media wat Obama tot in die Withuis gedruk het – in besonder CNN en koerante soos die NY Times. Maar hulle sal die deksel nie lank op hierdie oorkookpot kan hou nie.

Kneale se volle artikel kan gelees word by http://www.cnbc.com/id/29510052
липецк комплектующиеДанильченео