‘n Wet wat sal toelaat dat die staat op privaateiendom beslag kan lê is nader as wat talle besef. Môre is die sperdatum vir openbare kommentaar op die Wetsontwerp op Onteiening, wat aan die minister van Openbare Werke verreikende magte gee om privaateiendom te onteien. Dit mag wissel van huise tot sakepersele, en selfs aandele
De Lille ontken bewering oor baantjies vir boeties
Die ANC het die openbare beskermer gevra om die aanstelling van ‘n vertroueling van die burgemeester Patricia de Lille te ondersoek nadat dié ‘n pos in Kaapstad se administrasie bekom het wat ‘n yslike salaris betaal. Die ANC-leier in die metroraad, Tony Ehrenreich het ook geskryf aan die SA Vereniging vir Plaaslike Regering, die minister
Lees verder: De Lille ontken bewering oor baantjies vir boeties
Zille pas skadebeheer toe oor omstrede plakkaat
Helen Zille, DA-leier, het Saterdag op ‘n Vryheidsdag-saamtrek in Inanda, KwaZulu-Natal probeer om skadebeheer toe te pas na ‘n onlangse omstrede DA-plakkaat. Die DA wil swart stemme trek vir die 2014-verkiesing, en dié plakkaat het swart kiesers oortuig dat die DA apartheid wil terugbring. “Demokrasie is oor die vryheid van keuse; die vryheid om van
Lees verder: Zille pas skadebeheer toe oor omstrede plakkaat
Duisende daag op vir Vryheidsparkvieringe
Duisende mense het die jaarlikse herdenking van Vryheidsdag in Pretoria bygewoon ten spyte van die hitte. Pres. Jacob Zuma het in ‘n wit tent langs adj.pres. Kgalema Motlanthe, hoofregter Mogoeng Mogoeng en Max Sisulu, speaker van die parlement, gesit. Zuma kort ná 12:00 ‘n toespraak gelewer. Die president het later Saterdag nasionale ordes aan verskeie
Die US het lankal die laer verlaat
In Die Burger (25 April, p 10) het Elsabé Brits berig oor ‘n mensskedel, ‘n stel glasoë en ‘n haarkleurkaart wat na bewering voorheen in die ontbinde departement volkekunde van die Universiteit Stellenbosch (US) was. Die skedel is glo “van ‘n vrou van gemengde herkoms.” Ons weet dat dit in die nuwe Suid-Afrika heiligskennis is
Ounuweland: onderweg na ‘n Afrikaanse toekoms
Op skool by die atletiekbyeenkomste – ek was op Helpmekaar – het ons altyd gesing: “Dis lekker om ‘n Helpie te is, te is.” Dis natuurlik nie korrekte Afrikaans nie, maar daardie “is” klink soveel sterker as “wees”. Net so sou ‘n mens kon sing: “Dis lekker om ‘n Afrikaner te is!” Terwyl die mengelmoes
Russel Botman oor skuld en hoop
Ons leef in ‘n tyd waarin bevrydingsteoloë vergoed word vir die meesal nadelige gevolge wat hulle politieke dade het. Aan Desmond Tutu is onlangs die Templeton-prys ter waarde van $1.7 miljoen toegeken. Die rektor van die Universiteit Stellenbosch (US), Russel Botman, het pas die Abraham Kuyper-prys vir uitnemendheid in gereformeerde teologie en openbare lewe aan
ANC grawe in vir 2014
Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe het Mamphela Ramphele se stelling dat die kiesers nie deur vrees gelei moet word nie verwerp. “Ek wil nie met Mamphela praat nie want sy is aan die stuur van ‘n politieke party wat sy probeer om op te rig. Ek gaan haar nie help om dit te bou
Witbank het vuilste lug ter wêreld
Die vlak van chroom en barium, twee gifgasse in die lug in Witbank is so hoog dat ‘n multidissiplinêre navorsingspan van die EU dit nie eens kon meet nie. ‘n Navorsingspan van die EU en ook Israel het €4 miljoen (sowat R48 miljoen) vir die navorsing bewillig om die impak van steenkoolvelde in die opvangsgebied
Mandela-dogters pak Bizos in hofgeding
Adv. George Bizos het aangedui dat hy oudpres. Nelson Mandela se dogters se bewerings van wangedrag teen hom in die hof gaan teenstaan. Bizos het Dinsdag dokumente by die Johannesburgse hooggeregshof ingedien – nege dae nadat Mandela se dogters, Makaziwe en Zanani die bewerings teen hom gemaak het, het The Star berig. ‘n Verstekvonnis sal
