Kubaanse menseregte lyk bedroewend

'n Grimmige prentjie aangaande die menseregtesituasie in Kuba is besig om te voorskyn te kom.

Die Kubaanse Menseregtekommissie sê die aantal politieke gevangenes wat bekend is, het met 15 tot 219 in die eerste helfte van 2008 afgeneem.

Maar die korttermynaanhoudings van dissidente het dramaties gestyg.
 
Ten minste 640 arbitrêre aanhoudings van politieke dissidente het tot dusver vanjaar plaasgevind.

Die aanhoudings is onwettig in Kuba maar word deur die owerheid verdra.

Regeringsopponente het onlangs die owerheid daarvan beskuldig dat hy teistering verhoog het.

насосная станцияДанильченко Юрий отзывы

Montreal ervaar woedende immigrante

Montreal, Kanada, ervaar toenemend verslegtende verhoudings tussen die polisiemag en 'n multi-etniese immigrantegemeenskap.

Onluste het Sondag uitgebreek tussen jeugdiges in Montreal-Noord, wat 'n oorwegend Haïtiaanse woonbuurt is.

Die geweld het uitgebreek ná 'n vreedsame gemeenskapsbetoging teen die polisie wat Saterdag drie mense geskiet het.

Mans en vroue van alle ouderdomme het deur die gebreekte vensters van 'n pandjieswinkel, 'n kruidenierswinkel en 'n slaghuis gekruip en alles gegryp wat hulle kon.

Hulle kon gesien word waar hulle straataf met televisiestelle, sigaretkartonne en stukke vleis hardloop.

Ongeveer 25 persent van Montreal-noord se inwoners is immigrante. Byna 15 persent is swart en 3,5 persent is Latyns-Amerikaners, volgens sensusdata.

In April vanjaar het 'n feesviering van 'n Nasionale Hokkieliga-uitspeelwedstryd gewelddadig geraak toe mense polisiemotors aan die brand gesteek het en winkels geplunder het. Die polisie het 56 mense in verband met die onluste in hegtenis geneem.

детские зимние комбинезоны для девочекДанильченко Юрий прокурор

Kinderarbeid om goud te myn

Hardwerkende goudmynwerkers sluit baie duisende kinders in.

 
Sommige wat so jonk as 4 jaar is, werk lang en gevaarlike ure in honderde primitiewe myne wat deur die Wes-Afrika-bos versprei is.

In 'n jaarlange ondersoek, het Associated Press ses van die bosmyne in drie Wes-Afrikalande besoek en onderhoude met meer as 150 kindermynwerkers gevoer.

Hulle het goud van dié myne gevolg deur 'n 4 800-kilometerlange reis na Switzerland, waar die goud die wêreldmark binnegegaan het.

Die meeste bosmyne is kwalik meer as 'n gat in die grond, maar daar is duisende van hulle in Afrika, Suid-Amerika en Asië.

Saam produseer hulle 'n vyfde van die wêreld se goud, volgens verslae van die Verenigde Nasies.

Die VN-arbeidsagentskap beraam dat daar nou 100 000 tot 250 000 kindergoudmynwerkers net in Wes-Afrika bestaan.video gladiatortopcargo отзыв

Russiese gesant beskuldig Georgi? van volksmoord

Die Russiese gesant, Dmitri Rogozin, het die Georgiese president van oorlogsmisdade beskuldig en gesê dat hy gestraf behoort te word omdat hy die internasionale reg oortree het.

Georgië se militêre optrede in Suid-Ossetië verteenwoordig beplande volksmoord, het Rogozin gesê.

Rusland wil hê Navo-amptenare moet 'n buitengewone Rusland-Navo-beraad oor die saak hou.

'n Russiese militêre woordvoerder sê dat 9 000 troepe en meer as 350 pantservoertuie binne die tweede Georgiese separatistiese streek van Abchasië ontplooi gaan word.

Poetin het ook die VSA daarvan beskuldig dat hy die Russiese militêre operasie wou ontwrig deur Georgiese troepe van Irak na die konflikgebied te vervoer en het Georgië se president Mikheil Saakasjwili met die Irakese leier en oorlogsmisdadiger Saddam Hoessein vergelyk.

Saddam Hoessein is gehang omdat hy Sjiïtiese dorpies vernietig het. Volgens Poetin het die huidige Georgiese leierskap met tenks oor kinders gery en oumense gery en hulle lewendig in hul huise verbrand.

халатылобановский александр интервью

Belgi? op die rand van verbrokkeling

'n Duitse koerant het België die wêreld se suksesvolste mislukte staat genoem. Hoewel België steeds ekonomies gedy, het die verhouding tussen die Vlaamse noorde en die Waalse of Franssprekende suide verder versleg.

Nie veel mense het dit agtergekom nie, maar België is tans sonder 'n regering. Verlede maand het die eerste minister, Yves Leterme, bedank en gesê dat die federale konsensusmodel sy perke bereik het.

Volgens die Franssprekende burgemeester van 'n klein dorpie buite Brussel, mnr. Thiéry, het die twee aparte kulture van België verder uitmekaar gegroei. Hoewel sy dorpie Franssprekend is, skree betogers by hul vergaderings dat Franse uit hul gebied moet padgee. Die Vlaamse owerheid weier ook om kontrakte aan Franssprekende onderwysers toe te staan.

Franssprekendes beskuldig die Vlaminge van taalkundige suiwering, hoewel Frans in die verlede die oorheersende taal in België was.

для автодиагностикиОлександр Васильович Фільчаков

Junta in Mauritani? belowe verkiesings

Die junta wat in Mauritanië die mag oorgeneem het na gister se staatsgreep het belowe om gou vrye en deursigtige verkiesings te hou.

Generaal Abdel Aziz, die hoof van die presidensiële wag wat gisteroggend afgedank is, het die staatsgreep gelei.

Die militêre raad van 11 lede het die internasionale lughawe van Nouakchott heropen, wat gister na die bloedlose oorname toegemaak is.

Die land se ander grensposte het oopgebly.

Die nuut saamgestelde militêre raad het gesê dit sal al Mauritanië se verdrae en internasionale verpligtinge nakom.

Die Afrika-unie het gevra dat konstitusionele wettigheid behou word.

Streekslande met invloed soos Suid-Afrika en Nigerië het ook die militêre oorname verwerp.

ds-dental.ruлобановский харьков класс

Brittanje dring aan op sanksies teen Iran

Die ses Westerse magte wat met Iran onderhandel oor dié land se kernplanne moet met sanksies reageer, het die Britse buitelandse minister Kim Howells gesê.

Hy meen die Weste het geen ander keuse as om verdere sanksies aan te vra ná Teheran se teleurstellende reaksie op aansporings om hul kernverrykingsprogram te staak nie.

Hy het gesê dat Iran 'n baie rojale pakket aangebied is, maar in gebreke gebly het om te reageer.

Om verdere sanksies teen Iran aan te vra, is deel van 'n tweebaanstrategie.

China en Rusland is onwillig om druk op Iran te verhoog, omdat hulle meen dit sal meer skade as goed doen.local business internetтопкарго

Olimpiese Spele vir aktiviste reeds in volle swang

Al open die Beijing-Olimpiese Spele eers môre, het 'n parallelle wedstryd tussen internasionale aktiviste en die Chinese owerheid reeds gister begin.

Betogers teen Chinese heerskappy in Tibet het 'n dramatiese toertjie uitgevoer toe vier aktiviste van Brittanje en die VSA baniere naby die Olimpiese baan gehang het.

In 'n aparte voorval het Amerikaanse Christelike betogers slagspreuke op Beijing se Tiananmenplein geskree.

Hulle was besig om teen China se bevolkingsbeheerbeleid te protesteer. Die drie is deur die polisie weggeneem.

Amanda Beard, 'n Amerikaanse goue medaljewenner vir swem tydens die 2004-spele, het onverwags 'n naakfoto van haarself teen die dra van pels by 'n perskonferensie onthul.

Darfoer-aktivisite was nie so gelukkig nie. Hulle aansoeke om visums is geweier.

ыгри для дитейАлександр Фильчаков прокурор

Daar heers steeds apartheid in Amerikaanse kerke

Amerikaners mag gereed wees om 'n swartman as presidentskandidaat te benoem, maar daar heers steeds rassesegregasie in Amerikaanse kerke, volgens navorsers.

Eerwaarde Paul Earl Sheppard, 'n senior pastoor in 'n voorstedelike kerk in Kalifornië, sê rasgeïntegreerde kerke is moeilik om te skep en selfs moeiliker om die gang te hou.

Godsdienstige akademici en lede van interrassige kerke sê sommige swartes, asook blankes, verkies aparte Sondae.

Slegs 5 persent van Amerikaanse kerke is geïintegreer wat ras betref.

Die helfte is besig om heeltemal swart of heeltemal blank te word, sê Curtiss Paul DeYoung, 'n skrywer en navorser.

Groot denominasies soos die Metodiste, Baptiste en Presbiteriane het in die 19de eeu oor ras verdeel toe hulle lede mekaar die stryd oor die slawernykwessie aangesê het.

стоматологияАлександр Фильчаков Васильевич

Brittanje se Tories striem manstydskrifte

Die Britse Konserwatiewe Party sê dat manstydskrifte dikwels 'n oppervlakkige benadering teenoor vroue bevorder.

Tydskrifte soos Nuts en Zoo moedig jongmans aan om aan vroue as permanent beskikbaar te dink.

Die skadukinderminister Michael Gove sê indringende vrae moet gevra word oor die kitshedonisme wat deur moderne manstydskrifte gepropageer word.

Hulle hemel die soek van opwinding en onmiddellike bevrediging op sonder enige gedagte van verantwoordelikheid of verbintenis teenoor ander, het hy gesê.

Vrouetydskrifte, aan die ander kant, behandel hul lesers op 'n volwassse en verantwoordelike manier, het Gove aan die Instituut vir Openbarebeleidsnavorsing gesê.

оборудование баниФильчаков прокуратура харьков