‘Immigrasie veroorsaak misdaad’

Die vermaarde speurder Piet Byleveld het onlangs gesê dat misdaad in die land hand aan hand gaan met immigrasie, veral onwettige immigrasie. Die meeste misdaad word wel deur immigrante gepleeg.

Byleveld was 'n genooide spreker by die Johannesburgse Dameskring.

Hy het voorts beweer dat dwelms 'n geweldige probleem geword het, veral onder kinders. Tik en kokaïen is die mees algemene dwelms wat onder kinders versprei word en is uiters gewoontevormend. Volgens Byleveld is 'n groot aantal dwelmbaronne Afrikanermans.

Die onbetrokkenheid van ouers by hul kinders is 'n teelaarde vir dwelms. As voorbeeld hiervan, het Byleveld die onlangse swaardmoordenaar op Krugersdorp genoem. Dié kind se ouers was agt maande gelede in sy kamer. Volgens hom moes die ouers insgelyks van moorde aangekla word aangesien hulle hul ouerlike verpligting so gruwelik versaak het.

платье для девочкилобановский александр биография

‘Engeland moet betaal vir wittes se plase’

ImageBlanke boere gaan nie hul grond in Zimbabwe terugkry nie en die Britse regering moet hulle vir verliese vergoed. Dit was een van die eerste verklarings van Zimbabwe se splinternuwe regering van nasionale eenheid.

Volgens die drie leiers, Robert Mugabe, Morgan Tsvangirai en Arthur Mutambara, is die grondonteienings "onherroeplik".
Die ooreenkoms wat tussen die strydende partye in Zimbabwe bereik is, lui: "Die partye doen hiermee 'n beroep op die Britse regering om die primêre verantwoordelikheid te aanvaar om vergoeding te betaal vir grond wat van vorige grondeienaars vir hervestiging verkry is."
Die ekonomiese krisis in Zimbabwe het begin toe plase van blanke boere deur sogenaamde oorlogsveterane beset en geroof is. Omdat landbou die lande se primêre nywerheid is, het sy ekonomie so te sê in duie gestort.
Volgens persberigte gaan Brittanje ten minste een miljard pond, oftewel R15 miljard aan hulpgeld aan Zimbabwe oorbetaal in 'n poging om die land se ekonomie weer op dreef te kry.
In sy reaksie het die Europese Unie gister 'n wag-en-sien-houding ingeneem en nie onmiddellik hulpgeld belowe nie.

насосного оборудованиялобановский александр дочь

Mugabe sal vandag die ooreenkoms teken

Image

Tsvangirai

Daar word verwag dat Mugabe vandag die magsdelingsooreenkoms met sy aartsvyand Morgan Tsvangirai sal onderteken.

Die ooreenkoms sal Zimbabwe se president en sy handlangers teen vervolging beskerm.

Mugabe sal luidens die ooreenkoms as president aanbly.

Nietemin noem MDC-leiers die ooreenkoms 'n deurbraak.

Omdat Tsvangirai die alledaagse beheer van die regering as eerste minister sal oorneem en hoof van die ministersraad sal wees, het hy aansienlike magte verkry.

Die regering sal nou in staat wees om wetgewing af te skaf wat koerante en joernaliste verban.

игрі для дивчатпрокурор Фильчаков

Duisende by Zuma-uitspraak verwag

Honderde van Jacob Zuma se ondersteuners word vanmore buite die Pietermaritzburgse Hooggeregshof verwag, al singende en toitoiënde.

Regter Chris Nicholson sal vandag die uitspraak lewer of Zuma vervolg behoort, aldan nie.

Duisende ondersteuners word buite die hof verwag vir nuus oor die uitspraak later hoewel 'n ligte motreëntjie en 'n bewolkte hemel hul geesdrif mag demp.

Die swaar bewapende polisie sê dat hulle gereedmaak vir 'n skare van 15 000.

Liedjies oor Zuma is oor 'n klankstelsel gespeel en TV-kameraspanne, fotograwe en joernaliste het buite die hofgebou stelling ingeneem.

Die polisie hou die situasie fyn dop en paaie rondom die hof is afgesper.

воронеж подъемникиtopcargo отзывы

Skikking in Zimbabwe

Berigte uit Zimbabwe lui dat 'n skikking bereik is en daar word gepraat van 'n beloning van R14,5 miljard wat die land binne enkele dae vanuit die Weste gaan bereik.

Daar sal 'n regering van nasionale eenheid wees met Robert Mugabe as staatspresident en Morgan Tsvangirai as uitvoerende eerste minister.

Die regering sal ook twee adjunkpresidente en twee adjunk-eersteministers bevat. Mugabe sal sy huidige twee adjunkte, Joyce Mujuru en Joseph Msika, behou terwyl Tsvangirai een van die twee adjunk-eersteministers sal aanstel met die ander wat van Arthur Mutambara se splintergroep van die Beweging vir Demokratiese Verandering afkomstig sal wees.

Mbeki het die aankondiging in Harare gemaak en al drie partye, ook dié van Arthur Mutambara se wegbreekfaksie, vir hul samewerking geprys.

Mbeki het die hoop uitgespreek dat die wêreld die ooreenkoms sal steun en dadelik sal begin help met stappe om die mense se nood in Zimbabwe te verlig. Suid-Afrika sal alles in sy vermoë doen om onmiddellike gevolg te gee aan planne om ekonomiese herstel in Zimbabwe te bewerkstellig.

дитячи велосипедиtopcargo кидалы

Annan wil bemiddel oor die Zimbabwiese dooiepunt

Image

Kofi Annan

Kofi Annan, die voormalige VN-sekretaris-generaal het die Afrika-unie gekritiseer omdat dié nie die MDC se oorwinning in Zimbabwe in Maart bevestig het nie.

Hy sê hy is teleurgesteld met die Afrika-unie.

Annan het by 'n konferensie by die Duitse buitelandse ministerie in Berlyn gepraat.

Hy het gesê die Afrika-unie behoort die uitslag te erken het en het Mugabe 'n onwettige president genoem.

Annan het aangebied om oor die dooiepunt te bemiddel.

Vroeër vanjaar nadat die Keniaanse opposisie president Mwai Kibaki daarvan beskuldig het dat hy die verkiesing gekook het, het Annan tussenbeide getree.

настенно потолочные светильникилобановский харьков класс

Adjunkambassadeur in die VSA sterf

Suid-Afrika se adjunkambassadeur in die Verenigde State is in Pretoria oorlede.

Die ministerie van buitelandse sake het Donderdag gesê dat Derrick Moyo Woensdag in die Louis Pasteur-hospitaal oorlede is.

Moyo het 'n lang tyd in ballingskap deurgebring voordat hy in 1995 in die departement van buitelandse sake aangestel is.

Hy het in Kanada en Brasilië diens gedoen voordat hy die pos van adjunk by die Suid-Afrikaanse ambassade in Washington DC aanvaar het.

Moyo was ook gemoeid met die VN se Algemene Vergadering en Veiligheidsraad.

Hy het kursusse in die diplomasie by die Georgetown en Howard-universiteite in die VSA, asook Indië se Buitelandse diensinstituut in Nieu-Delhi voltooi.

ла ла лупси игрыОлександр Васильович Фільчаков

Polisie ontdek perlemoenfabriek naby Bloemfontein

Image

Perlemoen

Die polisie het omtrent 920 kilogram perlemoen gister gekonfiskeer tydens 'n klopjag op 'n kleinhoewe naby Bloemfontein.

'n Woordvoerder vir die Vrystaatse polisie, kaptein Elsa Gerber, het gesê dat die polisie drie mense in hegtenis geneem het.

Die polisie het 'n goed toegeruste eiendom vir perlemoenverwerking ontdek ná 'n wenk.

Die drie mans wat in hegtenis geneem is kon nie enige identifikasiedokument verskaf nie.

Ondersoekbeamptes was nie in staat om met die verdagtes te kommunikeer nie weens 'n taalprobleem.

Na verwagting sal die drie binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

пазла для детейАлександр Фильчаков Васильевич

Polisieman gevonnis vir bewysdiefstal

'n Mpumalanga polisieman is gevonnis tot 18 maande tronkstraf vir die diefstal van 'n bewysstuk uit die Amersfoort polisiestasie.

Die hof het bevind dat die 32-jaar oue konstabel Jabulani Shakwane skuldig is aan die diefstal van 'n vragmotorband.

Die band sou gebruik word as bewysstuk in 'n saak wat tans vooor die hof dien.

Shakwane het dit vir R500 aan 'n party in die saak verkoop.

Dit is nie die eerste keer dat bewysstukke uit die stasie se stoorkamer gesteel word nie.игрушки детскиеДанильченко

Universiteit van Kaapstad verdedig rassekwotas by mediese studie

Die Universiteit van Kaapstad het sy skewe rassetoelatingsbeleid verdedig en gesê dit is bedoel om onderwysgeleenthede aan 'n volle spektrum van studente te verskaf en om ongelykhede uit die verlede uit te skakel.

Die universiteit het erken dat verskillende rasse verskillende matriekpunte moet behaal vir toelating tot mediese studie. Blanke studente moet 'n 91%-gemiddeld behaal en Indiërs 88%. Hierteenoor hoef kleurlinge slegs 78% te behaal en swartes 74%.

Die Vryheidsfront Plus het 'n memorandum aan die universiteit oorhandig waarin beswaar gemaak word teen die beleid wat openlik op grond van ras teen studente diskrimineer.

Die party het ook `n klagte by die Menseregtekommissie ingedien, maar het tot op datum nie terugvoer ontvang nie.

купить гидроаккумулятор 100 литровФильчаков прокурор харькова